Sermon Tone Analysis

Overall tone of the sermon

This automated analysis scores the text on the likely presence of emotional, language, and social tones. There are no right or wrong scores; this is just an indication of tones readers or listeners may pick up from the text.
A score of 0.5 or higher indicates the tone is likely present.
Emotion Tone
Anger
0.07UNLIKELY
Disgust
0.07UNLIKELY
Fear
0.08UNLIKELY
Joy
0.5LIKELY
Sadness
0.65LIKELY
Language Tone
Analytical
0UNLIKELY
Confident
0UNLIKELY
Tentative
0UNLIKELY
Social Tone
Openness
0.12UNLIKELY
Conscientiousness
0.13UNLIKELY
Extraversion
0.42UNLIKELY
Agreeableness
0.6LIKELY
Emotional Range
0.08UNLIKELY

Tone of specific sentences

Tones
Emotion
Anger
Disgust
Fear
Joy
Sadness
Language
Analytical
Confident
Tentative
Social Tendencies
Openness
Conscientiousness
Extraversion
Agreeableness
Emotional Range
Anger
< .5
.5 - .6
.6 - .7
.7 - .8
.8 - .9
> .9
Aangesien Ek deur die Gees van God die bose geeste uitdryf, het die koninkryk van God inderdaad tot by julle gekom ().
So seker as wat daar ’n fisiese wêreld is, is daar ook ’n geesteswêreld.
God is immers ’n Gees (; ).
Die geestelike of spirituele ervaring wat ’n individu soms mag beleef, is moeilik om empiries te meet as gevolg van die subjektiewe aard van die belewenis.
Tog is dit duidelik dat so ’n belewenis emosies, sintuie en die intellek insluit.
Dit is hoekom mens nie sommer vergeet wat met jou gebeur het nie en waarom sekere ervarings dikwels werklike lewensverandering teweegbring.
Aangesien Ek deur die Gees van God die bose geeste uitdryf, het die koninkryk van God inderdaad tot by julle gekom ().
So seker as wat daar ’n fisiese wêreld is, is daar ook ’n geesteswêreld.
God is immers ’n Gees (; ).
Die geestelike of spirituele ervaring wat ’n individu soms mag beleef, is moeilik om empiries te meet as gevolg van die subjektiewe aard van die belewenis.
Tog is dit duidelik dat so ’n belewenis emosies, sintuie en die intellek insluit.
Dit is hoekom mens nie sommer vergeet wat met jou gebeur het nie en waarom sekere ervarings dikwels werklike lewensverandering teweegbring.
Die term “spiritualiteit” verwys nie meer eksklusief of selfs hoofsaaklik na gebeds- en geestelike rituele nie.
Dit verwys ook nie na ’n elite-staat of ’n voortreflike praktyk van die Christendom nie.
Die term is uitgebrei om die geloofslewe sowel as die lewe van die persoon in sy geheel in te sluit, insluitend die liggaamlike, sielkundige, sosiale en politieke dimensies daarvan.[1]
Die geestelike bonatuurlike wêreld is baie meer deel van ons daaglikse lewenservaring as wat die meeste mense ooit sal besef.
Ons praat van iemand met ’n verkeerde gesindheid as iemand met ’n verkeerde gees.
Ons praat van entoesiasme as geesdrif!
Iemand met ’n sterk karakter word beskryf as iemand met ’n sterk teenwoordigheid van gees.
In die sportwêreld word ’n diep, ernstige spiritualiteit al hoe meer verwelkom omdat gelowige deelnemers se verhoudingswêreld en gewoontes gewoonlik meer gesond is.
Hierdie atlete toon meestal ’n groter volwassenheid van karakter wanneer hulle verloor en die geestelike ondersteuning wat hulle ontvang wanneer dit swaar gaan, is onontbeerlik.
Meer nog, atlete en pasiënte glo in die onmoontlike en die bonatuurlike wat noodsaaklik is om lang terapeutiese hersteltye enduit vol te hou.[2] In die mediese wêreld word die belangrikheid en insluiting van die geestelike aspek van die mens al hoe belangriker as deel van ’n holistiese benadering.[3]
Tog is daar met reg ’n baie negatiewe sentiment oor die bonatuurlike wêreld buite die Woord van God.
Duiwelskuns, swartkuns, nigromansie, nekromansie, towenary, goëlery, spoke, spiritisme, afgodery en satansaanbidding maak mens skrikkerig en bang.
Daarom ondersoek ons eerder die skrifte om die geesteswêreld te verstaan en ’n blik kry van wat daar aangaan.
Die Bybel is as te ware vir ons ’n venster asook ’n handleiding van terme, benaminge, funksies en rolle van wesens wat aktief is in die geesteswêreld.
Lys van benaminge:
Die NT gebruik ’n wye verskeidenheid terme vir onsienlike goddelike wesens op die geestelike gebied, goed sowel as kwaad.
Volgens hierdie skrifgedeeltes kan ons hulle grade van rang, krag en funksie in die geestelike wêreld aflei.
So lees ons in die Bybel van:
’n gees van krankheid ();
’n gees van ontsteltenis ();
onrein en vuil gees ( );
’n waarsêende gees ( );
’n gees van slawerny ();
’n gees van dwaling ();
’n gees van die wêreld ( );
verleidende geeste ();
’n gees van jaloesie ();
’n leuengees ( );
’n gees van towery () . . . of wat met besweringe omgaan, of wat ’n gees van ’n afgestorwene vra of ’n gees wat waarsê, of wat die dooies raadpleeg . .
.;
die gees van die antichris ();
’n gees van vreesagtigheid ();
’n gees van bedwelming ();
die pynigers ();
’n verslae gees ( );
bose geeste (; ; ; ; ; ; );
demone (; ; ; ; ; ; ; );
owerstes, magte, wêreldheersers van die duisternis ( ; ; );
engele (; ; );
aartsengel Michael (; ; ; );
aartsengel Gabriel (; ; , );
gerubs (; , ; , , ; ; Op 4:6-8);
serafs (; );
Goddelike vergadering van die seuns van God (; ; ; ).[4]
Daar is inderdaad diegene wat glad nie in die bonatuurlike wêreld glo nie omdat hulle bloot nog geen tasbare belewenis of ervaring van die geesteswêreld gehad het nie.
Tog is daar studies in kwantumfisika, wat Einstein as spokerig studies oor ’n afstand beskryf het, waar twee deeltjies (fotons) in wisselwerking kan “verstrengel raak” (entanglement), hul individuele waarskynlikhede verloor en komponente word van ’n meer ingewikkelde waarskynlikheidsfunksie wat beide deeltjies saam beskryf.[5]
Eugene Marais het ’n studie van die gees van die mier gemaak waar hy geen natuurlike sintuiglike verklaring kon kry oor hoe ’n koninginmier haar miernes beheer nie.
Die bybelse antieke wêreldbeskouing oor die Geesteswêreld
In die kerkwêreld is daar twee hoofstrome: die Charismatiese of Pinksterstroom en die Gereformeerde stroom.
Laasgenoemde gaan versigtig om met die bonatuurlike en fokus op skrifverklaring en eksegese.
Die eerste groep soek juis die bonatuurlike werkinge en manifestasies van die bonatuurlike geesteswêreld.
Volgens Michael Heiser,’n Gereformeerde teoloog en kenner van die Hebreeuse taal en antieke volke, is daar ’n baie duidelike bonatuurlike wêreldbeskouing te bespeur in die Bybelskrywers se verstaan van die wêreld van Genesis tot Openbaring.
Hulle sien die geesteswêreld as ’n gesin wat soms vergadering hou (), met rangordes wat óf aan God gehoorsaam is óf ’n groepering wat teen God rebelleer.
In hierdie geesteswêreld is Jahwe alleen almagtig, alomteenwoordig, volmaak en alwys.
Daar is geen rebellie direk teen God nie, maar wel teenoor Sy skepping.
Elke geestelike wese is beperk wat gesag, posisie en vermoë betref.
Daar is dus volmaakte orde in die geestelike wêreld – elkeen ken sy plek.
Self die satan moes God se toestemming verkry om teen Job op te tree ().
Omdat die Skrif duidelik toon dat ons deur die bose verlei kan word, en ons dit inderdaad so beleef, behoort ons moeite te doen om die geesteswêreld te verstaan en te leer wat ons te doen staan om onsself en ons familie te beskerm.
Die Bybelse perspektief erken die invloed van satan.
die Satan jou hart vervul om vir die Heilige Gees te lieg en van die prys van die grond agter te hou ( );
sodat die Satan julle nie in versoeking bring deur julle gebrek aan selfbeheersing nie ( );
die versoeker julle nie miskien versoek het en ons arbeid tevergeefs sou wees nie ( );
sodat hy nie in veragting en in die strik van die duiwel val nie ();
Want sommige het al afgewyk agter die Satan aan ();
loop rond soos ’n brullende leeu en soek wie hy kan verslind ();
Satan moet nie die oorhand oor ons kry nie ons ken sy planne ( );
ongelowiges wie se verstand deur die god van hierdie wêreld verblind is ( );
elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God ( );
net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus ( ).
Die sataniese drie-eenheid
Baie misleiding en dwaling oor die rolle en verantwoordelikhede van die mens ten opsigte van die bonatuurlike wêreld het al tot skadelike misbruik gelei.
Daarom begin ons weereens ons studie in Christus.
Ons leer van Hom, as ons perfekte Voorbeeld, hoe Hy demone, bose geeste en satan hanteer het.
Jesus se bediening was in konflik met die tri-alliansie van die wêreldgees van Herodes (), die godsdiens van die Fariseërs en Sadduseërs () en die bose geesteswêreld ().
Hierdie sataniese drie-eenheid word in die boek Openbaring ontmasker: die draak, die dier uit die see en die dier uit die aarde ( ).[6]
1) Oorlogstryd teen die gees van die wêreld:
Mens sal ’n hele boek aan hierdie onderwerp moet wy, maar dit is algemeen bekend hoe mense se wêreldbeskouing hulle aan bande lê.[7] Die begrip “lewens- en wêreldbeskouing” verwys na die manier waarop (bril waardeur) jy na die wêreld en die lewe kyk.
Die Bybelse wêreldbeskouing is in teenstelling met die huidige humanistiese, sekulêre wêreldbeskouing wat ons daagliks in die media, sekere televisieprogramme, universiteitsideologieë, politiek en selfs in die kerk beleef.
Kyk byvoorbeeld hoe direk die sekulêr-humanistiese manifes gerig is teenoor ’n teïstiese, Bybelse perspektief.
[8]
· Wêreldkennis word afgelei deur waarneming, eksperimentering en rasionele analise.
· Mense is deel van die natuur, die produk van onbegeleide evolusionêre verandering.
· Etiese waardes word afgelei van menslike behoeftes en belangstellings soos getoets deur ervaring (etiese naturalisme).
· Lewensvervulling kom deur individuele deelname in diens van menslike ideale.
· Mense is van nature sosiaal en vind betekenis in verhoudings.
· Om te werk ten einde die samelewing te bevoordeel, maksimeer individuele geluk.
· Respek vir verskillende dog menslike sienswyses in ’n oop, sekulêre, demokratiese, omgewingsvriendelike en -volhoubare samelewing.
Hier is ’n paar skrifgedeeltes wat waarsku teen die invloed van wêreldse denke:
Wat help dit 'n mens tog om die hele wêreld as wins te verkry en sy lewe te verloor?
< .5
.5 - .6
.6 - .7
.7 - .8
.8 - .9
> .9