Sermon Tone Analysis

Overall tone of the sermon

This automated analysis scores the text on the likely presence of emotional, language, and social tones. There are no right or wrong scores; this is just an indication of tones readers or listeners may pick up from the text.
A score of 0.5 or higher indicates the tone is likely present.
Emotion Tone
Anger
0.09UNLIKELY
Disgust
0.08UNLIKELY
Fear
0.1UNLIKELY
Joy
0.11UNLIKELY
Sadness
0.68LIKELY
Language Tone
Analytical
0UNLIKELY
Confident
0UNLIKELY
Tentative
0UNLIKELY
Social Tone
Openness
0.13UNLIKELY
Conscientiousness
0.13UNLIKELY
Extraversion
0.43UNLIKELY
Agreeableness
0.6LIKELY
Emotional Range
0.1UNLIKELY

Tone of specific sentences

Tones
Emotion
Anger
Disgust
Fear
Joy
Sadness
Language
Analytical
Confident
Tentative
Social Tendencies
Openness
Conscientiousness
Extraversion
Agreeableness
Emotional Range
Anger
< .5
.5 - .6
.6 - .7
.7 - .8
.8 - .9
> .9
Vervang die Verraaier
Inleiding
Die eerste groot verandering in die jong kerk kon maklik in groot chaos uitgedraai het.
Dit het nie.
Meeste mense hou nie van verandering nie.
Ten minste nie wanneer die verandering op ons afgedwing word nie.
Maar, die feit van die lewe vir Christene is dat ons konstant in ‘n staat van verandering is.
Ons Here veroorsaak verandering sodat jy sal verander.
Hierdie eerste groot verandering in die kerk help ons om groot veranderinge in ons lewens beter te hanteer.
Drie eienskappe van Christene se lewensuitkyk wat ons help om te verstaan hoe ons in tye van verandering moet optree:
1. Ons moet Onderdanig en Gehoorsaam wees (v12-15)
2. Ons moet God se plan Erken en Aanvaar (Selfmoord van Judas) (v15-20)
3. Ons moet die uniekheid van ons geloof verstaan en uitlewe (v21-26)
1. Ons moet Onderdanig en Gehoorsaam wees (v12-15)
Die engele vra vir die dissipels: “Wat staar julle so, het julle nie werk nie”?
En die dissipels luister.
Nie uit gehoorsaamheid aan die engele nie, maar omdat die engele hulle slegs herinner het aan wat Jesus gesê het.
Hulle gaan terug Jerusalem toe - daar is waar hulle krag sal ontvang.
Sodat Theofillus en ons verstaan waar hierdie dinge plaasgevind het - en om bewyse van die waarheid te versterk, skryf Lukas:
“..Dit is die Olyfberg, vlak by die stad, ’n sabbatsreis ver.”
‘n Sabbatsreis is ongeveer 900m vanaf jou huis.
Oorsprong - dae in die wildernis was die verste tente van die tabernakel af ongeveer 900m
Die Israeliete was verbied deur die wet om vêr te loop op die Sabbat - aangesien dit dan as “werk” beskou was.
(Leviete se gebied om die tempel was 450m - moontlik om heen en weer te loop.
[aanpassings om praktiese redes later het die dorp of stad geklassifiseer as “huis”].
Die berg was net buite Jerusalem.
Net oorkant die Kidron vallei.
61 Meter hoër as Jerusalem.
Dit was van die agterkant van hierdie bergie, naby Bethanië.
Waarskynlik gekies as gevolg van privaatheid en nabyheid aan Jerusalem.
Die dissipels gaan na die “bokamer”.
Onseker watter “bokamer” maar hierdie is ‘n groot “bokamer”
120 mense (v15).
Teen hierdie tyd moes die apostels 'n mate van moed verkry het uit hul ontmoetings met die opgestane Jesus.
Onmiddellik na die kruisiging, het hulle in afsondering agter geslote deure gebly (Johannes 20:19).
Nou het hulle egter "die hele tyd by die tempel gebly en God geprys"
(Lukas 24:53)
Hulle het slegs per geleentheid terug gekeer na die bo-kamer vir vergaderings.
Die ongeveer 120 mense het ingesluit die 11,
Maar ook “‘n aantal vroue” en “Jesus se broers was ook by”.
Dit is belangrik om te sien dat by hierdie uiters belangrike vergadering van die vroeë kerk was vroue en ander mense - ander kinders van Josef en Maria - teenwoordig.
Dit was nie so in die Joodse geloof nie.
Dit is nog steeds nie so in die Joodse en baie ander gelowe nie.
Was hierdie toelating teen Jesus se opdrag?
Anders gevra: “Was die apostels verkeerd - nie onderdanig nie?”
Twee belangrike punte ten opsigte van die dissipels se “onderdanigheid en gehoorsaamheid:
1. Insluiting van vroue en ander in besluitnemeing:
Jesus self het vroue en “ander” ingesluit.
Jesus se insluiting - anders as die uitsluiting van die Joodse geloof van die tyd - het bygedra tot die bekering van Jesus se broers.
Jesus het deur Sy bediening spesiale aandag gegee aan vroue.
Voorbeeld:
Jesus het dwarsdeur Sy bediening aandag gegee aan die “ander”.
2. Die moeder van Jesus, Maria
Sy was op hierdie stadium duidelik een van en nie “die een tussen” ‘n aantal vroue.
Dat daar meer van Maria gemaak word as wat die Bybel bedoel is, is afgodery.
Die apostels het nie vir Maria uitgesonder om raad te vra oor hierdie belangrike saak nie.
Nee, Sy het saam met die dissipels - onder leiding van die apostels - aanbid.
Let op wat gebeur:
14Hulle het almal eensgesind volhard in die gebed
Sommige beweer dat hierdie gebede spesifiek was vir die uitstorting van die Heilige Gees.
Dis nie waar nie.
Die 120 dissipels het nie gebid vir die koms van die Gees nie -
Hulle het gewag vir die koms van die Gees.
Die uitstorting van die Heilige Gees was nie afhanklik van hulle gebede nie.
Die belofte is deur Jesus gemaak en dit sou gebeur.
Om anders te dink en op te tree is ongehoorsaam en trots.
Asof die Gees se verskyning van my afhang.
Hulle het gebid omdat hulle Here Jesus van hulle af weg was - fisies.
Gebed was die enigste manier om met Jesus te kon praat.
Net om die punt van Maria se stand te versterk - Sy was daar, en die dissipels het gebid - nie vir Maria gevra om met haar seun te praat nie.
Onderdanig en gehoorsaam het só gelyk:
In plaas daarvan om selfstandig te begin, het die dissipels geduldig gewag vir die beloofde Heilige Gees.
Dit was die Heilige Gees wat hulle sou gee wat hulle nodig gehad het.
Die geskiedenis wat volg, getuig van die impak van hierdie onderdanigheid en gehoorsaamheid.
Die simptoom van die dissipels se onderdanigheid en gehoorsaamheid, was hulle geduld.
Hoe gaan dit met jou?
Onderdanig aan Jesus?
Gehoorsaam aan Hom en Sy woord?
Geduldig?
2. Ons moet God se plan Erken en Aanvaar (Selfmoord van Judas) (v15-20)
Slegte deel van die goeie nuus storie.
Een van die uitverkose naby mense in Jesus se aardse lewe, verraai Hom.
Judas se gierigheid breek hom en veroorsaak verwarring - toe - en ook vandag nog.
Het Jesus ‘n fout gemaak met Judas?
Kon Jesus nie sien wat gaan gebeur nie?
Jesus het juis presies geweet wat gaan gebeur.
Johannes vertel van wat Jesus vroeër gesê het:
Jesus het presies geweet wat Hy doen.
Petrus verwys na wat Dawid in die Psalms geskryf het oor Judas.
Judas - deel van die twaalf, ooggetuie van alles wat Jesus gedoen het,
Verraaier sonder gelyke in die geskiedenis van die mens;
‘n Presiese, belangrike en ‘n integrale deel van God se verlossingsplan was Judas die verraaier.
Sodat niemand rede het om te twyfel nie.
Judas verteenwoordig die grootste voorbeeld in die geskiedenis van 'n geleentheid wat vermors is .
Hy het die seldsame voorreg gehad, wat aan slegs twaalf mans gegee is.
Hulle het vir meer as drie jaar saam met Jesus (God wat vlees geword het) geleef en gedien.
Judas het dieselfde oortuigende, oorweldigende geleentheid gehad om in Jesus te glo soos die ander elf gehad het.
Maar sy motiewe om Jesus te volg was niks anders as selfsugtig nie.
Oppas dat jy nie vir Judas te sterk oordeel nie.
Hoekom hou jy voor of hoekom hou jy vas aan jou geloof in Jesus?
< .5
.5 - .6
.6 - .7
.7 - .8
.8 - .9
> .9