053 — Jakobus 5:1-6 | GEE MET INTEGRITEIT

Die Brief van Jakobus  •  Sermon  •  Submitted   •  3:58
0 ratings
· 20 views
Files
Notes
Transcript

GEBED

Here, Laat U Woord asseblief tot my hart spreek — Amen.

SKRIFLESING

James 5:1–6 AFRIKAAN
1 En nou, julle rykaards, kerm en kla oor al die swaar wat oor julle gaan kom. 2 Julle rykdom sal tot niet gaan en julle klere sal deur motte opgevreet word, 3 julle goud en silwer sal verroes. Die roes sal teen julle getuig en aan julle vreet soos ’n vuur. Julle maak skatte bymekaar, en dit terwyl dit die laaste dae is. 4 Ja, julle hou die loon agter van die werkers wat julle lande afgeoes het. Dit skreeu ten hemel; die geroep van dié wat geoes het, het tot by die Here die Almagtige gekom. 5 Hier op aarde lewe julle in weelde en oordaad; julle smul na hartelus, en dit terwyl die slagdag reeds daar is. 6 Julle veroordeel en vermoor die onskuldige en hy bied geen teenstand nie

OORDENKING

Armoede van die gees is baie slegter as armoede in die vlees.
Jakobus vermeld ten minste vier verskillende vorme van geestelike armoede en onvolwassenheid in hierdie gedeelte.
Hy verwys na:
Gulsigheid — “Julle maak skatte bymekaar, en dit terwyl dit die laaste dae is” (Jas 5:3)
Onreg — “julle hou die loon agter van die werkers wat julle lande afgeoes het” (Jas 5:4)
Oordeel & Moord — “Julle veroordeel en vermoor die onskuldige en hy bied geen teenstand nie” (Jas 5:6)
Al hierdie goed het een ding in gemeen. Dit minag God en die medemens in ruil vir aardse voordeel.
Kom ons dink net bietjie prakties oor een van hierdie eienskappe.
Onreg — “julle hou die loon agter van die werkers wat julle lande afgeoes het” (Jas 5:4)
As ons net “loon” reken as betaling van ‘n werknemer, voel baie van ons veilig. Ons moet sensitief wees vir geestelike blindheid. As ons die denke so bietjie stimuleer deur daaroor te dink as “paaiement” verander die prentjie.
Wanneer iemand se brood en botter uit ‘n “paaiement” saamgestel word is die terughou daarvan om sy kos van sy tafel te weerhou.
In Jakobus se voorbeeld is die terughou van die loon se gevolge so erg dat daar om hulp by God geroep word. Ek wonder hoeveel skuldeisers tot vandag toe se gebede ook opgaan voor God.
Jy sien, dit is nie net die ryk persoon nie, maar ook die arm persoon, enige persoon, wat hulself bo hul vermoëns en gesindheid kan verbind. Enigiemand se “ja” loop die gevaar om minder in te hou as die bedoeling en beloftes wat daarin verskuil is. Enige so verbintenis plaas jou in die risiko om iets terug te hou tot jou tydelike voordeel. Geestelike armoede en blindheid kan enige persoon se hart oorskadu.
Mag die oë van my en jou hart oop wees vir geestelike tekortkomings wat lê en loer.

GEBED

Here, help my asseblief om met integriteit aan ander te gee wat hul toekom, ten spyte van my potensiële aardse verlies — Amen.
Related Media
See more
Related Sermons
See more