Sermon Tone Analysis

Overall tone of the sermon

This automated analysis scores the text on the likely presence of emotional, language, and social tones. There are no right or wrong scores; this is just an indication of tones readers or listeners may pick up from the text.
A score of 0.5 or higher indicates the tone is likely present.
Emotion Tone
Anger
0.08UNLIKELY
Disgust
0.07UNLIKELY
Fear
0.12UNLIKELY
Joy
0.06UNLIKELY
Sadness
0.69LIKELY
Language Tone
Analytical
0UNLIKELY
Confident
0UNLIKELY
Tentative
0UNLIKELY
Social Tone
Openness
0.13UNLIKELY
Conscientiousness
0.13UNLIKELY
Extraversion
0.43UNLIKELY
Agreeableness
0.6LIKELY
Emotional Range
0.12UNLIKELY

Tone of specific sentences

Tones
Emotion
Anger
Disgust
Fear
Joy
Sadness
Language
Analytical
Confident
Tentative
Social Tendencies
Openness
Conscientiousness
Extraversion
Agreeableness
Emotional Range
Anger
< .5
.5 - .6
.6 - .7
.7 - .8
.8 - .9
> .9
Die mens se soek na ware identiteit en bewussyn opgesluit in Christus
Hoe lyk die mees ontwikkelde mens?
Die mees gekultiveerde mens?
Die hoogste vorm van menswees?
Volgens die Dali-lama is dit altruïsme.
Is dit wanneer ons die meeste goed doen vir die mensdom en ‘n Nobelprys verower?
Vir ander gelowe is die wanneer ons iewers op ‘n berg onsself verwyder van die mensdom, en ‘n vorm van esoteriese nirvana bereik.
Volgens die Bybel vind ons die hoogste vorm van menswees in Jesus Christus.
Die skepper word skepping, om ons skeppingsdoel te openbaar.
Ons vind die hoogtepunt van menswees wanneer ons die mensdom dien en seën, met ons talente en gawes.
Deur diefstal, leuens, jaloesie, moord, wedywering, luiheid, selfsug, en hebsug verwoes ons die wêreld.
Deur nederigheid, gehoorsaamheid, vergifnis, goedheid, vrede, liefde en sagmoedigheid die Gees en gesindheid van Christus seën ons mense en die mensdom.
Ons fluksieer tussen goed en kwaad sonder om te dink, en al probeer ons hoe hard om goed te doen, is ons slagoffer en slaaf van ons opvoeding, ons kultuur, ons vriendekring en familie, en dit wat ons aanbid.
Dit blyk deur die geskiedenis dat die mens stelselmatig kollektief besig is om te ontwikkel, diktatorskap en oortredings teen die mensdom is aan die afneem, a.g.v.
van die doeltreffendheid v die alwetende sosiale media, en mense met kamerafone.
Die meeste mense wil goed lyk, en nie as boosaards, en wreedaards bekend staan nie.
Ons word dus akteurs, en meester geheimhouers om kwaad en boosheid wat diep in ons sluimer weg te steek.
Maar nie alle goed is goed vir die mensdom nie.
Wie beslis oor goed en sleg.
‘n ouer wat nooit sy kind teregwys en opvoed nie, en alles gee wat hulle wil hê, dink hulle doen goed.
Maar is dit werklik goed vir die kind?
Is die kind groot gemaak en bemagtig om ook goed te doen, en ‘n seën te wees vir die mensdom?
Was die skepping van die atoombom goed?
Dit het die einde gebring aan ‘n bloedige oorlog, maar teen watter prys?
So regverdig die mens sy dade, met beperkte insig en begrip vir die langdurige konsekwensies.
Ons leef vir die oomblik, om iets lekker te doen, en goed te voel.
Die mens wil vry wees om te doen wat hy of sy wil, sonder enige verantwoordbaarheid of reëls.
Die gevolg is egter dat ons nie besef die skade en verwoesting wat ons aan die mensdom en die skepping aanrig nie.
So regverdig die een wat te veel drink, dat hy darem nie sy vrou slaan en met die bure baklei nie hy pla niemand nie.
Die buite egtelike huwelik begin nie om iemand seer te maak nie, ons het maar net begin om vir mekaar om te gee?
Die een wat verslaaf is aan pornografie redeneer dat hy darem nie by werklike vrouens rondslaap nie.
Die een wat steel, doen dit om aan sy eie mense goed te doen.
Die een wat lieg, wil nie iemand seer maak en te na kom nie.
Om werklik goed en reg te doen, en ‘n seën te wees vir die mensdom kos ‘n wesenlike prys!
Mens moet braaf wees om te leer om nee te sê, jouself sekere plesier te ontsê, en jouself te gee vir ander se sukses en voordeel.
Dis baie moeiliker om te vergewe as om te vergeld.
Dis baie moeiliker om vir ander te gee, as om te neem.
Dis baie makliker om gedien te word as om ander te dien.
Dis lekkerder om te ontvang as om te gee.
Jesus ons skepper, ons oorspronklike bloudruk en die Bybel, weet van beter.
Jesus weet dat al die self-gerigte lewe vir self nie die siel versadig nie.
Bo alles soek ons betekenis en waarde in werklike goed-doen en vind ons werklike vervulling wanneer ons die mensdom en skepping seën.
Saligheid, redding, verlossing van die bose is dus baie meer as net my sonde bely en erkenning dat daar boosheid in my sluimer... dis ‘n soeke tot die verwesenliking van my skeppingsdoel, om soos Jesus te wees.
Hoekom werk dokters en mediese personeel sulke lang ure?
Want hulle vind vervulling om mense te kan help om gesond te word.
Hoekom doen die regslui wat hulle doen?
Hulle vind vervulling daarin dat hulle boosheid bestry.
Hoekom is daar allerhande vorme van regering en politiek, want hulle vind vervulling daarin om die wêreld ‘n beter plek te maak.
Hoekom doen ons besigheid?
Want ons voeg waarde toe tot die mensdom deur die mensdom te seën met lekker kos, ‘n verbruiksartikel te vervaardig, ‘n behoefte te vervul.
Op die ou end soek ons derhalwe, al sou sommige dit nooit wil erken nie, na Jesus Christus die hoogste vorm van menswees.
Jesus was of mal, stapelgek, en die grootste leuenaar of bedrieër – of HY is wat HY sê Hy is -GOD!
JESUS VIND EN VERDEDIG SY IDENTITEIT:
Deur die Woord
Adam en Eva het nie die identiteit toets geslaag toe satan twyfel in hulle harte gesaai het nie: “dan sal julle soos God wees deurdat julle alles kan ken.” ().
Hulle het in God se woord, God se opdrag en uiteindelike ook in hulle eie identiteit getwyfel.
Jesus verslaan satan se pogings om twyfel te saai deur elke keer die woord aan te haal.
Meer nog Christus toon dat hy nie net die skrif ken nie, HY glo dit ook, en is die Woord.
Daarom kon HY uiteindelik satan beveel: “Gaan weg, Satan, want daar staan geskrywe:
“Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.”
()
So moet ons ook onsself in die Woord sien, en ons identiteit in die Woord vind: Johannes die doper moes homself in die Woord sien, om sy roeping te verstaan.
( vergelyk ) Paulus het geglo dat hy deur spesiale roeping lewendig gemaak is () Sien hoe Paulus sy roeping sien en verstaan: Maar toe dit God behaag het, wat my afgesonder het van die skoot van my moeder af en deur sy genade geroep het, 16 om sy Seun in my te openbaar, sodat ek Hom onder die heidene sou verkondig ()
PRAKTIES: Deesdae vind mens vele handleidings en gidse oor hoe om te leef, met jou finansies te werk, hoe om met jou mense te werk, verhoudinge, huwelike, opvoeding ens ens.
Die Woord het eeu-oue beproefde wysheid, en insig oor al hierdie dinge.
Soos deur ‘n bril, sine ons die lewe, onsself, en die mensdom deur die Woord.
Die Woord is ewig!
Die Woord is kragtig!
Hoe meer ons, ons lewe rig op grond van die Woord, hoe meer kom ons in lyn met ons skeppingsdoel – Christus!
Dit wat jy aanbid word jy:
Jesus ontmasker satan se hele motief baie duidelik met die woorde: “Gaan weg, Satan, want daar staan geskrywe: “Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.”
() Vandag nog fluister hy in mense se ore, jy is ‘n mislukking, jy is boos, jy is sleg, jy is verslaaf, jy is siek, jy is minderwaardig, jy is nie goed genoeg nie, jy is ‘n verloorder, jy is niks werd nie, jy is lelik, jy is god, jy is jou eie geluk en nog baie meer!
Wanneer ons hierdie woorde glo daarvolgens handel, word ons die instrumente en slawe van satan om verwoesting en onreg te saai.
Daarenteen wil Christus ons skepper: wat alles geskape het deur Jesus Christus () alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape () en in Hom hou alle dinge stand.
() want deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons () ons wys wie ons regtig is: “IN CHRISTUS”
Ons is heiliges: (; )
Ons is tot alles in staat ()
Ons is nuwe skepsels ()
Ons is die geregtigheid van God in Christus Jesus ()
Ons is meer as oorwinnaars ()
Ons is wonderlik geskape ()
Ons is die kroon van sy skepping (; )
Ons bekwaam maak om sy wil uit te voer ()
Ons as armes, maar ons maak baie ander ryk; as mense wat niks het nie, en tog besit ons alles.
()
MAAR OM AL DIE WONDERLIKE SKEPPINGS MOONTLIKHEDE TE VERKRY EN TE WEES< MOET ONS JESUS AANBID! “die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof”
Gehoorsaamheid om die Woord te leef:
God het Hom gestuur:
“My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk te voltooi” (; ; ; )
; My Vader, as hierdie beker nie by My kan verbygaan sonder dat Ek dit drink nie, laat u wil geskied.
()
Hy kom om te dien en goed te doen:
Julle weet van Jesus van Nasaret, dat God Hom met die Heilige Gees gesalf en met krag toegerus het.
Hy het rondgegaan, oral goeie werke gedoen en almal gesond gemaak wat in die mag van die duiwel was, want God was by Hom.
()
JESUS IS ALLES WAT ONS NODIG HET VIR DIE LEWE:
Ons vorm ons identiteit, deur ons 1) narratief, storie, geskiedenis, en ervaringe, 2) Opvoeding 3) kultuur, familie, sosiale stand 4) kwalifikasies, en prestasies 5) Ons besittings, klere, voorkoms, smaak, voorkeure 5) Ons amptelike mandaat, beroep, aanstelling, erkenning.
6) Ons talente, karakter, voorkeure.
Dit is alles goed en wel, die probleem is, wanneer ons, ons identiteit bepaal deur eksterne veranderlikes, wat ons kan verloor los dit ons kwesbaar, blootgestel, geskend, en broos.
Dit is ook moontlik dat ons ‘n false identiteit kan voorgee, en wanneer ons dronk is, moeg en kwesbaar is, siek en afhanklik is, kom die ware ek na vore.
Dit is dus wesenlik belangrik dat ons, ons identiteit en selfvertroue in Christus grondves!
Hy is ons bestaan - Water / Hy is ons voedsel - Brood Biologiese fisiese Behoeftes
Hy is die vervulling - Wynstok Kennis, groei, betekenis
Hy is ons rigting - Lig, doel, sin, rede vir bestaan
< .5
.5 - .6
.6 - .7
.7 - .8
.8 - .9
> .9