Eersgeborene - Kom ons kies lewe

First Born  •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 12 views
Notes
Transcript

Israel is die eersgeborne

Ex 4:22,23
Exodus 4:22–23 DIEBYBEL:A19331953
22 Dan moet jy vir Farao sê: So spreek die Here: My eersgebore seun is Israel. 23 Daarom beveel Ek jou: Laat my seun trek, dat hy My kan dien. Maar jy het geweier om hom te laat trek. Kyk, Ek sal jou eersgebore seun laat sterwe.
Exodus 19:4–6 DIEBYBEL:A19331953
4 Julle het self gesien wat Ek aan die Egiptenaars gedoen het, en dat Ek julle op arendsvlerke gedra en julle na My toe gebring het. 5 As julle dan nou terdeë na my stem luister en my verbond hou, sal julle my eiendom uit al die volke wees, want die hele aarde is myne. 6 En júlle sal vir My ’n koninkryk van priesters en ’n heilige nasie wees. Dit is die woorde wat jy aan die kinders van Israel moet meedeel.
Hierdie laat my noggals baie dink aan dinsdag se les.
Deuteronomy 30:19 DIEBYBEL:A19331953
19 Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die seën en die vloek het ek jou voorgehou. Kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag,
Ons is werklik in ‘n keuse, ‘n keuse tussen lewe of dood. Die dood wat so vinnig kan kom. Die dood wat so finaal is. Ons het nie gekies om te lewe nie, maar ons kan kies om te bly lewe. Verewig te lewe… Dit is ‘n keuse van wie is jou Vors in jou lewe. Wie stel jy eerste in jou lewe?
Wie is die Vors van jou lewe?
Daniel 10:13 DIEBYBEL:A19331953
13 maar die vors van die koninkryk van die Perse het een-en-twintig dae lank teenoor my gestaan, en kyk, Mígael, een van die vernaamste vorste, het gekom om my te help; en ék het daar oorgebly by die konings van Persië.
13maar die vors van die koninkryk van die Perse het een-en-twintig dae lank teenoor my gestaan, en kyk, Mígael, een van die vernaamste vorste, het gekom om my te help; en ék het daar oorgebly by die konings van Persië. 13 But the prince of the kingdom of Persia withstood me twenty-one days; and behold, Michael, one of the chief princes, came to help me, for I had been left alone there with the kings of Persia.
In hierdie vers word daar uitgewys dat Migael een van vele vorste is, wat in werklikheid die vernaamse is omdat Migael die een is wat die vors van Perseë kon wen. Daar is net een vors wat teen God gedraai het en teen God se vorste is en dit is natuurlik Satan. Hier sien ons ‘n stryd tussen God en Satan, die vernaamste vors, Migael en Satan.
Wie is die VORS? is die vraag wat ons na gaan kyk in hierdie lesing. Migael kom net vyf maal voor in die Bybel: Dan. 10:13, 21; 12:1; Jud 9; Opb. 12:7 Ons het na die eerste vers gekyk. Kom ons kyk eerste na die ander verse en daarna na ‘n wyer prent.
Daniel 10:21 DIEBYBEL:A19331953
21 Nogtans sal ek jou te kenne gee wat geskrywe is in die boek van die waarheid; en daar is nie een wat hom saam met my dapper gedra teen hulle nie, behalwe julle vors Mígael.
21Nogtans sal ek jou te kenne gee wat geskrywe is in die boek van die waarheid; en daar is nie een wat hom saam met my dapper gedra teen hulle nie, behalwe julle vors Mígael. 21 But I will tell you what is noted in the Scripture of Truth. (No one upholds me against these, except Michael your prince.
In dieselfde pericope (as die eerste vers) sien dat die een wat teen die vors van Perseë geveg het, hulp nodig gehad het en dat daar net een is wat hom kom help het en dit was Migael. Let op dat
1. Migael die vors van Perse(Satan) kon wen
2. en dat Migael as die kinders van God se vors uitgewys word.
Dus is Migael die vernaamste vors en die kinders van God se vors.
Daniel 12:1 DIEBYBEL:A19331953
1 EN in dié tyd sal Mígael, die groot vors wat oor die kinders van jou volk staan, optree; en dit sal ’n tyd van benoudheid wees soos daar nie gewees het vandat ’n volk bestaan het tot op dié tyd nie; maar in dié tyd sal jou volk gered word, elkeen wat in die boek opgeskrywe staan.
12 EN in dié tyd sal Mígael, die groot vors wat oor die kinders van jou volk staan, optree; en dit sal ’n tyd van benoudheid wees soos daar nie gewees het vandat ’n volk bestaan het tot op dié tyd nie; maar in dié tyd sal jou volk gered word, elkeen wat in die boek opgeskrywe staan. “At that time Michael shall stand up, The great prince who stands watch over the sons of your people; And there shall be a time of trouble, Such as never was since there was a nation, Even to that time. And at that time your people shall be delivered, Every one who is found written in the book.
Hier sien ons weereens dat Migael oor Israel is, maar meer as dit. Ons sien Migael die volk red van hul vyand (die Satan) Dus is Migael heeltyd betrokke wanneer die Satan teen Migael se kinders werk. Hierdie verwysing verwys na die einde van die wêreld se geskiedenis. Dus is Migael al die pad die Vors van God se kinders.
Jude 9 DIEBYBEL:A19331953
9 Maar toe Mígael, die aartsengel, met die duiwel in woordestryd was oor die liggaam van Moses, het hy geen oordeel van lastering durf uitspreek nie, maar het gesê: Die Here bestraf jou!
9Maar toe Mígael, die aartsengel, met die duiwel in woordestryd was oor die liggaam van Moses, het hy geen oordeel van lastering durf uitspreek nie, maar het gesê: Die Here bestraf jou! 9 Yet Michael the archangel, in contending with the devil, when he disputed about the body of Moses, dared not bring against him a reviling accusation, but said, “The Lord rebuke you!”
Hier is Migael alweer in stryd met die Duiwel. Hierdie keer oor die liggaam van Moses. Moses was na hy oorlede was, weer opgewek nadat Migael gaan stry het vir sy liggaam teen die Satan. (Kyk, omdat ons gesondig het, eis die Satan almal wat dood gegaan het as gevolg van Sonde. Na Jesus se kruisiging en opstanding uit die dood het Jesus die doderyk oorwin(waarvan Satan homself as hoof gemaak het) Nou het ons die sekerheid dat ons in Jesus weer sal lewe)
Hier kom nog ‘n eienskap van Migael, en dit is dat hy die aartsengel is.
Openbaring 12:7–8
Revelation 12:7–8 DIEBYBEL:A19331953
7 En daar het oorlog in die hemel gekom: Mígael en sy engele het oorlog gevoer teen die draak, en die draak en sy engele het oorlog gevoer; 8 en hulle kon nie oorwin nie, en hulle plek was in die hemel nie meer te vinde nie.
7En daar het oorlog in die hemel gekom: Mígael en sy engele het oorlog gevoer teen die draak, en die draak en sy engele het oorlog gevoer; 8en hulle kon nie oorwin nie, en hulle plek was in die hemel nie meer te vinde nie. 7 And war broke out in heaven: Michael and his angels fought with the dragon; and the dragon and his angels fought, 8 but they did not prevail, nor was a place found for them in heaven any longer
Hier sien ons dat Migael is die hoof van al die engele in die Hemel. Hy is die hoof van die weermag in die Hemel. Dis hoekom Hy die vernaamste Vors is. In ander terme word Migael dus die leërowerste van die hemel genoem.
Joshua 5:14–15
14En Hy sê: Nee, maar Ek is die leërowerste van die Here; Ek het nou gekom. Toe val Josua met sy aangesig op die grond en buig hom neer en vra Hom: Wat wil my Here aan sy dienskneg sê? 15Toe sê die leërowerste van die Here vir Josua: Trek jou skoene van jou voete af, want die plek waar jy op staan, is heilig. En Josua het so gedoen.
14 So He said, “No, but as Commander of the army of the LORD I have now come.” And Joshua fell on his face to the earth and worshiped, and said to Him, “What does my Lord say to His servant?” 15 Then the Commander of the LORD’s army said to Joshua, “Take your sandal off your foot, for the place where you stand is holy.” And Joshua did so.
In hierdie verse sien ons dat die hoof van die hemelse weermag God is. Dit is net God wat ‘n plek kan heilig maak (Opb. 15:4), dit is net God wat vra dat jy jou skoene moet uittrek van die plek waar jy op staan is heilig. Geen wonder toe Migael in die Hemel die draak(Satan Opb 12:7) oorwin het, was hy uit die Hemel gewerp.
Eségiël 28:16
“16Weens die grootheid van jou koophandel het hulle jou binneste met geweld gevul, en jy het gesondig; daarom het Ek jou as onheiligevan die godeberg afgedrywe, en Ek het jou tussen die vurige gesteentes uit vernietig, o gérub wat beskut!” - 16 “By the abundance of your trading You became filled with violence within, And you sinned; Therefore I cast you as a profane thing Out of the mountain of God; And I destroyed you, O covering cherub, From the midst of the fiery stones.”
God het Satan van Sy heilige berg af weg gedrywe. Ons het gesien dat dit Migael is wat Satan oorwin het en hier verklaar dit God Satan verdrywe het. Weereens is Migael en God dieselfde wese. Migael wen Satan in die Hemel en op die aarde. Hierdie werk om Satan te wen is nog al die pad Jesus se werk. Dit is wat Hy op aarde ook vir ons kom doen het. Hy het Satan en sy sonde en sy dood kom oorwin.
Die hoogtepunt van die oorwinning lê in die kruis en opstanding. Waar Jesus Satan kom ontbloot het vir wie en wat hy is. Dat hy wat Satan ‘n leuenaar is wat gesê het dat niemand God se gebooie kan onderhou nie, maar Jesus het as mens die gebooie tot die dood toe onderhou. Satan wat die sleutel van die doderyk geëien het as sy eie, het daardie laaste mag oor die dood verloor deur Jesus wat uit die dood opgestaan het.
So gaan Migael die aartsengel ook ons kom opwek. Waar Satan by die wederkoms weereens wil opstaan teen God en eis dat almal in die graf sy eiendom is, gaan Migael (soos met Moses), die Vors van Israel (en geestelike Israel = Christene = al God se kinders) Sy kinders met die stem van die aartsengel uit die grafte roep:
1 Thessalonicense 4:16 (KJV 1900)
16 For the Lord himself shall descend from heaven with a shout, with the voice of the archangel, and with the trump of God: and the dead in Christ shall rise first: 16 For the Lord Himself will descend from heaven with a shout, with the voice of an archangel, and with the trumpet of God. And the dead in Christ will rise first.
Net God kan ons lewend maak. Hier sien ons weereens dat Jesus die aartsengel ook is. Want dis deur Sy stem wat ons lewend gemaak word en dis ‘n stem van ‘n aartsengel. Dis juis die Aartsengel, wat bekend staan as Migael, wat altyd teen Satan vir ons veg.
Deur al die getuies van wie Migael is, sien ons dat Migael die Vors is wat vir Sy kinders veg. Hy is die groot Leërowerste van die Hemel. Net soos Hy by Josua opgedaag het om vir Israel te veg en Jerigo in te neem, net Soos Migael vir die kinders van Israel veg om in die beloofde land in te trek. So staan Migael in Dan12:1 op om vir Sy mense te veg op die einde van die wêreld se geskiedenis, net voor hulle in die beloofde land (Hemel) ingaan. So word die inname van Jerigo ‘n tipe van die sewe laaste plae waar God vir Sy kinders veg en ‘n oordeel teen Jerigo/wêreld vir hulle part wen. Hierdie tipe – antitipe sal ons nog in ‘n toekomstige les in diepte bestudeer.
(https://adventistbiblicalresearch.org/materials/theology-jesus-christ/michael-another-name-jesus)
Psalm 89:27–30 DIEBYBEL:A19331953
27 Hy is dit wat My sal noem: U is my Vader, my God en die rots van my heil! 28 Ja, Ék sal hom ’n eersgeborene maak, die hoogste onder die konings van die aarde. 29 Vir ewig sal Ek my goedertierenheid vir hom bewaar, en my verbond bly vir hom vas. 30 En Ek sal sy nageslag vir ewig laat duur en sy troon soos die dae van die hemel.
Ons kies, wie is ons Vors. In hierdie tyd van die wereld se geskiedenis, is Jesus as die Koning, die eersgeborene van die konings, die Vors van die Vorste vir ons ‘n belangrike anker. Net Hy sal ons kan red van die bose van die wereld. Net Hy sal ons kan dra, beskerm en ‘n rots wees deur die storm.
In my volgende afdeling van die les wil ek graag wys hoe Jesus die Vors is wat vir ons op die kruis gesterf het:
Romans 8:29 DIEBYBEL:A19331953
29 Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders;
As ons Jesus as ons vors in ons lewe kies. Die een wat jy vrees. Die een wat jy gehoorsaam bo alles. Dan het jy lewe gekies. Dan is dit Hy aan sie jy gelykvormig gaan word. Dit is Hy wie jy gaan volg…
Dan kies HY JOU as SY eersgeborene.
John 1:12 DIEBYBEL:A19331953
12 Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;
As Hy jou Vors is, word jy deel van Sy posisie as eersgeborene:
Colossians 1:15 DIEBYBEL:A19331953
15 Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping;
Hebrews 12:23 DIEBYBEL:A19331953
23 by die feestelike vergadering en die gemeente van eersgeborenes wat in die hemele opgeskrywe is, en by God, die Regter van almal, en by die geeste van die volmaakte regverdiges,
Wanneer ons Hom aanvaar

15Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping;

16want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte—alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape.

17En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand.

18En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees.

19Want dit het die Vader behaag dat in Hom die ganse volheid sou woon

20en dat Hy deur Hom alles met Homself sou versoen nadat Hy vrede gemaak het deur die bloed van sy kruis—ek sê deur Hom—die dinge op die aarde sowel as die dinge in die hemele.

21Ook julle wat vroeër vervreemd was en vyandig gesind deur die bose werke, het Hy nou versoen

22in die liggaam van sy vlees deur die dood, om julle heilig en sonder gebrek en onberispelik voor Hom te stel;

23as julle ten minste gegrond en vas bly in die geloof en julle nie laat afbring van die hoop van die evangelie nie, wat julle gehoor het en wat verkondig is in die ganse mensdom onder die hemel, waarvan ek, Paulus, ’n dienaar geword het.

Vers 18 wys vir ons uit dat Jesus is die eergeborene uit die dode. Hy is die eerste posisie om uit die dode op te staan. Hy het die dood oorwin. Doderyk waar is jou oorwinning
HY IS DIE VORS VAN DIE LEWE. HY IS DIE EERSGEBORENE VAN DIE HELE SKEPPING
HY IS DIE VORS OOR DIE DOOD, HY IS DIE EERSGEBORENE OOR UIT DIE DOOD
HY IS DIE VORS VAN ISRAEL, HY IS DIE EERSGEBORENE VAN DIE BROERS
HY IS DIE VORS VAN DIE VORSTE, HY IS DIE EERSGEBORENE VAN DIE KONINGS.
So word ons deelgenote van Sy koninkryk, so word ons deelgenote van sy eersgebore reg deur om in Sy beeld weer geherskape te word, deur Hom uit die dood op te staan, gelykvormig aan Sy karakter te word en deel te word van Sy koningskap te word deur konings en priesters van Sy God en Vader te word.
Hebrews 12:22–24 DIEBYBEL:A19331953
22 Maar julle het gekom by die berg Sion en die stad van die lewende God, die hemelse Jerusalem en tienduisende engele, 23 by die feestelike vergadering en die gemeente van eersgeborenes wat in die hemele opgeskrywe is, en by God, die Regter van almal, en by die geeste van die volmaakte regverdiges, 24 en by Jesus, die Middelaar van die nuwe testament, en die bloed van die besprenkeling wat van beter dinge spreek as Abel.
Vandag vier ons die versoening wat ons Vors, ons God, die eersgeborene uit die Dood vir ons gedoen het, sodat ons deelgenote kan word van sy ervenis, sy Koninkryk. Kom ons kies Hom as ons Vors, Kom ons kies lewe.
Matthew 26:26–30 DIEBYBEL:A19331953
26 En terwyl hulle eet, neem Jesus die brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy dissipels en sê: Neem, eet, dit is my liggaam. 27 Toe neem Hy die beker, en nadat Hy gedank het, gee Hy dit aan hulle en sê: Drink almal daaruit. 28 Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes. 29 Maar Ek sê vir julle: Ek sal van nou af nooit meer van hierdie vrug van die wynstok drink nie, tot op daardie dag wanneer Ek dit met julle nuut sal drink in die koninkryk van my Vader. 30 En nadat hulle die lofsang gesing het, het hulle uitgegaan na die Olyfberg.
Related Media
See more
Related Sermons
See more