Jesus Christus en Sy koninkryk

Dagbreek   •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 15 views
Notes
Transcript
Sermon Tone Analysis
A
D
F
J
S
Emotion
A
C
T
Language
O
C
E
A
E
Social
View more →
We subdue by submitting. We win by losing. We are made grand by making ourselves little. We come in first by becoming last. We are honored by being humble. We fill up with God by emptying out ourselves. We become wise by being fools. We possess all things by having nothing. We wax strong by being weak. We find life by losing ourselves in others. We live by dying.
Leonard Sweet

JESUS DIE KONING VAN ‘N ONWANKELBARE, EWIGE KONINKRYK

Maar van die Seun sê Hy: “U troon, o God, staan vir ewig vas, met u koninklike septer laat U reg geskied. het die reg lief en U haat die onreg. Daarom het God, u God, U onder groot vreugde tot Koning gesalf bo u tydgenote.” ()
U koningskap is 'n koningskap vir alle tye, u heerskappy strek oor die geslagte heen ()
Die Here regeer vir altyd. Sion, jou God regeer van geslag tot geslag. Prys die Here! ()
In die tyd van daardie konings sal die God van die hemel 'n koninkryk oprig wat nooit vernietig sal word nie. Hierdie koninkryk sal nie deur 'n ander vervang word nie. Dit sal die ander koninkryk plat trap en vernietig, maar self sal dit vir altyd bestaan ()
“Nog een maal sal Ek nie alleen die aarde laat bewe nie, maar ook die hemel.” Die woorde “nog een maal” laat duidelik blyk dat die geskape dinge, wat reeds aan die wankel is, finaal weggeneem sal word, sodat die onwankelbare dinge kan bly. Laat ons wat 'n onwankelbare koninkryk ontvang het, dan nou dankbaar wees. Laat ons God dankbaar dien met eerbied en ontsag, soos Hy dit wil, want ons God is 'n verterende vuur. ()

DIE BOODSKAP VAN DIE KONINKRYK WAS DIE HOOF TEMA VAN JESUS EN DIE APOSTELS SE PREDIKING:

Nadat Johannes in die tronk opgesluit is, het Jesus na Galilea toe gegaan en die evangelie van God verkondig. Hy het gesê: “Die tyd het aangebreek, en die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie.” ()
Maar Hy het vir hulle gesê: “Ek moet ook aan die ander dorpe die evangelie van die koninkryk van God verkondig, want daarvoor is Ek gestuur.” ()
In die tyd wat nou gevolg het, het Jesus die land deurkruis van die een stad en dorp na die ander. Oral het Hy gepreek en die evangelie van die koninkryk van God verkondig. ()
Hy het hulle verwelkom en met hulle gepraat oor die koninkryk van God, en dié wat genesing nodig gehad het, het Hy gesond gemaak. ()
“Laat die dooies hulle eie dooies begrawe, maar gaan verkondig jy die koninkryk van God.” ()
Maar toe Filippus die evangelie van die koninkryk van God en die Naam van Jesus Christus aan hulle verkondig het, het hulle gelowig geword, en mans sowel as vrouens is gedoop. ()
Paulus het drie maande lank met vrymoedigheid in die sinagoge geredeneer oor die koninkryk van God en die mense daarvan probeer oortuig. ()

‘N AGTERSTEVOOR ONDERSTEBO REGERING EN BEDRYFSTELSEL

Die swakkes is volwaardige burgers
Ek sal die kreupeles die oorblyfsel maak, die siekes 'n sterk nasie. Ek, die Here, sal op Sionsberg oor hulle heers, nou en vir altyd. ; “Ek sê vir julle: Onder die mense op aarde is niemand gebore wat groter as Johannes is nie, en tog is die geringste in die koninkryk van God groter as hy.” ()
Volwassenheid is om soos ‘n kind te word.
In daardie tyd het die dissipels by Jesus gekom met die vraag: “Wie is die belangrikste in die koninkryk van die hemel?”Hy het ’n kindjie nader geroep en hom tussen hulle laat staan en gesê: “Dit verseker Ek julle: As julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemel kom nie. Wie homself gering ag soos hierdie kindjie, hy is die belangrikste in die koninkryk van die hemel. 5En wie so ’n kindjie in my Naam ontvang, ontvang My.” (; ; , ; ; ; ; ; ; ; )
As jy wil lewe moet jy sterwe
“As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg, want wie sy lewe wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry. ()
Ons veg harder deur harder te rus.
If you learn to rest more, you will see more provision, more victory, more revelation, more healing in your life! ()
Ons kry meer, deur meer te gee.
Dink daaraan: wie karig saai, sal karig oes; en wie volop saai, sal volop oes. (; )
Ons weerstaan die bose deur die teenoorgestelde gees.
Ware kinders van God leef volgens 'n goddelike koninkryk bedryfstelsel. Omdat ons uit God gebore is, doen ons dinge anders as die kinders van die wêreld. Ons doen dinge in die teenoorgestelde gees, want ons het en is besig, om aan self te sterf. Ons het ons vyande lief, ons seën die wat ons vloek, en ons bid vir die wat ons misbruik.
Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie. ()
Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle nie teen ’n kwaadwillige mens verset nie. As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe. As iemand jou hof toe wil vat om jou onderklere te eis, gee hom ook jou boklere. ()
As iemand jou op die een wang slaan, bied hom ook die ander een aan. En vir iemand wat jou boklere vat, moet jy ook jou onderklere nie weier nie. Aan elkeen wat iets vra, moet jy gee; en as iemand jou goed vat, moet jy dit nie terugeis nie. ()
Word ons uitgeskel, ons seën; word ons vervolg, ons verdra dit; word ons belaster, ons troos ( )
‘n sagte antwoord keer die grimmigheid af;
’n SAGTE antwoord keer die grimmigheid af, maar ’n krenkende woord laat die toorn opkom. ()
God se koninkryk is nie ’n destinasie nie… dis ’n lewenstyl
the kingdom of God is in your midst.” For behold, the kingdom of God is within you [in your hearts] and among you [surrounding you]. Because God’s kingdom is already among you.” Leo Tolstoy spent most of his old age writing a book called, "The Kingdom of God is Within You"
God se koninkryk is in jou. ()
maar ook in ons saam. ()
God se koninkryk is nie geboue en katedrale nie:
’n gebou () dis die kondisie van jou hart. Gelykenis van die Saaier. ()

WAT IS DIE KONINKRYK?

Want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees. (Romeine 14:17) Met ander woorde die koninkryk is om met God reg te wees. Hierdie regte posisie, Sy genade-geskenk aan ons, Sy geregtigheid verander ons vertrekpunt. Ons begin altyd in Hom. Ons begin deur te ontvang!

VOORWAARDES OM DIE KONINKRYK TE ONTVANG:

Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel. ()
Luister, my liewe broers! Kies God nie juis dié uit wat in die oë van die wêreld arm is, om ryk te wees in die geloof en om die koninkryk in besit te neem wat Hy belowe het aan dié wat Hom liefhet nie? ()
Geseënd is julle wat arm is, want aan julle behoort die koninkryk van God. ()
Geseënd is dié wat vervolg word omdat hulle doen wat reg is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel. ()
“Wie dan ook een van die geringste van hierdie gebooie ongeldig maak en die mense so leer, sal die minste geag word in die koninkryk van die hemel. Maar wie die wet gehoorsaam en ander so leer, sal hoog geag word in die koninkryk van die hemel. Ek sê vir julle: As julle getrouheid aan die wet nie meer inhou as dié van die skrifgeleerdes en die Fariseërs nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemel ingaan nie.” ()
"the kingdom does not come with observation" ()
“Dit verseker Ek julle: As julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemel kom nie. ()
“Dit verseker Ek julle: 'n Ryk mens sal moeilik in die koninkryk van die hemel kom. Ek stel dit nog sterker: Dit is makliker vir 'n kameel om deur die oog van 'n naald te kom as vir 'n ryke om in die koninkryk van God te kom.” ()
Dan sal die Koning vir dié aan sy regterkant sê: ‘Kom, julle wat deur my Vader geseën is! Die koninkryk is van die skepping van die wêreld af vir julle voorberei. Neem dit as erfenis in besit, want Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink; Ek was 'n vreemdeling, en julle het My gehuisves; Ek was sonder klere, en julle het vir My klere gegee; siek, en julle het My verpleeg; in die tronk, en julle het My besoek.’ ()
“Pragtig, Meneer!” sê die skrifgeleerde vir Hom. “Dit is waar wat u gesê het: ‘Die Here is die enigste God,’ en ‘daar is geen ander God as Hy nie.’ En ‘om Hom lief te hê met jou hele hart en met jou hele denke en met al jou krag’ en ‘om jou naaste lief te hê soos jouself’ is van meer belang as al die brandoffers en ander diereoffers.” Toe Jesus hom so verstandig hoor praat, sê Hy vir hom: “Jy is nie ver van die koninkryk van God af nie.” ()
“Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is. Baie sal daardie dag vir My sê: ‘Here, Here, het ons dan nie in u Naam gepreek nie, deur u Naam bose geeste uitgedryf en deur u Naam baie wonders gedoen nie?’ Dan sal Ek openlik vir hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af, julle wat die wet van God oortree.” ()
“Dit verseker Ek julle: Daar is niemand wat ter wille van die koninkryk van God afgesien het van huis of vrou of broers of ouers of kinders nie, of hy ontvang in hierdie tyd al baiekeer soveel terug, en in die tyd wat kom, die ewige lewe.” ()
“Iemand wat die hand aan die ploeg slaan en aanhou omkyk na wat agter is, is nie geskik vir die koninkryk van God nie.” ()
“Dít verseker Ek jou: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.” ()
Hulle het die gelowiges geestelik versterk en hulle aangespoor om getrou te bly in die geloof. “Ons sal eers deur baie verdrukking moet gaan voordat ons in die koninkryk van God kom,” het hulle gesê. ()

WAAR IS DIE KONINKRYK?

En hulle sal nie sê: Kyk hier! of: Kyk daar! nie; want die koninkryk van God is binne-in julle. (Lukas 17:21)

DIT IS ‘N GEESTELIKE KONINKRYK.

“My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie,” antwoord Jesus. “As my koninkryk van hierdie wêreld was, sou my onderdane geveg het sodat Ek nie aan die Jode uitgelewer sou word nie. Maar nou is my koninkryk nie van hier nie.” ()
Die koninkryk van God is immers nie 'n saak van praatjies nie, maar van krag. ()
Wat ek bedoel, broers, is dit: vlees en bloed kan nie aan die koninkryk van God deel kry nie. Die verganklike kan nie aan die onverganklike deel kry nie. ()

HOE WEET EK, EK IS IN DIE KONINKRYK?

Vrede en Blydskap in die Heilige Gees – ()

WAT ONTVANG EK AS KONINKRYKSBURGER?

Erflating saam met Christus – (Jak 2:5)
Outoriteit oor boosheid – (; )
‘n Koninkryk wat nie geskud kan word nie – ()
Verstaan die geheimenisse van God – ()

HOE ONTVANG EK DIE KONINKRYK?

aan hom egter wat nie werk nie, maar glo in Hom wat die goddelose regverdig, word sy geloof tot geregtigheid gereken.(Romeine 4:5) Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie. (Efesiërs 2:8-9)
Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. ()
Sola Christos (Christus alleen)
Sola Pistos (Geloof Alleen)

WAT IS DIE WARE BETEKENIS VAN “NEEM DIE KONINKRYK DEUR GEWELD?

Maar van die dae van Johannes die Doper af tot nou toe word die koninkryk van die hemele bestorm, en bestormers gryp dit met geweld.
Sedert die dae van Johannes die Doper tot nou toe breek die koninkryk van die hemel vir homself 'n pad oop, en mense wat hulle kragtig inspan, kry dit in besit. ()
“Vandat Johannes die Doper begin preek het tot vandag toe is die nuwe ryk waarin God regeer, besig om deur elke weerstand te breek, en mense wat al hulle kragte daarop konsentreer, maak dit hulle eie. Dwarsdeur die Skrif, in die wet van Moses en al die profete wat voor Johannes daar was, word daar voorspel dat God op ’n nuwe manier gaan regeer. En as julle gewillig is om te glo wat hulle gesê het, sê Ek nou: Johannes is die Elia wat sou kom. Elkeen wat kan hoor, moet mooi hierna luister. “Maar wat sal Ek van hierdie volk sê? Waarmee kan Ek hulle vergelyk? Hulle is soos kinders wat op die markplein speel en die een groep sê dan vir die ander: ‘Ons het vir julle ’n vrolike wysie gespeel maar julle wou nie dans nie. Toe het ons vir julle ’n begrafnislied gesing maar julle wou ook nie treur nie!’ Want Johannes die Doper het gekom en hy het baiemaal gevas. Toe sê hulle hy het ’n duiwelse gees in hom. Daarna het Ek, die Redder, gekom en Ek het geëet en gedrink. Toe sê hulle Ek is ’n drinker en ’n vraat en boonop nog ’n vriend van slegte mense en van die veragte belastingagente! Maar ’n mens kan sien dat God se wysheid reg is as jy na die resultate daarvan kyk!” ().
βιαστής biastḗs; gen. biastoú, masc. selfstandige naamwoord uit biázō (971), om geweld te ly, maar ook om in te haal of in te druk sonder behoorlike gedagtes en berou. 'n Geweldige persoon, een wat geweld gebruik, maar ook iemand wat haas om iets wat goed lyk, aan te gryp sonder om die gevolge van so 'n aksie te meet.
ἁρπάζω harpázō; fut. harpásō, aor. slaag. hērpásthēn, 2d aor. slaag. hērpágēn. Om te gryp, bederf, vlug weg. Dit dui op 'n oop daad van geweld in teenstelling met slinkse en geheime steel. wat geweld beteken om te gryp, weg te steek of vir jouself te neem
Die fokus dus van hierdie vers is nie, hoe hard jy werk om die koninkryk te bestorm met geweld nie. Wanneer God die Vader Sy koninkryk as geskenk () deur die prediking van die Woord en die demonstrasie van die Gees gee, () want dit het naby gekom, () moet jy dit aangryp. Jou eie maak! Soos ‘n dief wat iets neem wat nie aan jou behoort nie. Ons het ook nie die koninkryk en geskenk verdien nie, daarom die idee is om dit te gryp, in besit te neem, vir jou self toe-te-eien.
"Maar vir wat sal ek hierdie geslag vergelyk?" Sien . Praat van kinders wat nie kan besluit watter liedjie om te sing en watter spel om te speel nie. Nie Johannes of Jesus kon hulle kry om 'n besluit te neem nie. Die een vas, die ander nie. Die roulied herinner aan Johannes se prediking van oordeel en strawwe lewensstyl, die berou tot bekering (3: 2). Die speel van die fluit staan ​​vir Jesus se verkondiging van die evangelie, die dans van die vreugde wat sy boodskap bring. Maar in werklikheid "hierdie geslag" verwerp beide Johannes en Jesus (verse 18-19a).
Die goddelikheid van Christus se natuur, en geregtigheid moet geneem word, ontvang as 'n geskenk, gou wanneer dit kom. (; ; )
Ons sukkel om dit reg te kry: Felix kan nie tot besluit kom nie. ()
Ook nie Agrippa nie: "Jy het my amper oorreed om 'n Christen te word." ()
Maar wysheid is geregverdig deur haar kinders. "(). Tog is wysheid geregverdig en geregverdig deur wat sy doen (haar dade) en haar kinders. Ja, die toets vir die wysheid is die resultaat wat dit voortbring. Wysheid, God se aangewese weg, word vereer en gedemonstreer in die lewensstyle van beide Johannes en Jesus. Ten spyte van die groot verskille in hul gedrag, was elkeen getrou aan God se aangewese taak.
Carpe diem is a Latin aphorism, usually translated "seize the day", taken from book 1 of the Roman poet Horace's work Odes (23 BC).[1] Carpe is the second-person singular present active imperative of carpō "pick or pluck" used by Horace to mean "enjoy, seize, use, make use of".[2] Diem is the accusative of dies "day". A more literal translation of carpe diem would thus be "pluck the day [as it is ripe]"—that is, enjoy the moment.
Gryp die dag, maak die beste gebruik van vandag se kanse.
live for the day
stay alive for today
pluck the day
seize the present day
Related Media
See more
Related Sermons
See more