Goeie Leiers

Acts  •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 11 views
Notes
Transcript
Sermon Tone Analysis
A
D
F
J
S
Emotion
A
C
T
Language
O
C
E
A
E
Social
View more →

Vervang die Verraaier

Acts 1:12–26 AFR1983
12 Daarna het hulle na Jerusalem toe teruggegaan van die berg af. Dit is die Olyfberg, vlak by die stad, ’n sabbatsreis ver. 13 In die stad aangekom, is hulle na die bovertrek toe waar hulle gewoonlik vertoef het. Dit was Petrus en Johannes, Jakobus en Andreas, Filippus en Tomas, Bartolomeus en Matteus, Jakobus seun van Alfeus, Simon die Seloot en Judas seun van Jakobus. 14 Hulle het almal eensgesind volhard in die gebed saam met ’n aantal vroue, onder wie ook Maria die moeder van Jesus. Sy broers was ook by. 15 In daardie tyd was daar ’n byeenkoms van die sowat honderd en twintig gelowiges. Petrus het die leiding geneem en gesê: 16 “Broers,die Skrifwoord wat die Heilige Gees tevore by monde van Dawid oor Judas uitgespreek het, moes vervul word. Hy is as een van ons gereken en is ook gekies om ’n aandeel in ons werk te hê, maar hy het die gids geword van dié wat vir Jesus gevange geneem het. 18 “Met die geld wat Judas vir sy misdaad gekry het, het hy ’n stuk grond gekoop. Daar het hy vooroor geval en oopgebars, en al sy ingewande het uitgepeul. 19 Dit het bekend geword onder al die inwoners van Jerusalem. Daarom word die plek in hulle taal Akeldama genoem. Dit beteken Bloedgrond. 20 “In die boek van die Psalms staan daar: Laat sy woonplek leeg word; laat niemand daarin woon nie, en: laat ’n ander sy amp oorneem. 21 “Daar moet dus nog ’n getuie van Jesus se opstanding by ons gevoeg word. Dit moet een van die manne wees wat saam met ons rondgegaan het die hele tyd toe die Here Jesus in die openbaar opgetree het, vandat Hy deur Johannes gedoop is totdat Hy van ons af in die hemel opgeneem is.” 23 Hulle stel toe twee voor: Josef, wat ook Barsabbas of Justus genoem word, en Mattias. 24 En die gelowiges het gebid: “Here, U wat die harte van almal ken, wys die een aan wat U uit hierdie twee verkies het 25 om as apostel te dien in die plek wat Judas leeg gelaat het toe hy gegaan het na waar hy hoort.” 26 Hulle het geloot, en die loting het vir Mattias aangewys. So is hy gekies as die twaalfde apostel.

Inleiding

Die eerste groot verandering in die jong kerk kon maklik in groot chaos uitgedraai het.
Dit het nie.
Meeste mense hou nie van verandering nie.
Ten minste nie wanneer die verandering op ons afgedwing word nie.
Maar, die feit van die lewe vir Christene is dat ons konstant in ‘n staat van verandering is.
Ons Here veroorsaak verandering sodat jy sal verander.
Hierdie eerste groot verandering in die kerk help ons om groot veranderinge in ons lewens beter te hanteer.
Drie eienskappe van Christene se lewensuitkyk wat ons help om te verstaan hoe ons in tye van verandering moet optree:
1. Ons moet Onderdanig en Gehoorsaam wees (v12-15)
2. Ons moet God se plan Erken en Aanvaar (Selfmoord van Judas) (v15-20)
3. Ons moet die uniekheid van ons geloof verstaan en uitlewe (v21-26)

1. Ons moet Onderdanig en Gehoorsaam wees (v12-15)

Acts 1:12–15 AFR1983
12 Daarna het hulle na Jerusalem toe teruggegaan van die berg af. Dit is die Olyfberg, vlak by die stad, ’n sabbatsreis ver. 13 In die stad aangekom, is hulle na die bovertrek toe waar hulle gewoonlik vertoef het. Dit was Petrus en Johannes, Jakobus en Andreas, Filippus en Tomas, Bartolomeus en Matteus, Jakobus seun van Alfeus, Simon die Seloot en Judas seun van Jakobus. 14 Hulle het almal eensgesind volhard in die gebed saam met ’n aantal vroue, onder wie ook Maria die moeder van Jesus. Sy broers was ook by. 15 In daardie tyd was daar ’n byeenkoms van die sowat honderd en twintig gelowiges. Petrus het die leiding geneem en gesê:
Die engele vra vir die dissipels: “Wat staar julle so, het julle nie werk nie”?
En die dissipels luister.
Nie uit gehoorsaamheid aan die engele nie, maar omdat die engele hulle slegs herinner het aan wat Jesus gesê het.
Hulle gaan terug Jerusalem toe - daar is waar hulle krag sal ontvang.
Sodat Theofillus en ons verstaan waar hierdie dinge plaasgevind het - en om bewyse van die waarheid te versterk, skryf Lukas:
“..Dit is die Olyfberg, vlak by die stad, ’n sabbatsreis ver.”
‘n Sabbatsreis is ongeveer 900m vanaf jou huis.
Oorsprong - dae in die wildernis was die verste tente van die tabernakel af ongeveer 900m
Die Israeliete was verbied deur die wet om vêr te loop op die Sabbat - aangesien dit dan as “werk” beskou was.
(Leviete se gebied om die tempel was 450m - moontlik om heen en weer te loop.
[aanpassings om praktiese redes later het die dorp of stad geklassifiseer as “huis”].
Die berg was net buite Jerusalem.
Net oorkant die Kidron vallei.
61 Meter hoër as Jerusalem.
Dit was van die agterkant van hierdie bergie, naby Bethanië.
Waarskynlik gekies as gevolg van privaatheid en nabyheid aan Jerusalem.
Die dissipels gaan na die “bokamer”.
Onseker watter “bokamer” maar hierdie is ‘n groot “bokamer”
120 mense (v15).
Teen hierdie tyd moes die apostels 'n mate van moed verkry het uit hul ontmoetings met die opgestane Jesus.
Onmiddellik na die kruisiging, het hulle in afsondering agter geslote deure gebly (Johannes 20:19).
Nou het hulle egter "die hele tyd by die tempel gebly en God geprys"
(Lukas 24:53)
Luke 24:53 AFR1983
53 Daar het hulle die hele tyd by die tempel gebly en God geprys.
Luke 24:53), en keer terug na die bo-kamer vir af en toe vergaderings.
Hulle het slegs per geleentheid terug gekeer na die bo-kamer vir vergaderings.
Die ongeveer 120 mense het ingesluit die 11,
Maar ook “‘n aantal vroue” en “Jesus se broers was ook by”.
Dit is belangrik om te sien dat by hierdie uiters belangrike vergadering van die vroeë kerk was vroue en ander mense - ander kinders van Josef en Maria - teenwoordig.
Dit was nie so in die Joodse geloof nie.
Dit is nog steeds nie so in die Joodse en baie ander gelowe nie.
Was hierdie toelating teen Jesus se opdrag?
Anders gevra: “Was die apostels verkeerd - nie onderdanig nie?”
Twee belangrike punte ten opsigte van die dissipels se “onderdanigheid en gehoorsaamheid:
1. Insluiting van vroue en ander in besluitnemeing:
Jesus self het vroue en “ander” ingesluit.
Jesus se insluiting - anders as die uitsluiting van die Joodse geloof van die tyd - het bygedra tot die bekering van Jesus se broers.
Jesus het deur Sy bediening spesiale aandag gegee aan vroue.
Voorbeeld:
Luke 13:11–12 AFR1983
11 Daar was ook ’n vrou wat al agtien jaar lank gely het onder ’n bose gees wat haar heeltemal verswak het. Sy was krom getrek en kon glad nie meer regop kom nie. 12 Toe Jesus haar sien, roep Hy haar nader en sê vir haar: “Mevrou, jy is van jou gebrek verlos!”
Luke 13:11-12
Jesus het dwarsdeur Sy bediening aandag gegee aan die “ander”.
2. Die moeder van Jesus, Maria
Sy was op hierdie stadium duidelik een van en nie “die een tussen” ‘n aantal vroue.
Dat daar meer van Maria gemaak word as wat die Bybel bedoel is, is afgodery.
Die apostels het nie vir Maria uitgesonder om raad te vra oor hierdie belangrike saak nie.
Nee, Sy het saam met die dissipels - onder leiding van die apostels - aanbid.
Let op wat gebeur:

14Hulle het almal eensgesind volhard in die gebed

Sommige beweer dat hierdie gebede spesifiek was vir die uitstorting van die Heilige Gees.
Dis nie waar nie.
Die 120 dissipels het nie gebid vir die koms van die Gees nie -
Hulle het gewag vir die koms van die Gees.
Die uitstorting van die Heilige Gees was nie afhanklik van hulle gebede nie.
Die belofte is deur Jesus gemaak en dit sou gebeur.
Om anders te dink en op te tree is ongehoorsaam en trots.
Asof die Gees se verskyning van my afhang.
Hulle het gebid omdat hulle Here Jesus van hulle af weg was - fisies.
Gebed was die enigste manier om met Jesus te kon praat.
Net om die punt van Maria se stand te versterk - Sy was daar, en die dissipels het gebid - nie vir Maria gevra om met haar seun te praat nie.
Onderdanig en gehoorsaam het só gelyk:
In plaas daarvan om selfstandig te begin, het die dissipels geduldig gewag vir die beloofde Heilige Gees.
Dit was die Heilige Gees wat hulle sou gee wat hulle nodig gehad het.
Die geskiedenis wat volg, getuig van die impak van hierdie onderdanigheid en gehoorsaamheid.
Die simptoom van die dissipels se onderdanigheid en gehoorsaamheid, was hulle geduld.
Hoe gaan dit met jou?
Onderdanig aan Jesus?
Gehoorsaam aan Hom en Sy woord?
Geduldig?

2. Ons moet God se plan Erken en Aanvaar (Selfmoord van Judas) (v15-20)

Acts 1:15–20 AFR1983
15 In daardie tyd was daar ’n byeenkoms van die sowat honderd en twintig gelowiges. Petrus het die leiding geneem en gesê: 16 “Broers,die Skrifwoord wat die Heilige Gees tevore by monde van Dawid oor Judas uitgespreek het, moes vervul word. Hy is as een van ons gereken en is ook gekies om ’n aandeel in ons werk te hê, maar hy het die gids geword van dié wat vir Jesus gevange geneem het. 18 “Met die geld wat Judas vir sy misdaad gekry het, het hy ’n stuk grond gekoop. Daar het hy vooroor geval en oopgebars, en al sy ingewande het uitgepeul. 19 Dit het bekend geword onder al die inwoners van Jerusalem. Daarom word die plek in hulle taal Akeldama genoem. Dit beteken Bloedgrond. 20 “In die boek van die Psalms staan daar: Laat sy woonplek leeg word; laat niemand daarin woon nie, en: laat ’n ander sy amp oorneem.
Slegte deel van die goeie nuus storie.
Een van die uitverkose naby mense in Jesus se aardse lewe, verraai Hom.
Judas se gierigheid breek hom en veroorsaak verwarring - toe - en ook vandag nog.
Het Jesus ‘n fout gemaak met Judas?
Kon Jesus nie sien wat gaan gebeur nie?
Jesus het juis presies geweet wat gaan gebeur.
Johannes vertel van wat Jesus vroeër gesê het:
Matt
Matthew 19:28 ESV
28 Jesus said to them, “Truly, I say to you, in the new world, when the Son of Man will sit on his glorious throne, you who have followed me will also sit on twelve thrones, judging the twelve tribes of Israel.
John 6:64 AFR1983
64 Maar daar is party van julle wat nie in My glo nie.” Jesus het immers van die begin af geweet wie dit is wat nie glo nie, en wie dit is wat Hom sou verraai.
John 6:64–65 AFR1983
64 Maar daar is party van julle wat nie in My glo nie.” Jesus het immers van die begin af geweet wie dit is wat nie glo nie, en wie dit is wat Hom sou verraai. 65 Verder het Hy gesê: “Daarom het Ek vir julle gesê niemand kan na My toe kom as die Vader dit nie aan hom gegee het nie.”
John
Jesus het presies geweet wat Hy doen.
Psalm 115:3 AFR1983
3 En dit terwyl ons God in die hemel is! Alles wat Hy wil, doen Hy.
Isaiah 46:10 AFR1983
10 Ek kondig vantevore aan wat later sal kom, lank tevore al wat nog nie gebeur het nie. Ek sê wat Ek besluit het en dit gebeur, wat Ek wil, doen Ek.
Joshua 23:14 AFR1983
14 “Self gaan ek nou die pad van almal op aarde. Julle weet met julle hele hart en siel dat nie een van al die goeie beloftes wat die Here julle God oor julle gemaak het, onvervul gebly het nie. Almal het uitgekom. Nie een belofte het onvervul gebly nie.
Petrus verwys na wat Dawid in die Psalms geskryf het oor Judas.
Judas - deel van die twaalf, ooggetuie van alles wat Jesus gedoen het,
Verraaier sonder gelyke in die geskiedenis van die mens;
‘n Presiese, belangrike en ‘n integrale deel van God se verlossingsplan was Judas die verraaier.
Sodat niemand rede het om te twyfel nie.
Judas verteenwoordig die grootste voorbeeld in die geskiedenis van 'n geleentheid wat vermors is .
Hy het die seldsame voorreg gehad, wat aan slegs twaalf mans gegee is.
Hulle het vir meer as drie jaar saam met Jesus (God wat vlees geword het) geleef en gedien.
Judas het dieselfde oortuigende, oorweldigende geleentheid gehad om in Jesus te glo soos die ander elf gehad het.
Maar sy motiewe om Jesus te volg was niks anders as selfsugtig nie.
Oppas dat jy nie vir Judas te sterk oordeel nie.
Hoekom hou jy voor of hoekom hou jy vas aan jou geloof in Jesus?
Is dit omdat jy hoop dat Hy iets vir jou gaan doen?
Dan gaan jy teleurgesteld wees wanneer jy dit nie kry nie.
Is dit om in die hemel te land - eendag?
Dan mis jy uit op baie seëninge hier op aarde.
Psalm 18:30 AFR1983
31 Wat God doen, is volmaak; wat die Here sê, is suiwer. Elkeen wat by Hom skuiling soek, beskerm Hy.
Psalm 35:27 AFR1983
27 Maar dié wat wil hê ek moet vrygespreek word, laat hulle juig en bly wees, laat hulle altyd weer sê: “Die Here is groot. Hy sorg dat sy dienaar vrede het.”
Psalm 53
God se plan maak nie altyd sin vir ons nie.
Maar, God se plan werk uit vir ons voordeel en vir God se glorie.
Dis hoekom ons kan saamstem met hierdie opsomming:
Heidelbergse Katagismus:
Jou enigste troos Sondag 1
Vraag:
Wat is jou enigste troos in lewe en in sterwe?
Antwoord:
Dat ek met liggaam en siel in lewe en in sterwe - nie aan myself nie, maar aan my getroue Verlosser, Jesus Christus behoort.
nie aan myself nie, maar aan my getroue Verlosser, Jesus Christus behoort.
Hy het met sy kosbare bloed vir al my sondes ten volle betaal en my uit alle heerskappy van die duiwel verlos.
Hy bewaar my op so 'n wyse dat sonder die wil van my hemelse Vader, geen haar van my kop kan val nie.
Alles moet inderdaad tot my saligheid dien.
Daarom verseker Hy my ook deur sy Heilige Gees van die ewige lewe en maak Hy my van harte gewillig en bereid om voortaan vir Hom te lewe.
(a) . (b) 1 Kor 6:19. (c) 1 Kor 3:22; : (d) , ;; , . (e) ;; . (f) ; ; Tess 3:3; . (g) ; . (h) . (i) 2 Kor 1:22; 5:5; Ef 1:14; . (k) ;:
Om te verstaan hoe ons in tye van verandering moet optree,
Moet ons God se plan erken en aanvaar - al maak dit nie sin nie.
Antwoord: Drie dinge (a): Ten eerste, hoe groot my sonde en ellende is (b); ten tweede; hoe ek van al my sonde en ellende verlos word (c) en ten derde hoe ek God vir so 'n verlossing dankbaar moet wees (d).
(a) ; Ef 5:8. (b) ; ; ;;. (c) ; Hand 4:12 10:43. (d) Ef 5:10; ; ; ; ;

3. Ons moet die uniekheid van ons geloof verstaan en uitlewe (v21-26)

Acts 1:16–26 AFR1983
16 “Broers,die Skrifwoord wat die Heilige Gees tevore by monde van Dawid oor Judas uitgespreek het, moes vervul word. Hy is as een van ons gereken en is ook gekies om ’n aandeel in ons werk te hê, maar hy het die gids geword van dié wat vir Jesus gevange geneem het. 18 “Met die geld wat Judas vir sy misdaad gekry het, het hy ’n stuk grond gekoop. Daar het hy vooroor geval en oopgebars, en al sy ingewande het uitgepeul. 19 Dit het bekend geword onder al die inwoners van Jerusalem. Daarom word die plek in hulle taal Akeldama genoem. Dit beteken Bloedgrond. 20 “In die boek van die Psalms staan daar: Laat sy woonplek leeg word; laat niemand daarin woon nie, en: laat ’n ander sy amp oorneem. 21 “Daar moet dus nog ’n getuie van Jesus se opstanding by ons gevoeg word. Dit moet een van die manne wees wat saam met ons rondgegaan het die hele tyd toe die Here Jesus in die openbaar opgetree het, vandat Hy deur Johannes gedoop is totdat Hy van ons af in die hemel opgeneem is.” 23 Hulle stel toe twee voor: Josef, wat ook Barsabbas of Justus genoem word, en Mattias. 24 En die gelowiges het gebid: “Here, U wat die harte van almal ken, wys die een aan wat U uit hierdie twee verkies het 25 om as apostel te dien in die plek wat Judas leeg gelaat het toe hy gegaan het na waar hy hoort.” 26 Hulle het geloot, en die loting het vir Mattias aangewys. So is hy gekies as die twaalfde apostel.
Acts 1:21–26 AFR1983
21 “Daar moet dus nog ’n getuie van Jesus se opstanding by ons gevoeg word. Dit moet een van die manne wees wat saam met ons rondgegaan het die hele tyd toe die Here Jesus in die openbaar opgetree het, vandat Hy deur Johannes gedoop is totdat Hy van ons af in die hemel opgeneem is.” 23 Hulle stel toe twee voor: Josef, wat ook Barsabbas of Justus genoem word, en Mattias. 24 En die gelowiges het gebid: “Here, U wat die harte van almal ken, wys die een aan wat U uit hierdie twee verkies het 25 om as apostel te dien in die plek wat Judas leeg gelaat het toe hy gegaan het na waar hy hoort.” 26 Hulle het geloot, en die loting het vir Mattias aangewys. So is hy gekies as die twaalfde apostel.
Die Apostels was uniek.
Daar is vandag nie meer Apostels nie.
In ons tyd is daar twee uiteenlopende menings oor die aanstelling van Mattias.
Sommige beweer dat Paulus die 12de apostel was want Jesus self het hom gekies - dus kan ons nie vir Mattias as ‘n apostel beskou nie.
Hierdie redenasie
Ander beweer dat Paulus nie ‘n apostel kon wees nie want daar was net 12 in totaal.
Altwee hierdie redenasies draai om die aanname dat se twaalf trone gereserveer is vir die twaalf apostels.
Luister wat Jesus gesê het en dit gaan ons help om te verstaan hoe uniek ons geloof is.
Matthew 19:28 AFR1983
28 Jesus antwoord hulle: “Dit verseker Ek julle: Wanneer alles nuut gemaak word, as die Seun van die mens op sy koninklike troon sit, sal ook julle wat My gevolg het, op twaalf trone sit en oor die twaalf stamme van Israel regeer.
Jesus se antwoord volg op Petrus se vraag:
Matt
Matthew 19:27 AFR1983
27 Toe sê Petrus vir Hom: “Kyk, ons het alles verlaat en U gevolg. Wat sal ons daarvoor kry?”
Jesus se antwoord: Julle sal regeer oor Israel - Volk van God.
Julle sal baie meer (100-keer meer) as wat jy opgegee het in die hemel kry.
Wie?
Antwoord: Alle gelowiges.
As Jesus se woorde letterik was, dan sou ek en jy kon uitwerk wat die waarde van ons gawe in die hemel sal wees.
Daardie redenasie raak belaglik;
Randwaarde, dollar waarde;
Of, nee wag, Sikkels, sekerlik?!
Moontlik het Jesus wel bedoel dat daar slegs twaalf trone in die Koninkryk gaan wees, het Hy nie gesê dat die twaalf trone aan twaalf mense toegeken gaan word nie.
Die trone kan moontlik “hot desks” wees.
Terug na Handelinge 1;
Die woorde:
“21 “Daar moet dus nog ’n getuie van Jesus se opstanding by ons gevoeg word.” -
het hulle oorsprong in die Bybel.
Ons was twaalf, een is dood, ons kort een.
Dis prakties - volg Jesus se voorbeeld - Hy het twaalf aangestel,
Maar Petrus verwys eerstens na aan die begin van sy voorstel.
Uniekheid van ons geloof: Apostels, ten minste twaalf.
Kyk net gou saam met my na die metode.
Petrus tree as voorsitter op en maak ‘n voorstel oor beginsel en proses.
Bybelse fondasie vir sy voorstel.
Die gemeente bring name.
Hulle trek lootjies.
Apostel no. 12 word aangewys.
Minder belangrik is die metode.
Wat moet uitstaan vir elke Christen wat hierdie lees, is die woorde van Petrus oor die kwalifikasie van ‘n apostel:
Opsomming:
Ooggetuie van al Jesus se aksies (Rondgegaan)
Van Sy doop af
(Rondgegaan) het saam met Jesus terwyl Hy bedien het
Oogetuie van Jesus se opstanding.
Deur Jesus self aangestel
In die geval van die 11, is dit duidelik dat Jesus hulle aangestel het.
Mattias - en later Paulus - is effe anders;
Maar dit is nog steeds Jesus wat hulle aanstel.
Hier is waar die metode belangrik raak:
Die groep vat nie net die twee name en besluit op grond van CV of uiterlike eienskappe nie.
Psalm 109:8 AFR1983
8 Laat sy lewe kort wees en laat ’n ander sy amp oorneem!
Psalm 109:
Dan bid en vra hulle die “Here” se hulp.
Hierdie woord “Here” word meesal gebruik om te verwys na Jesus dwarsdeur die Nuwe Testament.
(630 uit 713 keer).
Wat is uniek?
Die apostels is uniek.
Die metode van besluitneming is uniek.
Die direkte, persoonlike, en liefdevolle deelname van ons Here is uniek.
Miskien kan ons leer hoe om besluite te maak uit hierdie belangrike voorbeeld.
Gebruik eerstens die Bybel
Maak staat op en wees onderdanig aan Jesus se wil
Kry wyse raad
Besluit
Herhaal 1 - 4
Die uniekheid van ons geloof is hoofsaaklik dat ons God hier by ons betrokke is en seker maak dat presies gebeur wat Hy wil hê moet gebeur;
In die wêreld,
in Suid-Afrika,
in Pretoria,
by SDG gemeente,
in jou gesin,
met jou spesifiek;
werk
verhoudings
kerk
gesondheid
Jou aandeel en bydrae kan verbeter deur beter besluite te maak wat jou lewe en jou geloof sal beïnvloed.
Maar, om te verstaan hoe ons in tye van verandering moet optree;
Moet jy die uniekheid van jou geloof in Jesus Christus verstaan.

Opsomming:

Unieke tyd in die geskiedenis van die Christen kerk.
Jesus gaan weg - Heilige Gees het nognie gekom nie.
ë
Groot verandering.
Wat leer ons oor verandering in ons belewenis van die kerk wat ons kan help om Jesus beter te aanbid?
Onderdanig en gehoorsaam
Erken en Aanvaar die Here se plan
Verstaan en lewe die uniekheid van ons geloof.
Amen.
Related Media
See more
Related Sermons
See more