Christus se EK IS uitsprake

Dagbreek 2019   •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 36 views
Notes
Transcript
Sermon Tone Analysis
A
D
F
J
S
Emotion
A
C
T
Language
O
C
E
A
E
Social
View more →
Die mens se soek na ware identiteit en bewussyn opgesluit in Christus
Hoe lyk die mees ontwikkelde mens? Die mees gekultiveerde mens? Die hoogste vorm van menswees? Volgens die Dali-lama is dit altruïsme. Is dit wanneer ons die meeste goed doen vir die mensdom en ‘n Nobelprys verower? Vir ander gelowe is die wanneer ons iewers op ‘n berg onsself verwyder van die mensdom, en ‘n vorm van esoteriese nirvana bereik. Volgens die Bybel vind ons die hoogste vorm van menswees in Jesus Christus. Die skepper word skepping, om ons skeppingsdoel te openbaar. Ons vind die hoogtepunt van menswees wanneer ons die mensdom dien en seën, met ons talente en gawes. Deur diefstal, leuens, jaloesie, moord, wedywering, luiheid, selfsug, en hebsug verwoes ons die wêreld. Deur nederigheid, gehoorsaamheid, vergifnis, goedheid, vrede, liefde en sagmoedigheid die Gees en gesindheid van Christus seën ons mense en die mensdom.
Ons fluksieer tussen goed en kwaad sonder om te dink, en al probeer ons hoe hard om goed te doen, is ons slagoffer en slaaf van ons opvoeding, ons kultuur, ons vriendekring en familie, en dit wat ons aanbid.
Dit blyk deur die geskiedenis dat die mens stelselmatig kollektief besig is om te ontwikkel, diktatorskap en oortredings teen die mensdom is aan die afneem, a.g.v. van die doeltreffendheid v die alwetende sosiale media, en mense met kamerafone. Die meeste mense wil goed lyk, en nie as boosaards, en wreedaards bekend staan nie. Ons word dus akteurs, en meester geheimhouers om kwaad en boosheid wat diep in ons sluimer weg te steek.
Maar nie alle goed is goed vir die mensdom nie. Wie beslis oor goed en sleg. ‘n ouer wat nooit sy kind teregwys en opvoed nie, en alles gee wat hulle wil hê, dink hulle doen goed. Maar is dit werklik goed vir die kind? Is die kind groot gemaak en bemagtig om ook goed te doen, en ‘n seën te wees vir die mensdom? Was die skepping van die atoombom goed? Dit het die einde gebring aan ‘n bloedige oorlog, maar teen watter prys?
So regverdig die mens sy dade, met beperkte insig en begrip vir die langdurige konsekwensies. Ons leef vir die oomblik, om iets lekker te doen, en goed te voel. Die mens wil vry wees om te doen wat hy of sy wil, sonder enige verantwoordbaarheid of reëls. Die gevolg is egter dat ons nie besef die skade en verwoesting wat ons aan die mensdom en die skepping aanrig nie.
So regverdig die een wat te veel drink, dat hy darem nie sy vrou slaan en met die bure baklei nie hy pla niemand nie. Die buite egtelike huwelik begin nie om iemand seer te maak nie, ons het maar net begin om vir mekaar om te gee? Die een wat verslaaf is aan pornografie redeneer dat hy darem nie by werklike vrouens rondslaap nie. Die een wat steel, doen dit om aan sy eie mense goed te doen. Die een wat lieg, wil nie iemand seer maak en te na kom nie.
Om werklik goed en reg te doen, en ‘n seën te wees vir die mensdom kos ‘n wesenlike prys! Mens moet braaf wees om te leer om nee te sê, jouself sekere plesier te ontsê, en jouself te gee vir ander se sukses en voordeel. Dis baie moeiliker om te vergewe as om te vergeld. Dis baie moeiliker om vir ander te gee, as om te neem. Dis baie makliker om gedien te word as om ander te dien. Dis lekkerder om te ontvang as om te gee.
Jesus ons skepper, ons oorspronklike bloudruk en die Bybel, weet van beter. Jesus weet dat al die self-gerigte lewe vir self nie die siel versadig nie. Bo alles soek ons betekenis en waarde in werklike goed-doen en vind ons werklike vervulling wanneer ons die mensdom en skepping seën.
Saligheid, redding, verlossing van die bose is dus baie meer as net my sonde bely en erkenning dat daar boosheid in my sluimer... dis ‘n soeke tot die verwesenliking van my skeppingsdoel, om soos Jesus te wees. Hoekom werk dokters en mediese personeel sulke lang ure? Want hulle vind vervulling om mense te kan help om gesond te word. Hoekom doen die regslui wat hulle doen? Hulle vind vervulling daarin dat hulle boosheid bestry. Hoekom is daar allerhande vorme van regering en politiek, want hulle vind vervulling daarin om die wêreld ‘n beter plek te maak. Hoekom doen ons besigheid? Want ons voeg waarde toe tot die mensdom deur die mensdom te seën met lekker kos, ‘n verbruiksartikel te vervaardig, ‘n behoefte te vervul.
Op die ou end soek ons derhalwe, al sou sommige dit nooit wil erken nie, na Jesus Christus die hoogste vorm van menswees.
Jesus was of mal, stapelgek, en die grootste leuenaar of bedrieër – of HY is wat HY sê Hy is -GOD!

JESUS VIND EN VERDEDIG SY IDENTITEIT:

Deur die Woord
Adam en Eva het nie die identiteit toets geslaag toe satan twyfel in hulle harte gesaai het nie: “dan sal julle soos God wees deurdat julle alles kan ken.” (). Hulle het in God se woord, God se opdrag en uiteindelike ook in hulle eie identiteit getwyfel. Jesus verslaan satan se pogings om twyfel te saai deur elke keer die woord aan te haal. Meer nog Christus toon dat hy nie net die skrif ken nie, HY glo dit ook, en is die Woord. Daarom kon HY uiteindelik satan beveel: “Gaan weg, Satan, want daar staan geskrywe:
“Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.” ()
So moet ons ook onsself in die Woord sien, en ons identiteit in die Woord vind: Johannes die doper moes homself in die Woord sien, om sy roeping te verstaan. ( vergelyk ) Paulus het geglo dat hy deur spesiale roeping lewendig gemaak is () Sien hoe Paulus sy roeping sien en verstaan: Maar toe dit God behaag het, wat my afgesonder het van die skoot van my moeder af en deur sy genade geroep het, 16 om sy Seun in my te openbaar, sodat ek Hom onder die heidene sou verkondig ()
PRAKTIES: Deesdae vind mens vele handleidings en gidse oor hoe om te leef, met jou finansies te werk, hoe om met jou mense te werk, verhoudinge, huwelike, opvoeding ens ens. Die Woord het eeu-oue beproefde wysheid, en insig oor al hierdie dinge. Soos deur ‘n bril, sine ons die lewe, onsself, en die mensdom deur die Woord. Die Woord is ewig! Die Woord is kragtig! Hoe meer ons, ons lewe rig op grond van die Woord, hoe meer kom ons in lyn met ons skeppingsdoel – Christus!
Dit wat jy aanbid word jy:
Jesus ontmasker satan se hele motief baie duidelik met die woorde: “Gaan weg, Satan, want daar staan geskrywe: “Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.” () Vandag nog fluister hy in mense se ore, jy is ‘n mislukking, jy is boos, jy is sleg, jy is verslaaf, jy is siek, jy is minderwaardig, jy is nie goed genoeg nie, jy is ‘n verloorder, jy is niks werd nie, jy is lelik, jy is god, jy is jou eie geluk en nog baie meer! Wanneer ons hierdie woorde glo daarvolgens handel, word ons die instrumente en slawe van satan om verwoesting en onreg te saai. Daarenteen wil Christus ons skepper: wat alles geskape het deur Jesus Christus () alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape () en in Hom hou alle dinge stand. () want deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons () ons wys wie ons regtig is: “IN CHRISTUS”
Ons is heiliges: (; )
Ons is tot alles in staat ()
Ons is nuwe skepsels ()
Ons is die geregtigheid van God in Christus Jesus ()
Ons is meer as oorwinnaars ()
Ons is wonderlik geskape ()
Ons is die kroon van sy skepping (; )
Ons bekwaam maak om sy wil uit te voer ()
Ons as armes, maar ons maak baie ander ryk; as mense wat niks het nie, en tog besit ons alles. ()
MAAR OM AL DIE WONDERLIKE SKEPPINGS MOONTLIKHEDE TE VERKRY EN TE WEES< MOET ONS JESUS AANBID! “die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof”
Gehoorsaamheid om die Woord te leef:
God het Hom gestuur:
“My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk te voltooi” (; ; ; )
; My Vader, as hierdie beker nie by My kan verbygaan sonder dat Ek dit drink nie, laat u wil geskied. ()
Hy kom om te dien en goed te doen:
Julle weet van Jesus van Nasaret, dat God Hom met die Heilige Gees gesalf en met krag toegerus het. Hy het rondgegaan, oral goeie werke gedoen en almal gesond gemaak wat in die mag van die duiwel was, want God was by Hom. ()

JESUS IS ALLES WAT ONS NODIG HET VIR DIE LEWE:

Ons vorm ons identiteit, deur ons 1) narratief, storie, geskiedenis, en ervaringe, 2) Opvoeding 3) kultuur, familie, sosiale stand 4) kwalifikasies, en prestasies 5) Ons besittings, klere, voorkoms, smaak, voorkeure 5) Ons amptelike mandaat, beroep, aanstelling, erkenning. 6) Ons talente, karakter, voorkeure.
Dit is alles goed en wel, die probleem is, wanneer ons, ons identiteit bepaal deur eksterne veranderlikes, wat ons kan verloor los dit ons kwesbaar, blootgestel, geskend, en broos. Dit is ook moontlik dat ons ‘n false identiteit kan voorgee, en wanneer ons dronk is, moeg en kwesbaar is, siek en afhanklik is, kom die ware ek na vore.
Dit is dus wesenlik belangrik dat ons, ons identiteit en selfvertroue in Christus grondves!
Hy is ons bestaan - Water / Hy is ons voedsel - Brood Biologiese fisiese Behoeftes
Hy is die vervulling - Wynstok Kennis, groei, betekenis
Hy is ons rigting - Lig, doel, sin, rede vir bestaan
Hy is die beste manier om te lewe - weg, ies vir iemand beteken
Hy is ons toegang - Deur, behoort, deelwees.
HY is ons versorging - Herder Beskerming
Hy is ons Opstanding as ons sterf - Nalatingskap
Die 7 ek is uitsprake deel met die 7 bronne vanwaar ek my identiteit bepaal:
1) Brood: basiese self, bestaan, elke dag, wat versadig my?
2) Wynstok: wys na wat bied ek die mensdom, in terme van my talente, gawes, kennis, vermoëns?
3) Weg: Hoe leef ek? My maniere, gewoontes, my ‘way’?
4) Lig: spreek van rigting, doel, my ‘why’ hoekom? Roeping? My nalatingskap, my einddoel?
5) Deur: reg van Toegang, behoort tot? Deel van? My ligitimiteit?
6) Herder: Spreek van versorging, wat doen ek om te leef en inkomste te verkry, sodat ek versorg kan wees?
7) Opstanding: Na die dood, leef ek voort as? My nalatingskap? My tydloosheid? My ewigheid? Wat van Jesus het opgestaan in my?
Ek is die Lewende Water (, )
Water uit die put van Jakob les tydelik die mens se dors. Die lewende water wat Jesus gee, bevredig egter vir altyd ( – vgl. ; ; ; ; . Die mens soek bevrediging, soek ‘n rede om te bestaan, soek ‘n bron en motief, ‘n hoekom, om ons te grondves. Brood en Water is wat ons daagliks nodig het om te oorleef. Net so het ons nodig om elke dag ons lewe te vind in Jesus, en die Woord om te oorleef as mense, in hierdie mensdom. Jesus was die heeltyd in gemeenskap met die Vader. Daarom sê Hy, die mens kan nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat van God kom. Soos ons elke dag brood eet, het ons nodig om elke dag, ‘n vars woord, en inspraak van die Heilige Gees te hê. Dis hoe ons, ons identiteit ontdek. In Sy geopenbaarde Woord! Hoe meer Hy met ons praat, ons leer en rig, soos ‘n ouer ‘n kind leer, ontdek ons die lewe in Christus.
Ek is die Brood vd Lewe ();
Jesus verwys hier na Homself as die brood wat uit die hemel gekom het in kontras met die manna wat die trekkende volk opgetel het. Die manna was goeie brood wat die liggaamlike honger kon stil, maar dit was tydelik. Die mense het daarvan geëet en is vir ’n dag lank daardeur versadig, maar hulle moes elke dag van hierdie brood kry om te eet, en dit kon hulle ook nie van die dood red nie. Jesus, wat soveel groter is as Moses, bied Homself as die geestelike brood aan ons. Hy versadig ons volkome geestelik en skenk daarmee aan ons die ewige lewe. Godsdiens, en gesprekke oor Jesus kan jou nooit versadig nie. Dis om Hom self te ken, en te hoor. Dit versadig, mens op die diepste vlak.
Ek is die lig vd Wereld (; )
Jesus was in die voorhof van die vroue van die tempel waar die dertien offergawekiste gehou is (8:20). In daardie vertrek is gedurende die huttefees kerse gebrand as simbole van die vuurkolom wat die volk van Israel deur die woestyn gelei het (Eks 13:21–22). Dit is waarom Jesus op die treffende oomblik na Homself verwys het as die “lig vir die wêreld”. Vir die trekkende volk was die vuurkolom simbool van God se teenwoordigheid, beskerming en leiding. Net só het Jesus God se teenwoordigheid, beskerming en leiding vir die wêreld sigbaar kom maak.
Ek is die deur (, , ,
Deur spreek van toegang, reg tot toegang, binnekom, en deelwees. Spreek ook van geleenthede, en guns. Stap deur die deur na die huis. Die metode, and toegang is dus nie meer rituele en metodes nie. Hy self is die nuwe lewende weg.
Ek is die Goeie herder ();
Saans is die skape volgens gebruik in ’n kraal gejaag om hulle te beskerm teen diewe, onweer en wilde diere. Dié krale was gewoonlik grotte of ’n oop stuk met mure van klip of takke. Die herder het dan in die ingang geslaap. Soos die herder omgegee het vir elke skaap, só gee die Goeie Herder sy lewe vir sy volgelinge (vgl Eseg 34:23) wat sy stem ken. Enigeen wat van sy skape leed wil aandoen, moet by die enigste ingang waar die Goeie Herder waghou, verby kom. Jesus is die ingang en die Goeie Herder.
Opstanding en die Lewe ()
Saans is die skape volgens gebruik in ’n kraal gejaag om hulle te beskerm teen diewe, onweer en wilde diere. Dié krale was gewoonlik grotte of ’n oop stuk met mure van klip of takke. Die herder het dan in die ingang geslaap. Soos die herder omgegee het vir elke skaap, só gee die Goeie Herder sy lewe vir sy volgelinge (vgl Eseg 34:23) wat sy stem ken. Enigeen wat van sy skape leed wil aandoen, moet by die enigste ingang waar die Goeie Herder waghou, verby kom. Jesus is die ingang en die Goeie Herder.
Weg & Waarheid en die Lewe ;
Weg dui op ’n manier van leef. Daar word dikwels van ’n dieet, of oefening program verwys as ’n weg, Jesus is die beste manier om die lewe te leef.
Ware wynstok , )
Die beeldspraak aangaande die wingerdstok beklemtoon dat vrugbaarheid in die Christelike lewe spruit uit ’n bly in Christus. Al gaan Jesus ook weg, die eenheid met sy dissipels bly behoue. Die wingerd is ’n bekende beeld uit die Ou Testament, waar dit na die gelowige volk verwys (vgl. ; Jes. 5:1–7; ; Eseg. 19:10–14; ).

SKRYF 7 WOORDE NEER WAT JOUSELF BESKRYF?

Jan se voorbeeld: Spiritual Explorer & Reformer | Biblical Scholar & Theologian | Apostolic Pastor & Missionary | Relationship & HR Consultant | Social Reformer & Acculturalist | Peacemaker & Lobbyist | Speaker & Writer | Worshipper and unashamed follower of Jesus Christ.

DIE ‘EK IS’ BEGINSEL – GOD SE TEENMIDDEL TEEN MINDERWAARDIGHEID

Die mees belangrikste uitspraak in jou lewe begin met: Ek is… Jesus se versoeking het die “ek is” uitspraak in Sy lewe bevraagteken: “As jy dan regtig die Seun van God is,” () As die vyand ons onkant betrap rondom ons identiteit, dan vang Hy ons in Sy strik van leuens om uiteidelik sy wil te doen. () Dit is wesenlik belangrik dat ons elkeen moet weet ‘wie’ ons is. Jou skeppingsdoel is in werklikheid Christus. God het vooraf mense uitgesoek en besluit dat hulle soos sy Seun Jesus Christus moet word () Alhoewel ons nooit fisies soos Jesus kan wees nie, wil God dat ons soos Hy sal dink, optree en leef. Hy is die beste manier om te leef. Sy waardes en motiewe is suiwer! Hy is die volmaakte wil van God. Ons is dus die mooiste mense, wanneer ons die meeste soos Hy is. Die basis van ‘belief therapy’ wat in tronke en rehabilitasie sentrums gebruik word is: Wat jy oor jouself glo, bepaal jou gedrag en keuses.
Maar ons skeppingsdoel gaan ook verder as dit. God het ‘n plan met elkeen van ons, en sodra ons daardie plan verstaan kan ons ‘n lewe van sin en betekenis leef. () Die ‘ek is’ identiteit het niks te doen met wat ons kan doen en vermag nie. Because God created us as ‘Beings’ not ‘Doings’! Mense wat deur trauma gaan wil net iemand teenwoordig hê, jy hoef niks te doen nie. Ouer mense wat teen die einde van hulle leeftyd nie meer al die dinge wat hulle eers kon doen meer vermag nie, is nie nou minder werd en belangrik nie. Hulle teenwoordigheid, wie hulle was is vir ons belangrik! Jy is eerstens ‘n gees mens. Wie jy in die Gees is, jou teenwoordigheid, jou gesindheid is bepalend. Iemand met ‘n verkeerde gees, kan ‘n hele vertrek mense negatief beïnvloed. Die teendeel is ook waar! Iemand met ‘n positiewe ingesteldheid kan geskiedenis verander!

KYK NA DIE ROTS WAARUIT JY GEKAP IS:

Dis waarom Paulus die broeders vermaan: “Want let op julle roeping, broeders” () Hulle moes onthou hoe God hulle geroep het. Hulle was nie vername mense nie. Aanskou die rots waaruit julle gekap is en die holte van die put waaruit julle gegrawe is. () Jou redding en die manier hoe God jou red, kan betekenisvol wees om jour roeping te verstaan. Die man wat die bekende EE3 Evangelisasie tegniek en kursus ontwikkel het, het juis deur die 2 diagnostiese vrae tot bekering gekom. Die dinge waarvan die Here jou verlos het, en hoe hy jou verlos het kan ook nou vir ander van hulp wees. Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het; 9 en nadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat Hom gehoorsaam is, ’n bewerker van ewige saligheid geword () Selfs Jesus het ‘n liggaam nodig gehad wat hom voorberei is deur generasies heen. () Selfs jou ouerhuis en omstandighede waarin jy gebore is, is belangrik. Moet nie dit as ‘n vloek sien nie. Let op die insluiting van Jesus se geslagsregisters, om te toon dat Hy nie uit die lug uit geval het nie.

Profetiese Woord en Openbaring:

Die woord van die Here het dan tot my gekom en gesê: Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; en voordat jy uit die liggaam voortgekom het, het Ek jou geheilig; Ek het jou tot ’n profeet vir die nasies gemaak. () So het die Here vir Abraham, Moses, Samuel en nog baie ander geroep om vir Hom te werk. Wanneer ons God ontmoet, kry ons ons identiteit. Ons is juis identiteitloos omdat ons Hom nie ken nie. Adam en Eva het in ongehoorsaamheid die verhouding wat hulle met God gehad het verbreek en weggestap en sodoende hulle identiteit verloor. So het Esau dan sy eersgeboortereg verag. Ons eie drange en vleeslike begeertes mislei ons. Ons dink ons is die somtotaal van ons drange en begeertes. God het ‘n hoër doel met ons as mens, daarom het Hy ons geskape met goddelike vermoëns. Paulus was eers op ‘n verkeerde pad, omdat hy in die tradisies van sy voorvaders geloop het en nie geweet het wat hy doen nie. () Hy het ook deur profetiese woord van Ananias sy roeping ontvang. ()

“MAAR DEUR DIE GENADE VAN GOD IS EK WAT EK IS”

Paulus maak hierdie kragtige stelling in (). Hierdie is ‘n diep geestelike paradoks: Om self te verloën (; ) en uiteindelik net jouself te wees. Madame Guyon het dit verduidelik dat God soos met ‘n slang die gif uit ons ‘self’ wil haal om ons uiteindelik onsself gesond terug te gee. Die selfsug, ambisie, selfregverdiging, passiwiteit, trots, van die eie-ek verwoes ons lewe. As ons egter sterf tot hierdie self, gee Hy ons ‘self’ terug om in nederigheid, ootmoed, gehoorsaam aan Hom te lewe. Daar is ‘n unieke deel van die beeld van Christus in ons elkeen opgesluit. by the acknowledgment of every good thing which is in you in Christ Jesus ()

DIE BELANGRIKHEID VAN JOU NAAM:

Deesdae gee ons mense maklik byname, en noemname wat soms afbrekend is. Toe die koning van perse sy naam in die heilige skrifte sien, ‘n 100 jaar voor sy geboorte het dit hom geloof gegee om die magtige onpenetreerbare stad Babilon te verower. (; , , , )
Die Bybel gee talle voorbeelde van mense wat by hulle naam geroep is:
Die Here het My geroep van die moederskoot af, van my geboorte af het Hy my naam genoem. ()
Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; en voordat jy uit die liggaam voortgekom het, het Ek jou geheilig; Ek het jou tot ’n profeet vir die nasies gemaak. ()
Sommige se name word verander:
MAAR nou, so sê die Here, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne! ()
Ander vra die Here om hulle te seën, ten spyte van hulle naam:
Toe sy ma hom die naam Jabes gegee het, het sy gesê: “Ek het hom met smart in die wêreld gebring.” Jabes het die God van Israel aangeroep met die woorde: “Stort u seën oor my uit, vergroot my grondgebied, neem my onder u beskerming en weerhou onheil van my sodat geen smart my tref nie.” ( 10).
Wee hom wat die Here bevraagteken!
Wee hom wat vir die vader sê: Waarom verwek u? en vir die vrou: Waarom het u weë?

Jou identiteit in Christus is ‘n geskenk.

Ons kindskap, erflating, outoriteit, gesag, posisie is alles ‘n geskenk van Christus, uit die Vader se hart. Ons kan niks hiervan verdien of verwerf nie. Ons ontvang dus ons identiteit in die geloof, en werk en vestig ons identiteit wanneer ons begin doen, en leef volgens hierdie nuwe identiteit in Christus.

Die paradoks en ekstreem van die Ek is begrip.

Die vyand se eeu ou strategie om ons te kry om ‘n wonderlike voorsiening en waarheid van God te verwerp, is om dit verdraai. Sommige gebruik die Ek-Is beginsel om self te verheerlik, en in arrogansie op te tree as sogenaamde konings, regeerders, glorieryke leiers en mense verhewe bo ander. Jesus wat die volste reg gehad het om so te regeer, het eerder gekies om te dien, en homself te gee. Geen verheerlikte gebruik van titel benamings, spesiale klere, stoele, of eerbetoon. Jesus se outoriteit was gans anders as die van die mens. Gesaghebbers soek die eer, stemme en aansien van die mense om hulle gesag te gee. Want per definisie kan jy net dit gee wat jy het. Jesus het ware gesag gehad daarom kon Hy dit gee. Die mens het nie gesag nie, en probeer dit dan op vleeslike manier bekom Die posisie wat jy verkry deur die arm van die vlees, moet jy deur die vlees met moeite in stand hou. Die eerste eienskap van die EK-IS-LEWE is nederigheid, ootmoed, en sagmoedigheid, liefde, vrede, geloof, goedhartigheid, geduld en selfbeheersing!
Related Media
See more
Related Sermons
See more