Jesus en die geesteswêreld

Dagbreek   •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 11 views
Notes
Transcript
Sermon Tone Analysis
A
D
F
J
S
Emotion
A
C
T
Language
O
C
E
A
E
Social
View more →
Aangesien Ek deur die Gees van God die bose geeste uitdryf, het die koninkryk van God inderdaad tot by julle gekom (). So seker as wat daar ’n fisiese wêreld is, is daar ook ’n geesteswêreld. God is immers ’n Gees (; ). Die geestelike of spirituele ervaring wat ’n individu soms mag beleef, is moeilik om empiries te meet as gevolg van die subjektiewe aard van die belewenis. Tog is dit duidelik dat so ’n belewenis emosies, sintuie en die intellek insluit. Dit is hoekom mens nie sommer vergeet wat met jou gebeur het nie en waarom sekere ervarings dikwels werklike lewensverandering teweegbring.
Aangesien Ek deur die Gees van God die bose geeste uitdryf, het die koninkryk van God inderdaad tot by julle gekom (). So seker as wat daar ’n fisiese wêreld is, is daar ook ’n geesteswêreld. God is immers ’n Gees (; ). Die geestelike of spirituele ervaring wat ’n individu soms mag beleef, is moeilik om empiries te meet as gevolg van die subjektiewe aard van die belewenis. Tog is dit duidelik dat so ’n belewenis emosies, sintuie en die intellek insluit. Dit is hoekom mens nie sommer vergeet wat met jou gebeur het nie en waarom sekere ervarings dikwels werklike lewensverandering teweegbring.
Die term “spiritualiteit” verwys nie meer eksklusief of selfs hoofsaaklik na gebeds- en geestelike rituele nie. Dit verwys ook nie na ’n elite-staat of ’n voortreflike praktyk van die Christendom nie. Die term is uitgebrei om die geloofslewe sowel as die lewe van die persoon in sy geheel in te sluit, insluitend die liggaamlike, sielkundige, sosiale en politieke dimensies daarvan.[1]
Die geestelike bonatuurlike wêreld is baie meer deel van ons daaglikse lewenservaring as wat die meeste mense ooit sal besef. Ons praat van iemand met ’n verkeerde gesindheid as iemand met ’n verkeerde gees. Ons praat van entoesiasme as geesdrif! Iemand met ’n sterk karakter word beskryf as iemand met ’n sterk teenwoordigheid van gees. In die sportwêreld word ’n diep, ernstige spiritualiteit al hoe meer verwelkom omdat gelowige deelnemers se verhoudingswêreld en gewoontes gewoonlik meer gesond is. Hierdie atlete toon meestal ’n groter volwassenheid van karakter wanneer hulle verloor en die geestelike ondersteuning wat hulle ontvang wanneer dit swaar gaan, is onontbeerlik. Meer nog, atlete en pasiënte glo in die onmoontlike en die bonatuurlike wat noodsaaklik is om lang terapeutiese hersteltye enduit vol te hou.[2] In die mediese wêreld word die belangrikheid en insluiting van die geestelike aspek van die mens al hoe belangriker as deel van ’n holistiese benadering.[3]
Tog is daar met reg ’n baie negatiewe sentiment oor die bonatuurlike wêreld buite die Woord van God. Duiwelskuns, swartkuns, nigromansie, nekromansie, towenary, goëlery, spoke, spiritisme, afgodery en satansaanbidding maak mens skrikkerig en bang. Daarom ondersoek ons eerder die skrifte om die geesteswêreld te verstaan en ’n blik kry van wat daar aangaan. Die Bybel is as te ware vir ons ’n venster asook ’n handleiding van terme, benaminge, funksies en rolle van wesens wat aktief is in die geesteswêreld.

Lys van benaminge:

Die NT gebruik ’n wye verskeidenheid terme vir onsienlike goddelike wesens op die geestelike gebied, goed sowel as kwaad. Volgens hierdie skrifgedeeltes kan ons hulle grade van rang, krag en funksie in die geestelike wêreld aflei. So lees ons in die Bybel van:
’n gees van krankheid ();
’n gees van ontsteltenis ();
onrein en vuil gees ( );
’n waarsêende gees ( );
’n gees van slawerny ();
’n gees van dwaling ();
’n gees van die wêreld ( );
verleidende geeste ();
’n gees van jaloesie ();
’n leuengees ( );
’n gees van towery () . . . of wat met besweringe omgaan, of wat ’n gees van ’n afgestorwene vra of ’n gees wat waarsê, of wat die dooies raadpleeg . . .;
die gees van die antichris ();
’n gees van vreesagtigheid ();
’n gees van bedwelming ();
die pynigers ();
’n verslae gees ( );
bose geeste (; ; ; ; ; ; );
demone (; ; ; ; ; ; ; );
owerstes, magte, wêreldheersers van die duisternis ( ; ; );
engele (; ; );
aartsengel Michael (; ; ; );
aartsengel Gabriel (; ; , );
gerubs (; , ; , , ; ; Op 4:6-8);
serafs (; );
Goddelike vergadering van die seuns van God (; ; ; ).[4]
Daar is inderdaad diegene wat glad nie in die bonatuurlike wêreld glo nie omdat hulle bloot nog geen tasbare belewenis of ervaring van die geesteswêreld gehad het nie. Tog is daar studies in kwantumfisika, wat Einstein as spokerig studies oor ’n afstand beskryf het, waar twee deeltjies (fotons) in wisselwerking kan “verstrengel raak” (entanglement), hul individuele waarskynlikhede verloor en komponente word van ’n meer ingewikkelde waarskynlikheidsfunksie wat beide deeltjies saam beskryf.[5] Eugene Marais het ’n studie van die gees van die mier gemaak waar hy geen natuurlike sintuiglike verklaring kon kry oor hoe ’n koninginmier haar miernes beheer nie.

Die bybelse antieke wêreldbeskouing oor die Geesteswêreld

In die kerkwêreld is daar twee hoofstrome: die Charismatiese of Pinksterstroom en die Gereformeerde stroom. Laasgenoemde gaan versigtig om met die bonatuurlike en fokus op skrifverklaring en eksegese. Die eerste groep soek juis die bonatuurlike werkinge en manifestasies van die bonatuurlike geesteswêreld. Volgens Michael Heiser,’n Gereformeerde teoloog en kenner van die Hebreeuse taal en antieke volke, is daar ’n baie duidelike bonatuurlike wêreldbeskouing te bespeur in die Bybelskrywers se verstaan van die wêreld van Genesis tot Openbaring. Hulle sien die geesteswêreld as ’n gesin wat soms vergadering hou (), met rangordes wat óf aan God gehoorsaam is óf ’n groepering wat teen God rebelleer. In hierdie geesteswêreld is Jahwe alleen almagtig, alomteenwoordig, volmaak en alwys. Daar is geen rebellie direk teen God nie, maar wel teenoor Sy skepping. Elke geestelike wese is beperk wat gesag, posisie en vermoë betref. Daar is dus volmaakte orde in die geestelike wêreld – elkeen ken sy plek. Self die satan moes God se toestemming verkry om teen Job op te tree ().
Omdat die Skrif duidelik toon dat ons deur die bose verlei kan word, en ons dit inderdaad so beleef, behoort ons moeite te doen om die geesteswêreld te verstaan en te leer wat ons te doen staan om onsself en ons familie te beskerm.
Die Bybelse perspektief erken die invloed van satan.
die Satan jou hart vervul om vir die Heilige Gees te lieg en van die prys van die grond agter te hou ( );
sodat die Satan julle nie in versoeking bring deur julle gebrek aan selfbeheersing nie ( );
die versoeker julle nie miskien versoek het en ons arbeid tevergeefs sou wees nie ( );
sodat hy nie in veragting en in die strik van die duiwel val nie (); Want sommige het al afgewyk agter die Satan aan (); loop rond soos ’n brullende leeu en soek wie hy kan verslind (); Satan moet nie die oorhand oor ons kry nie ons ken sy planne ( ); ongelowiges wie se verstand deur die god van hierdie wêreld verblind is ( );
elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God ( );
net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus ( ).

Die sataniese drie-eenheid

Baie misleiding en dwaling oor die rolle en verantwoordelikhede van die mens ten opsigte van die bonatuurlike wêreld het al tot skadelike misbruik gelei. Daarom begin ons weereens ons studie in Christus. Ons leer van Hom, as ons perfekte Voorbeeld, hoe Hy demone, bose geeste en satan hanteer het. Jesus se bediening was in konflik met die tri-alliansie van die wêreldgees van Herodes (), die godsdiens van die Fariseërs en Sadduseërs () en die bose geesteswêreld (). Hierdie sataniese drie-eenheid word in die boek Openbaring ontmasker: die draak, die dier uit die see en die dier uit die aarde ( ).[6]

1) Oorlogstryd teen die gees van die wêreld:

Mens sal ’n hele boek aan hierdie onderwerp moet wy, maar dit is algemeen bekend hoe mense se wêreldbeskouing hulle aan bande lê.[7] Die begrip “lewens- en wêreldbeskouing” verwys na die manier waarop (bril waardeur) jy na die wêreld en die lewe kyk. Die Bybelse wêreldbeskouing is in teenstelling met die huidige humanistiese, sekulêre wêreldbeskouing wat ons daagliks in die media, sekere televisieprogramme, universiteitsideologieë, politiek en selfs in die kerk beleef. Kyk byvoorbeeld hoe direk die sekulêr-humanistiese manifes gerig is teenoor ’n teïstiese, Bybelse perspektief. [8]
· Wêreldkennis word afgelei deur waarneming, eksperimentering en rasionele analise.
· Mense is deel van die natuur, die produk van onbegeleide evolusionêre verandering.
· Etiese waardes word afgelei van menslike behoeftes en belangstellings soos getoets deur ervaring (etiese naturalisme).
· Lewensvervulling kom deur individuele deelname in diens van menslike ideale.
· Mense is van nature sosiaal en vind betekenis in verhoudings.
· Om te werk ten einde die samelewing te bevoordeel, maksimeer individuele geluk.
· Respek vir verskillende dog menslike sienswyses in ’n oop, sekulêre, demokratiese, omgewingsvriendelike en -volhoubare samelewing.
Hier is ’n paar skrifgedeeltes wat waarsku teen die invloed van wêreldse denke:
Wat help dit 'n mens tog om die hele wêreld as wins te verkry en sy lewe te verloor? ();
Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges in die wêreld begaan is ();
Moenie in my pad staan nie, Satan! Jy is vir My 'n struikelblok, want jy dink nie aan wat God wil hê nie, maar aan wat die mense wil hê ();
Hy wás in die wêreld – die wêreld het deur Hom tot stand gekom – en tog het die wêreld Hom nie erken nie ();
Die wêreld kan vir julle nie haat nie; maar hy haat My, omdat Ek openlik verklaar dat sy dade sleg is ();
Wie sy lewe bo My liefhet, verloor dit; en wie sy lewe in hierdie wêreld nie bo My liefhet nie, sal dit vir die ewige lewe behou ();
Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie ();
As die wêreld julle haat, onthou: Hy het My voor julle gehaat ().
Ons is dus in ’n geloofstryd in ons denke gewikkel, want jou wêreldbeskouing is wat jy oor die wêreld en jou omgewing glo. Byvoorbeeld: Wat glo jy oor jou toekoms? Wat glo jy oor sukses? Wat glo jy is die beste beroepe? Wat is jou belangrikste prioriteit: aansien, kinders, huweliksmaat, posisie, verhoudinge, inkomste? Die opsomming van al die antwoorde bepaal jou wêreldbeskouing. Die toetsvraag is: Hoeveel van ons antwoorde is Bybels verantwoordbaar vanuit ’n liefdevolle verhouding met God?

2) Oorlogstryd teen die gees van godsdiens:

Jesus waarsku teen die suurdeeg van die invloed van die godsdiens van die Fariseërs en Sadduseërs (). Daar is ’n hele hoofstuk oor hierdie onderwerp. Gaan gerus daardeur (verwys Hfsk ???)

3) Oorlogstryd in die geesteswêreld:

Sodra oorlog uitbreek, moet jy kant kies. Daar is geen neutrale grond nie. Daarom sê Paulus: Wat wil ek hiermee sê? Dat 'n afgodsoffer of 'n afgod enige betekenis het? Nee, maar dat dié wat aan hulle offer, aan bose geeste offer en nie aan God nie. En ek wil nie hê julle moet met bose geeste gemeenskap hou nie. Julle kan nie die beker van die Here drink en ook die beker van bose geeste nie. Julle kan nie deel hê aan die tafel van die Here en ook aan die tafel van bose geeste nie. Of wil ons die Here uittart? Is ons miskien sterker as Hy? () .
You cannot rebuke a devil that you continually grant access to your life - Kimberley Pothier
Daar is nie neutrale grond in ’n oorlog om besetting nie. Jy moet óf terugveg óf jou grond verloor. Die geestelike oorlogstryd is om die grondgebied van ons harte. Wie regeer in jou hart? Satan of die Here Jesus Christus? Jou lewe is ‘n habitat, tuiste, grondgebied, ‘n tuin. Die Here wil jou tuin laat floreer in al jou uniekheid om soos Jesus te wees, in karakter, waardes, gewoontes, denke en handeling. Satan daarenteen is die verleier, om te kom steel en te verwoes. ()
‘n kwessie van jurisdiksie:
Elke wetstoepasser werk binne ‘n sekere jurisdiksie. Hy kan byvoorbeeld nie net in jou huis in stap en kom bevele gee nie. Want jy is die eienaar, en het jurisdiksie oor jou eie huis. Daarom moet die polisie ‘n lasbrief hê, alvorens hulle jou huis kan kom ondersoek. ‘n polisieman van Suid Afrika het nie gesag en jurisdiksie in die VSA, alvorens dit nie deur daardie polisie gemandaad word nie. Net so het ons nie jurisdiksie om in die geestes wêreld owerhede, heersers en geeste net bloot te bestraf nie. Ons jurisdiksie is op die aarde. (; ). Ons het hierdie jurisdiksie en gesag verloor. () Satan het onwettige jurisdiksie bekom. Hy word genoem: owerste van hierdie wêreld () die god van hierdie wêreld (2 Kor 4:4) die vors van die onsigbare magte, die gees wat daar nou aan die werk is in die mense wat aan God ongehoorsaam is. (Efe 2:2) maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug. ( )
Jesus het baie duidelik gesag en outoriteit uitgeoefen oor bose geeste. Hy het ook sy dissipels mag gegee om onrein geeste uit te dryf. () Kyk, Ek het aan julle die mag gegee om op slange en skerpioene te trap en om die vyand met al sy geweld te oorwin, sonder dat iets julle enige leed aandoen () Dit is ook duidelik dat die bose geeste ‘n komende oordeel van Jesus vrees. () Jesus het egter met Sy kruisdood, die sleutels van die doderyk afgeneem. Sleutels dui op gesag. Hy het satan ontwapen, en die jurisdiksie wat hy van die mens geneem het teruggeneem as die perfekte mens. In Christus is die volle heerskappy en mag wat God bedoel het die mens moet uitoefen herstel. Hy het elke mag en gesag ontwapen en hulle in die openbaar vertoon deur hulle as gevangenes in die triomftog van Christus mee te voer. () Maar aan God die dank! Hy voer ons altyd saam in sy triomftog omdat ons een is met Christus. Deur ons versprei Hy die kennis van Christus oral soos 'n aangename geur ( )
Satan het dus nog steeds net gesag in mense as gevolg van hulle ongehoorsaamheid, en dat hulle hulleself as werktuie in sy hand stel. Hy het dus wettige jurisdiksie omdat hulle dit vir hom gegee het. Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het. Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het. () ‘n polisie man hoef nie hard te skreeu om sy gesag af te dwing nie. Miskien by arrestasie, wanneer die misdadiger weerstand bied. Sy gesag lê daarin dat hy die wet verstaan, en elkeen se jurisdiksie erken. As hy byvoorbeeld nie die bewysstukke korrek versamel, merk en dokumenteer nie, word die saak uit die hof gegooi. As hy onreëlmatig op getree het, verloor die staat die saak teen die misdadiger. Netso is daar orde in die geestes wêreld.
Die bose geeste het presies geweet wie Jesus is (; ). Die sewe seuns van ’n Joodse priesterhoof, Skeva, het egter hulle moses teëgekom toe hulle probeer het om bose geeste uit te dryf sonder werklike geestelike gesag. Hulle wou bloot magiese tegnieke, selfs Jesus se naam, gebruik sonder ’n lewe toegewy aan God of dat hulle gevul is met die Heilige Gees. ( ) Die towernaar wou hierdie gawe koop (Hand 8:20). Bekeer jou van hierdie dwaling en bid tot die Here: miskien sal Hy jou hierdie gesindheid van jou hart vergewe. Ek sien jy is deur afguns vergiftig en deur die sonde verstrik () . Ons kan vanuit hierdie skrifgedeeltes ’n baie sterk argument bou dat ’n heilige lewe, toegewy aan die Here, vol van die Gees van God, die basis van geestelike oorlogvoering is.
Paulus verduidelik dit nog verder met ’n pragtige metafoor: Die Christen se wapenrusting is nie magiese towenary nie, maar ’n heilige leefwyse () . Geregtigheid, waarheid, geloof en bereidheid is dade van gehoorsaamheid wat ons beskerm en die Woord is ons offensief. Baie gelowiges probeer die wapenrusting magies gebruik deur dit daagliks aan te trek. Dit is nie wat Paulus met die metafoor wil bereik nie. Hy is bloot besig om geestelike waarhede wat ons uitleef prakties aan die hand van ’n soldaat se wapenrusting te verduidelik. Geloof is ’n lewenswyse en vorm ’n skild teen die vurige pyle wat satan aanhoudelik op ons afvuur. Ons het in Christus al hierdie geestelike leefstyl-waarhede ontvang. Ons het elkeen ’n mate van geloof en ons het verlossing, die waarheid en geregtigheid alles in Christus ontvang. Deur ’n leefstyl van bereidwilligheid, uit die waarheid en in Sy geregtigheid leef ons Sy verlossing uit waar ons ook al beweeg.

Die geestelike arsenaal van die gelowige:

Besturdeer die volgende skrifgedeeltes: (; ; ; ; )
Ons word uitgeskel, en ons antwoord met seënwense;
Ons word vervolg, en ons verdra dit
Ons word beledig, en ons bly vriendelik
In alles word ons verdruk, maar ons is nie terneergedruk nie
Ons is oor raad verleë, maar nie radeloos nie
Ons word vervolg, maar nie deur God verlaat nie
Op die grond neergegooi, maar nie vernietig nie
Ons het onberispelik opgetree, met begrip, met verdraagsaamheid en vriendelikheid. Dit alles het ons gedoen deur die Heilige Gees, deur opregte liefde, deur die woord van die waarheid en deur die krag van God. Ons wapen vir aanval en verdediging is om die wil van God te doen.
My genade is vir jou genoeg.
In die laaste paar dekades het daar in die geloofswêreld ’n hernude fokus op geestelike oorlogvoering geval. Hierdie fokus is deels goed, maar daar is ook gevare as ons nie ons plek en rol verstaan nie. So is daar byvoorbeeld dikwels gebedsmarse gehou, wêreldwye gebedskettings het ontstaan, mense het hulle huise en besighede se deure en vensters en hoekpale begin salf, of daar is huisskoonmaakrituele uitgevoer om okkultiese items te vernietig, studies is gemaak van geestelike hoeklyne en okkultiese, sataniese vloeke, gedenktekens met sataniese betekenisse, voorvadervloeke, ens. ens. Die natuurlike vraag is: Wat is die uitkoms nou 30 jaar later? Is die kerk heiliger? Kom meer mense tot bekering? Is daar nou meer eenheid in die kerk? Is daar herlewing? Die Bybel is ’n versameling van vreemde geestelike stories met bonatuurlike elemente, so die Here kan ’n mars gebruik soos met Jerigo. Hy het immers die Rooisee oopgekloof! God kan enigiets doen. Tog sien ons Jesus baie pragmaties te werk gaan in die oorlogvoering teen boosheid.
Ons kan nie met magiese rituele ‘n verkeerde leefstyl en die gevolglike konsekwensies regmaak nie. Hierdie is ‘n groot misleiding in die geloofsgemeenskap.

Hoe het Jesus te werk gegaan met die geesteswêreld?

Jesus se konfrontasie met boosheid is openlik, direk en konfronterend met betrekking tot die sataniese drie-eenheid. Jesus se afkeer van Herodes en diegene wat die wêreld dien, Sy openlike ontmaskering van die valsheid en geslepenheid van die Fariseërs, skrifgeleerdes en sogenaamde godsdienstiges, asook Sy miskenning van Satan se strategieë is vir ons ’n voorbeeld van direkte konfrontasie. Hy is openlik en direk aanvallend teenoor boosheid.
wat van duiwels besete was; en Hy het die geeste met ’n woord uitgedrywe ();
Bly stil en gaan uit hom uit! En die onreine gees het hom stuiptrekkings laat kry en met ’n groot stem geskreeu en uit hom uitgegaan ... van duiwels besete was ... en baie duiwels uitgedryf en die duiwels nie toegelaat om te praat nie, omdat hulle Hom geken het ();
die gees van ’n onreine duiwel, en hy het met ’n groot stem uitgeskreeu en gesê: Ha! wat het ons met U te doen, Jesus, Nasaréner? Het U gekom om ons te verdelg? Ek ken U, wie U is: die Heilige van God! En Jesus het hom bestraf en gesê: Bly stil, en gaan uit hom uit! En die duiwel het hom tussen hulle neergegooi en uit hom uitgegaan sonder om hom seer te maak. Toe kom daar verbaasdheid oor almal, en hulle praat met mekaar en sê: Wat vir ’n woord is dit, dat Hy met gesag en mag die onreine geeste gebied, en hulle gaan uit! En daar het ’n gerug aangaande Hom uitgegaan na elke plek van die omgewing ().
Uit bogenoemde skrifgedeeltes kan ons die volgende afleidings maak, ten opsigte van Jesus se werkswyse met boosheid:
1) Jesus se konfrontasie is direk en naby: Wanneer daar demoniese manifestasies is, maak Hy hulle stil en dryf hulle uit met ’n woord. Gebed is hoofsaaklik tot God gerig, en duiwels word uitgedryf wanneer hulle manifesteer in Sy teenwoordigheid. Dit is dus weereens ‘n kwessie van jurisdiksie. ‘n wetstoepasser kan net optree waar daar bewyse is van misdaad.
2) Satan se poging om Hom te versoek word kortliks met “daar staan geskrywe” en “weg met jou satan” gedoen. Daar is geen dialoog of lank gesprekke met satan nie.
3) Jesus gebruik geen magiese towernary of rituele in Sy bediening nie. Hy doen nie een wonderwerk op dieselfde manier nie en Hy doen dit sonder godsdienstige, luisterryke vertoon. Hy gee gewoonlik aan die sieke ’n opdrag. Hy lê Sy hande op die siekes. Onthou dit gaan ook die grondgebied van ons harte.
4) Jesus konfronteer boosheid nie as ’n abstrakte, onsigbare realiteit nie. Daar is dus ’n direkte onderskeid tussen die fisiese en die geestelike wêreld. Wanneer die bose geeste in hierdie wêreld manifesteer, neem Jesus dadelik outoriteit daaroor. Ons sien nie enige voorbeelde waar Jesus of enige van die leiers van die vroeë kerk betrokke geraak het in gebede, verklarings of uitsprake rig op die geesteswêreld nie. Ons bestaan is aards, en ons het deur Christus Jesus weer ons oorspronklike mandaat opgeneem om hier gesag uit te oefen. Ons is nie geestelike wesens nie en het nie gesag om in die geesteswêreld gesag uit te oefen nie. Alleenlik wanneer hierdie geesteswesens hulleself in ons wêreld openbaar, neem ons ’n posisie van gesag teenoor hulle in. Daarteenoor is daar natuurlik ’n geestelike reaksie in die geesteswêreld wanneer ons God hier gehoorsaam. Elke geestelike wese het op ’n bepaalde vlak gesag. Dink ook aan wat gebeur het met die engele wat hulle nie binne hulle eie magsgebied gehou het nie, maar hulle aangewese woonplek verlaat het. God het hulle met onbreekbare kettings gebind en hou hulle in duister dieptes vir die oordeel van die groot dag ().
5) Ons oorwin boosheid in die wêreld deur dissipels van alle nasies te maak. Dink net as ons as kerk gebly het by hierdie een opdrag waarin God ons bemagtig het: Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het (). Deur die eeue heen verontagsaam ons hierdie een groot mandaat en die hele wêreld ly as gevolg van ons ongehoorsaamheid ().
6) Gebed is uitsluitlik tot God gerig en nie tot duiwels, geeste of owerhede nie. Sommige mense spandeer baie tyd om geeste in die hemelruim wat hulle nie kan sien nie te bestraf. Waarom nie eerder mense direk bedien en dan, wanneer ’n bose gees manifesteer, gesag te neem en die mense vry te maak nie? Inteendeel, in bevryding is vrymaking baie maklik, deur die eienaar van die woning, dit wil sê die betrokke persoon te kry om te bely waar hulle satan en boosheid wettige uitnodiging gegee het. Dan wanneer die persoon Jesus se heerskappy in hulle lewe bely en erken, gee jy ‘n direkte onmiddellike uitsettingsbevel! Jy beveel die bose geeste met ‘n woord!
7) Ons geestelike oorlogvoering is om te heers oor boosheid, verslawing, sonde en versoekings. Julle het gelewe soos hierdie sondige wêreld en julle laat lei deur die vors van die onsigbare magte, die gees wat daar nou aan die werk is in die mense wat aan God ongehoorsaam is () . Moet dan nie toelaat dat die sonde nog langer oor julle heerskappy voer en julle die begeertes van julle sterflike aardse bestaan laat gehoorsaam nie (). Daar is dus ’n gehoorsaamheidstryd!!! Wie gaan jy gehoorsaam? God of self? God of satan? God of die gees van die wêreld?

Ware geestelike oorlogvoering – gehoorsaamheid aan die Heilige Gees.

Ware geestelike oorlogvoering is dus jou eie oorwinning in Christus Jesus wanneer jy outoriteit en gesag uitoefen oor jou drange, vleeslike begeertes, influisteringe, gedagtes en emosies wat nie gegrond is op die Woord nie. Natuurlik leef ons in 'n menslike liggaam, maar ons voer nie die stryd met menslike wapens nie. Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die redenasies en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak. Ons is ook gereed om met elke ongehoorsaamheid af te reken sodra julle eie gehoorsaamheid volkome is ().
In ons oorgawe en onderdanigheid aan Christus ontvang ons die krag en die vermoë om los te kom van die houvas en mag van sonde. Slawerny impliseer dat slawe onder die mag van die slawedrywer is. Jesus het ons kom loskoop van hierdie mag. Hy het ons wettige vrylating bekom sodat ons nou deur die Heilige Gees aan Hom gehoorsaam kan wees. Geestelike oorlogvoering beteken om deur gehoorsaamheid aan die Gees sout en lig te wees (); suurdeeg te wees (); ’n geur van die lewe te wees ( ). Nêrens is daar enige bewyse dat die gelowiges een of ander geestelike oorlogvoering teen die heersers van daardie tyd beoefen het nie. Selfs hulle vervolging is gesien as ’n geleentheid om die Evangelie te verkondig. Jesus se lewe van liefde, omgee, barmhartigheid, gemeenskap, selfverloëning en vergifnis was die eerste gelowiges se kentekens wat hulle van die wêreld onderskei het. Hierdie lewenstyl het uiteindelik die wêreld deursypel tot op die punt waar die magtige Romeinse Ryk Christenskap as die amptelike godsdiens aangeneem het. Ongelukkig het die Romeinse wêreldgees die kerk soos suurdeeg gepenetreer en die wêreld in die donker eeue ingelei voor God se lig weer deur die hervormers deurgebreek het.
Gehoorsaamheid aan Jesus is ons oorwinning oor boosheid. Deur die oortreding van die een mens het die dood begin heerskappy voer deur hierdie een mens, maar deur die Een, Jesus Christus, is veel meer bereik: dié wat die oorvloed van genade en die vryspraak as gawe ontvang het, sal lewe en heerskappy voer (). Elke dag leef ons hierdie oorwinning uit in ons eie lewe, maar uiteindelik ook vir die mense om ons. Ons lewe in harmonie met God en ons geestelike familie word uiteindelik ’n stukkie goddelike grondgebied, ’n Eden, waar God se wil uitgeleef word. Laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel (). Soos waters die seebodem bedek, so sal die magtige teenwoordigheid van die Here oral op die aarde geken word ().
Ons ongehoorsaamheid kos ons baie meer as ons gehoorsaamheid. Dink aan wat adam en eva se ongehoorsaamheid hulle gekos het, en gevolglik ook die hele mensdom. Die grondgebied wat satan wil verower is ‘n hart toegewy aan die Here. Hy het geen ander agenda, as om ons te laat afstand doen van ons skeppingsdoel om God se werktuie van skeppende genesende liefde te wees. Aan wie is ons gehoorsaam? God of self? Die Heilige Gees of sataniese influisteringe? Die woord van God of die tradisies van mense?
Duisternis kan net regeer in die afwesigheid van die Lig. Die leuen kan net bestaan in die afwesigheid van die Waarheid. Dit beteken ook weliswaar, dat die mensdom Jesus moet aanvaar as die waarheid. Jesus was die lig en hulle het nie die lig nie liefgehad nie. () Jesus is die enigste weg, Hy is die enigste Waarheid, en Hy is die enigste Lewe. () Tog kies die mensdom om hulle rug te draai op die Waarheid. Dit is nie God wat die mens straf nie, dis die mens wat straf op hulleself bring omdat hulle die waarheid verwerp.
Waar die waarheid aanvaar word, en gehoorsaam word is daar eenheid, en behou die wat in Christus die heilige band van eenheid. () Dit is die mens se ongehoorsaamheid, en soeke na hulle eie gewin wat die deur oopmaak vir sataniese magte om te heers.
Waar ons Jesus se lewe navolg, en daarvolgens wandel is daar orde, en sosiale vrede.
God is op soek na mense wat die geestelike oorlog wen, wanneer niemand sien nie. Dawid het die beer en die leeu verslaan waar niemand sien nie, om geloof te hê om Goliat in die publiek te verslaan. “Ek skryf aan julle, jongmanne, omdat julle die Bose oorwin het” (). Die persoonlike oorwinning oor boosheid, is essensieel tot publieke oorwinning.
[1] Schneiders, S.M. Spirituality in the academy. Theological Studies 50:676­697 1989.

[2] Udermann Brian E. The Effect of Spirituality on Health and Healing: A Critical Review for Athletic Trainers, 2000

[3] Puchalski, Christina. (2001). The Role of Spirituality in Health Care. Proceedings (Baylor University. Medical Center). 14. 352-7. 10.1080/08998280.2001.11927788.
[4] Michael S. Heiser, Supernatural: What the Bible Teaches about the Unseen World—And Why It Matters, ed. David Lambert, (Bellingham, WA: Lexham Press, 2015), 43.
[5] https://www.theatlantic.com/science/archive/2017/02/spooky-action-at-a-distance/516201/
[6] Riekert Botha, Openbaring Ontsluit. (location Eboek 2358)
[7] Miller, D. (1998). Discipling nations. Seattle: Ywam publishing.
[8] https://en.wikipedia.org/wiki/Humanist_Manifesto
Related Media
See more
Related Sermons
See more