Die Bonatuurlike Jesus

Dagbreek 2019  •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 11 views
Notes
Transcript
Sermon Tone Analysis
A
D
F
J
S
Emotion
A
C
T
Language
O
C
E
A
E
Social
View more →
Jesus was volkome mens, maar Sy lewe was ook bonatuurlik: Sy geboorte deur ʼn maagd (, ; Jes 7:13-16; ), al Sy wondertekens en kragtige dade (; ; ), en Sy opstanding (; , ; ; ; ; ; ; ; ; ; ; ; ).
Volgens die Synoptic Gospel, is daar 83680 direkte woorde van Jesus opgeteken, waarvan 31426 oorspronklik is, en nie herhalings nie. ‘n mens praat gemiddeld 125 – 150 woorde per minuut. Teen 130 woorde per minuut kan Jesus se Woorde in net so onder die 4 ure gelees word. Dus het Jesus nie so baie gesê nie. Jesus se Woorde wil geleef word. Dis nie kennis nie, dis kennis met wysheid en waarheid gemeng. Derduisende boeke en kommentare is al geskryf oor Jesus se woorde. Maar dit baat mens niks as jy nie Sy woorde begin leef nie. Die krag van Jesus se Woorde was Sy demonstrasie daarvan.
Hoe sou die kerk vandag daar uitgesien het as ons nooit die bonatuurlike demonstrasie van die krag van God beperk en verloor het nie? Veronderstel iemand wat nog nooit in ʼn kerk was nie kom tot bekering en bestudeer dan die Evangelies saam met Handelinge? Sê nou ons stuur dan die persoon in vandag se kerke in – sou ons kerke vandag vir hom dieselfde boodskap kan demonstreer? Sou die persoon beleef hy stap in die bladsye van die Skrif in terwyl hy in ons midde verkeer?
Indien jou soeke is om meer soos Jesus te leef, kan jy nie Sy bonatuurlike bediening ignoreer nie. Dit staan sentraal tot wie Hy op aarde was. Ons verkies egter altyd die dele van Jesus se lewe waarvan ons hou en wat ons dalk self kan regkry! Ons vermy die onmoontlik-vir-self aspekte! Dit is juis hierdie dele van Sy lewe wat deur die eeue die meeste kontroversie veroorsaak het. Sommige vervals die bonatuurlike en gebruik dit, soos die geldwisselaars, om mense te trek en meer geld te maak. Die verdraaiing, vervalsing en uit verband trek van die bonatuurlike is waarom sommige kerke en gelowiges dit eerder vermy.
The secret is, there is no formula, no mathematical progression, no tradition that can reproduce the supernatural all the time. We have to get it by faith from the spiritual realm according to the plan and purposes of God the Father and of our Lord Jesus Christ, communicated to us through the blessed Holy Spirit.
Dis die vyand se eeue oue strategie om ons weg te draai van God se voorsiening. Omdat ons dan uitgehonger raak vir Sy volheid, soek ons versadiging op ander plekke en op ander maniere. So is seksuele intimiteit ʼn wonderlike, vervullende voorsiening vir ʼn man en vrou in die huwelik. Deur satan se verdraaiing, besoedeling en onbehoorlike gebruik van God se voorsiening, draai ons teen hierdie voorsiening, ons verwerp dit, ons raak onkundig en onbeholpe, en veroorsaak nog meer skade. Goddelike, vaderlike, heilige leierskap is ʼn wonderlike voorsiening vir die mensdom, maar die korrupsie van vals leiers bring verskrikking en verwoesting. Beplanning, administrasie en harde werk is ʼn wesenlike deel van God se voorsiening, maar ons verdraai dit in absolute beheer en slawerny.
Ons het veral nodig dat Christus weer die plek en verstaan van die bonatuurlike goddelike element van die evangelie in ons harte sal benadruk, ons sal reformeer en geloof in ons harte sal bewerk omdat Hy graag met ons wil saamwerk.
We are all immersed in a vast sea of unseen forces. Can you see radio waves? Or, for example, the magnetic fields by which the stars keep their ancient places? All around us, even going through our very bodies, are powerful emissions which we can detect only by instruments. Some radiation could destroy us before we ever felt it. Human perceptions are very limited. Even your cat can hear what you can’t. A snake can sight its prey in the pitch darkness. The first words Jesus said to His disciples were “Come and see!” (). He came to make us see, and see in the dark. The great theme in John’s Gospel is “inner sight”, seeing more than meets the eye. Spiritual reality belongs to a different order. Physical eyes can’t discern the spiritual. John mentions that some witnessed Christ’s miracles and made nothing of them. The visible displays invisible – “the heaven’s declare the glory of God”, but not to those without faith. Another thing is that at present the world lies in wickedness and spiritual darkness. The unseen is doubly unseen. Faith in God is like a lamp, which is of no use in daylight. The only chance faith will ever get is now, in a world of darkness, sin and trouble. It can’t operate in heaven where the Lamb is the light. “Now we see through a glass, darkly, but then face to face, (but) now remains faith” (,). God bless you. REINHARD BONNKE

JESUS SE LEWE WAS BEWESE BONATUURLIK!

Genesings, wonderwerke en bevryding van die bose was deurentyd deel van Sy bediening!
Hy het toe in die hele Galilea rondgegaan en die mense in hulle sinagoges geleer, die evangelie van die koninkryk verkondig en elke soort siekte en kwaal onder die volk gesond gemaak. En berigte oor Hom het deur die hele provinsie Sirië versprei. Die mense het toe die siekes met allerhande kwale en pyne, dié wat in die mag van bose geeste was, geestelik versteurdes en verlamdes na Hom toe gebring, en Hy het hulle gesond gemaak. Groot menigtes uit Galilea, Dekapolis, Jerusalem, Judea en van oorkant die Jordaan af het Hom gevolg (; ).
Toe dit aand geword het en die son al onder was, het die mense al die siekes en dié wat in die mag van bose geeste was, na Hom toe gebring. Die hele dorp het by die deur van die huis saamgedrom. Hy het baie siekes wat allerhande kwale gehad het, gesond gemaak en baie bose geeste uitgedrywe. Hy het die bose geeste nie toegelaat om te praat nie, omdat hulle geweet het wie Hy is. Die môre vroeg, toe dit nog nag was, het Hy opgestaan en buitentoe gegaan na 'n eensame plek en daar gebid. Simon en dié wat by hom was, het Hom egter gesoek, en toe hulle Hom kry, sê hulle vir Hom: “Almal soek U.” Maar Hy antwoord hulle: “Laat ons êrens anders heen gaan, na die nabygeleë dorpies toe, sodat Ek daar ook kan preek, want daarvoor het Ek gekom.” Hy het toe gegaan en dwarsdeur Galilea in hulle sinagoges gepreek en bose geeste uitgedrywe (; ; ; ).
Met sononder het almal hulle siekes, wat aan allerhande kwale gely het, na Hom toe gebring. Hy het hulle een vir een die hande opgelê en hulle gesond gemaak. Ook bose geeste het uit baie uitgegaan terwyl hulle skreeu: “U is die Seun van God!” En Jesus het hulle skerp aangespreek en hulle nie toegelaat om sulke dinge te sê nie, omdat hulle geweet het dat Hy die Christus is ().
. . . met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy het die land deurgegaan, goed gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was, omdat God met Hom was (Hand 10:38).
Jesus het al die dorpe en klein plekkies besoek. Hy het die mense in hulle sinagoges geleer, die evangelie van die koninkryk verkondig en elke soort siekte en kwaal gesond gemaak. Toe Hy die menigtes sien, het Hy hulle innig jammer gekry, want hulle was moeg en hulpeloos soos skape wat nie 'n wagter het nie. Hy sê toe vir sy dissipels: “Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes” ().
Hulle het toe vertrek en van die een dorp na die ander gegaan om oral die evangelie te verkondig en siekes gesond te maak ().
Aangesien Ek dus deur die vinger van God bose geeste uitdryf, het die koninkryk van God inderdaad tot by julle gekom ().

SY DISSIPELS IS BEVEEL OM DIESELFDE TE DOEN:

Gaan verkondig: “Die koninkryk van die hemel het naby gekom.” Maak siekes gesond, wek dooies op, reinig melaatses en dryf bose geeste uit. Julle het dit verniet ontvang, gee dit ook verniet ().

DIE BOODSKAP MOET MET DEMONSTRASIE GEPAARD GAAN:

Die boodskap wat ek verkondig, het julle oortuig, nie deur geleerdheid en welsprekendheid nie, maar deur die kragtige werking van die Gees. Dus is julle geloof nie op die wysheid van mense gegrond nie, maar op die krag van God (1 Kor 2:4-5).
Mense plaas hulle geloof in metodes, resepte, tegnieke, mense, godsdiens en eiegeregtigheid eerder as om hulle hoop volkome en alleenlik in Christus te plaas! HY soek ons hart, nie ons godsdiens-speletjies nie! Sommige predikers gebruik aanhalings van bekendes, slim stories met power point-voorstellings, maar dit het geen mag en vermoë om mense, vasgevang in sonde, vry te maak nie! Jou prediking moet gepaardgaan met ʼn bewese demonstrasie en aktivering van geloof in mense se harte. Die boodskap wat ek verkondig, het julle oortuig, nie deur geleerdheid en welsprekendheid nie, maar deur die kragtige werking van die Gees. Dus is julle geloof nie op die wysheid van mense gegrond nie, maar op die krag van God (1 Kor 2:4-5). Die koninkryk van God is immers nie ʼn saak van praatjies nie, maar van krag (1 Kor 4:20).
Inligting verander nie mense se gedrag nie. Dit kos ʼn radikale ingryping van verlies, siekte en ʼn konfrontasie met Waarheid. Mag die Heilige Gees Jesus in ons midde openbaar en ons lei na die Vader. Beide die prediking van die Woord en die demonstrasie van die Gees is noodsaaklik. Die een kan nie sonder die ander nie. Die Woord bied die grondmateriaal en die Gees bied die lewe.
Die Woord sonder die Gees is dood (2 Kor 3:6). Maar die Gees sonder die Woord, lei tot wanorde en selfgerigtheid (1 Kor 14).
Ek sal dit nie waag om oor iets anders te praat as oor wat Christus deur my tot stand gebring het om heidennasies aan God gehoorsaam te maak nie. Dit het Hy deur my gedoen met woord en daad, deur kragtige tekens en wonders, in die krag van die Gees van God ().
Want die evangelie wat ons aan julle verkondig het, het nie bloot met woorde tot julle gekom nie, maar ook met krag en deur die Heilige Gees en met volle oortuiging. Julle weet trouens hoe ons by julle opgetree het, en dít om julle ontwil. En julle het ons voorbeeld gevolg en volgelinge van die Here geword. In baie moeilike omstandighede het julle die woord aangeneem met ʼn blydskap wat van die Heilige Gees kom (1 Tess 1:5).
Hierdie saligheid is immers deur die Here verkondig, deur wie dit sy oorsprong het, en is aan ons bevestig deur dié wat dit gehoor het. Daarby het God ook saam getuig deur tekens en wonders en ook deur allerhande kragtige dade en gawes van die Heilige Gees, soos Hy dit toebedeel het volgens sy wil ().
God bevestig nie die persoon nie, Hy bevestig Sy Woord. Die woord van ons getuienis (Op 12:10).
Die verkondiging van die evangelie van verlossing wek geloof vir mense om gered te word. Op dieselfde manier wek ons getuienisse van genesing, geloof in mense vir hulle eie genesing en bevryding.

DIE HERE WERK SAAM MET ONS

Hulle het toe die evangelie oral gaan verkondig, en die Here het met hulle saamgewerk en hulle prediking bekragtig deur die wondertekens wat daarop gevolg het ().
“En nou, Here, kyk hoe dreig hulle ons. Gee dat u dienaars met volle vrymoedigheid u woord sal verkondig. Laat u hand genesing bring, en laat daar tekens en wonders plaasvind deur die Naam van u heilige Dienaar, Jesus.” Nadat hulle gebid het, het die plek waar hulle bymekaar was, geskud. Hulle is almal met die Heilige Gees vervul en het met vrymoedigheid die woord van God verkondig (Hand 4:29-31).
Daarby het God ook saam getuig deur tekens en wonders en ook deur allerhande kragtige dade en gawes van die Heilige Gees, soos Hy dit toebedeel het volgens sy wil ().

DIE KRAG VAN JESUS WORD OP VYF MANIERE GEDEMONSTREER:

1) Die krag van Sy woord. Hulle was verbaas oor sy leer, want Hy het met gesag gepraat (, ; ; ; ; ; ; ; ; ; ; ; ; ). “Verslae”; “verslae”; “baie verslae”; “verslae”; “verslae”; “verslae”; “uitermate verslae”; “uitermate verslae”; “verslae”; “verslae”; “verslae”; “verslae”; “verslae” (OAV). Verslaentheid is sonder uitsondering die reaksie. Die woord eksplessomai beteken: “Ek is verstom/oorbluf, verbysterd” (Souter). “Verwonderd . . . oorweldig (lett. uit jou verstand uitgeslaan)” (Arndt en Gingrich).
2) Die krag van Sy belofte. Die transformerende krag van Jesus om ons nuwe mense te maak. Jesus verander water in wyn. Dit wat jare neem om te verouder en kwaliteit aan te neem, doen die Here in ʼn sekonde toe hulle Hom gehoorsaam ().
3) Die krag van Sy aanraking. Toe steek Jesus sy hand uit, raak hom aan en sê: “Ek wil. Word gesond!” En sy melaatsheid was onmiddellik weg (). En die hele skare het probeer om Hom aan te raak, omdat krag van Hom uitgegaan het, en Hy het almal gesond gemaak (). Jesus het ook self onmiddellik geweet dat daar van Hom krag uitgegaan het. Hy het Hom in die gedrang omgedraai en gevra: “Wie het aan my klere geraak?” ().
4) Die krag van Sy vergifnis. Jesus vergewe die vrou wat in die daad van egbreek gevang is (,). Toe Jesus die geloof van die mense sien wat die verlamde man deur die dakteëls laat sak sê Hy: “Mens, jou sondes is jou vergewe” (). Die vrou wat ʼn sondige lewe gelei het, kom breek duur albaste fles met olie op sy voete (). Jesus sê: “Jou sonde is vergewe!” (v. 48)
5) Die krag van Sy voorsiening. Vermeerdering van die brode: Met vyf brode en twee vissies voed Hy 5 000 mans en 12 mandjies bly oor (). Met sewe brode voed Hy 4 000 mense en daar was sewe mandjies oor (). Jesus betaal Sy en Petrus se tempelbelasting deur ʼn muntstuk gevind in ʼn bek van ʼn vis ().

WAT ONTSLUIT DIE BONATUURLIKE WERKING VAN DIE GEES?

Deernis (compassion):

The Bible says, “And when Jesus went out He saw a great multitude; and He was moved with compassion for them, and healed their sick” (). Notice that the miracle of healing was a by-product of compassion. This is the Greek word splagchnizomai, which means to be “moved in one’s bowels” or “seat of love”. Compassion is the divine ability to empathize with the pain and suffering of others. Jesus always walked in compassion.
Hy het hulle innig jammer gekry en die siekes onder hulle gesond gemaak ().

Geloof:

Die volgende wondertekens sal voorkom by dié wat glo: in my Naam sal hulle bose geeste uitdrywe; in ander tale sal hulle praat; met hulle hande sal hulle slange optel, en as hulle iets drink wat dodelik giftig is, sal dit hulle geen kwaad doen nie; hulle sal siekes die hande oplê, en dié sal gesond word ().
These signs will follow those WHO BELIEVE ()

Nabyheid (proximity):

Nabyheid, gebed, gehoorsaamheid, samehorigheid, eenheid. Bly in my (). Allerhande wonderwerke het gebeur deur die handelinge van die apostels, omdat daar eenheid was (Hand 1:14; 2:1; 46; 4:24, 32; 5:12; 8:6; 15:25).
And the power of the Lord was [present] with Him to heal them ().

Jesus Genees op verskillende maniere:

God nie net besorg oor die genesing van ons liggame nie. Hy wil ook hê dat ons ’n sekere lewenswyse aanleer. Jy self is verantwoordelike vir jou gesondheid, en moet in die geloof handel, na noukeurige ondersoek.
Bely julle sonde: Ouderlinge salf met olie: Dokters: Geneeshere is vir die siekes ; ; . Daar word na Lukas verwys as die “geliefde geneesheer” .Mediese versorging, die barmhartige samaritaan verbind die man, en salf sy wonde. Lukas 10:33–34.Alternatiewe geneeskunde: Gebruik bietjie wyn vir die ontsteldheid met die maag. 1 Timotheus 5:23 Ons teenwoordigheid bring genesing: Die blare van die boom is tot genesing van die nasies’ (Openbaring 22:2; ; ; . Die Woord van God genees. Toe Jesus hulle geloof sien: ; :29Vergifnis: Vereenselwig deur die Nagmaal met Sy lyding: 1 Korintiërs 11:28–30Lofprysing: “Loof die Here, o my siel, en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam! Loof die Here, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie! Wat al jou ongeregtigheid vergewe, wat al jou krankhede genees”. –3Lappies wat gesalf is: Hande Oplegging: Markus 6:5, 13; 16:15, 17–18.Duiwels uitgedryf: ; ;
OUR PRAYER:
God, grant us the humility to contain a greater measure of Your glory. The fearless radical faith to pursue the full promise and reality of your Kingdom. Let our hearts be pure, and our lives blameless. Glorify Yourself through and in us, so that people may believe Your Word is true and that the message of the Kingdom/cross really works and is reliable to trust and follow as the only way to live life.
May our lives inspire and encourage co-pilgrims to continue in the Way. May our lives be a sign, an evidence, and a proof of the power of Your grace, the completeness of your deliverance, and the depth of your love. Grant us the power and the means of grace to become more like Jesus, in thought, speech, actions, values and habits so that whether consciously or not we may reveal Christ to the world. Inhabit our bodies, our minds, our dreams, our lives with your holy presence. Let us execute your will in everything we do.
Lead us into a deeper and more directed prayer life. Our strength and purpose is seeing your joy. Your joy, pleasure and approval is our purpose. Lead us to the place where obedience is rewarded with friendship, your instructions becomes our purpose, and you finish your will in us. Make us ever more sensitive, responsive, leaning towards your voice, concerning everything. Keep us in this place of total surrender.
Purify us, oh God, of any double standards, compromise and duality. Make us steadfast in the knowledge of your abiding righteousness. Lead us into longer periods of fasting, separation, fleeing the things of the world. Let us live settled in the rhythms of your grace and sufficient provision. Lord, our heart cries out to You for help! We need You! This region needs You! Manifest the fullness of Christ in us, the hope of Glory.
Related Media
See more
Related Sermons
See more