054 — Jakobus 5:7-11 | HOOP GEDULDIG OP DIE BARMHARTIGHEID EN ONTFERMING VAN DIE HERE

Die Brief van Jakobus  •  Sermon  •  Submitted   •  3:33
0 ratings
· 20 views
Files
Notes
Transcript

GEBED

Here, open asseblief U Woord wanneer ons dit saam lees — Amen.

SKRIFLESING

James 5:7–11 AFRIKAAN
7 Wag dan geduldig, broers, totdat die Here kom. Let op hoe die boer wag vir die kosbare oes wat die land oplewer. Hy wag geduldig daarvoor totdat dit die vroeë en die laat reëns gekry het. 8 Julle moet ook geduldig wag en moed hou, want dit is nie meer lank nie, dan kom die Here. 9 Moenie oor mekaar kla nie, broers, sodat julle nie veroordeel word nie. Die Regter staan al voor die deur. 10 Broers, neem die profete wat in die Naam van die Here gepraat het, as voorbeelde van lyding en geduld. 11 Ons noem hulle geseënd omdat hulle volhard het. Julle het gehoor van die volharding van Job en julle het gesien waarop die Here dit laat uitloop het. Die Here is immers ryk aan barmhartigheid en ontferming

OORDENKING

God beloon geduld. Dit is die hoop wat Jakobus hier aanmoedig (Jam 5:10-11). Verdraagsaamheid en geduld met onreg spesifiek op finansiële gebied (James 5:4).
Wat byval is dat Jakobus aanmoedig om nie te “kla” (Jam 5:9) oor die persoon wat onreg pleeg nie. My en jou klagtes mag dalk net “oordeel” oor iemand inhou en dan staan ons ook skuldig voor God. Ek en jy moet ons harte skoon hou.
Dit klink so half na ‘n onbillike verwagting om nie te kla nie.
Dit laat my dink aan eendag lank gelede toe ek my duim baie hard met ‘n hammer raak geslaan het. Die trane skiet op in die oë en ek byt op my tande om nie ‘n woord te uiter nie en met die ander hand gryp en druk ek die pyn in die duim vas. Dit alles met die hoop in my dat die pyn vinnig sal verlig.
Dit is hierdie soort stil wees waarvan Jakobus hier praat. Daardie oomblikke waarin alles binne jou wil skree, maar jy hou dit in met die hoop dat die verligting baie naby is.
Die verligting, die uitkoms tot waar jy op jou tande moet byt is die naderende oordeel waar die barmhartigheid en ontferming van God jou hoop sal afrond.
Partykeer is dit moeilik om die mond te sluit — dit is egter die wyse en beter ding om te doen.
Mag ek en jy weet dat lyding van korte duur is en dat God binnekort die uitkoms sal gee. Mag ons leer om klagteloos lyding met geduld omvou, want, die Here is ryk in barmhartigheid en ontferming (Jam 5:11)

GEBED

Here, leer my om met geduld te hoop op U barmhartigheid en ontferming — Amen.
Related Media
See more
Related Sermons
See more