052 — Jakobus 5:1–12 | GEDULDIGE HOOP IN GOD

Die Brief van Jakobus  •  Sermon  •  Submitted   •  9:17
0 ratings
· 12 views
Files
Notes
Transcript

GEBED

Here, open asseblief U Woord vandag wanneer ons dit lees. Help ons om saam met Jakobus die waarheid van U Woorde te oordink — Amen.

WOORDVERKONDIGING

Inleiding

Wat is die waarheid waarop Jakobus fokus?
Hy volg in die voetspore van Jesus. Hy gebruik in besonder twee spesifieke vertellings uit Sy Bergpredikasie. Jesus se gesprek oor “skatte in die hemel” (Mat 6:19-20) en “die aflê van ‘n eed” (Mat 5:33-37).
Jakobus praat eerstens oor die mens met aardse skatte.
Daarna oor die mens met ‘n hemelse skat.
Dan vermaan hy die gelowige om nie geestelik te struikel onder druk van die ongelowige nie.

I. Skatte op die aarde, die ongelowige sondaar?

Mat 6:19Die mot en roes van die lewe (Jam 5:2)

Jakobus se eerste voorbeeld stem ooreen met Jesus se woorde in Mat 6:19 oor skatte op aarde. Jesus het gesê:
Matthew 6:19 AFRIKAAN
19 “Moenie vir julle skatte op aarde bymekaarmaak waar mot en roes dit verniel en waar diewe inbreek en dit steel nie.
Hy interpreteer eerstens die prentjie van mot en roes, van ‘n persoon wat besig is om verlore te gaan, ‘n persoon wie se belange en prioriteite op verkeerde plekke lê. Hy teken hierdie mense as ‘n druk groep: Hulle hou die loon terug van die werkers in hulle lande (Jam 5:4a).
Hierdie soort mens is so vasgevang in sy eie weë dat hy van God vergeet. Ek som vir ons sy woorde oor die onderwerp op:
1) Hulle moet herinner word aan die komende oordeel (Jam 5:1)
2) dat hulle aardse sukses sal degradeer (Jam 5:2)
3) Die degradasie sal vir hulle swaar wees (Jam 5:3a)
4) Hulle minag die komende oordeel (Jam 5:3b)
5) Hulle hou rykdom in stand met onreg (Jam 5:4-5)
6) Hulle misreken hulle met God (Jam 5:4b)
7) Hulle maak valse afleidings van sukses uit die onskuldige se passiewe houding teenoor onreg (Jam 5:6)
Die hele lewe van die ongelowige wat hier geskets word is die van een groot klug wat deur aardse belange gedryf word.
Jakobus doen geen oproep in hierdie gedeelte om tot bekering te kom of reg te stel nie. Die trant waarin hy praat skep die indruk van ‘n finaliteit. Mot en roes sal jou verteer … jy is skuldig as dit jou benadering en lewensuitkyk is.

Skatte in die hemel, die verloste gelowige?

Mat 6:20Die betroubare barmhartigheid en ontferming van God as skat in die hemel (Jam 5:11c)

Jakobus se tweede voorbeeld stem ooreen met Jesus se Woorde in Mat 6:20 oor skatte in die hemel:
Matthew 6:20 AFRIKAAN
20 Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar, waar mot en roes dit nie verniel nie en waar diewe nie inbreek en dit steel nie.
Jakobus interpreteer tweedens hierdie prentjie van skatte, van ‘n persoon wat met wysheid wandel, ‘n persoon wie se belange en prioriteite op die regte plekke lê. Hy reken dat hulle nog nie ten volle so leef nie. Daarom bied hy dit as oproep en aanmoediging aan om gefokus te bly op die skat in die hemel. Ek som vir ons sy gedagtes op:
1) Julle is bewus van die naderende koms van die Here (Jam 5:7;8b)
2) Wag nou geduldig en hou moed (Jam 5:7-8)
3) Hou jou kant van aardse verhoudings skoon (Jam 5:9)
4) Dra jou leiding met geduld (Jam 5:10)
5) Jou skat in die hemel is die Barmhartigheid en Ontferming van God (Jam 5:9)
Jakobus se fokus is op die barmhartigheid en ontferming van God as skat in die hemel. Hy inspireer ons om geduldig te wag en moed te hou. Ons hoop is op God gerig in Sy Seun Jesus Christus en Sy besliste koms.

Moet nie toegee aan die druk van die samelewing nie?

Mat 5:33-37 — Spesiale fokus op intergriteit

Jesus het ook die volgende gesê in Mat 5:33-37:
Matthew 5:33–37 AFRIKAAN
33 “Verder het julle gehoor dat daar van die ou tyd af aan die mense gesê is: ‘Jy mag nie jou eed verbreek nie, en ’n eed in die Naam van die Here moet jy nakom.’ 34 Maar Ek sê vir julle: Moet glad nie ’n eed aflê nie, nie by die hemel nie, want dit is die troon van God; 35 nie by die aarde nie, want dit is die rusplek vir sy voete; nie by Jerusalem nie, want dit is die stad van die groot Koning. 36 Jy moet ook nie jou kop op die spel plaas as jy ’n eed aflê nie, want jy kan nie een haar wit of swart maak nie. 37 Laat julle ‘ja’ eenvoudig ‘ja’ wees en julle ‘nee’, ‘nee’. Wat meer gesê word as dit, kom van die Bose.
Jakobus sluit hierby aan in sy weergawe van ‘n eed. Jy kom onder die indruk dat hy hier praat oor die druk wat die ongelowiges uitoefen op gelowiges.
Dit kan gebeur dat mense jou onder geestelike druk plaas. Dat hulle bo—menslike vereistes aan jou stel. Moet egter nie geestelik manipuleer word deur mense wie se skatte op aarde is nie.
Volg hierdie wyse raad:
1) Moet nie jou skuldeiser belowe wat jy nie kan lewer nie (Jam 5:12a)
2) Wees ‘n individu van onberispelike integriteit (Jam 5:12b)
— Laat jou “ja” jou “ja” wees en jou “nee” jou “nee”.
3) Wees ‘n individu wat met vrymoedigheid in die naderende oordeel sal staan (Jam 5:12c)

SAMEVATTING

Ek en jy moet die verganklikheid van die aardse en die ewigheid van God oordink.
Ons moet ons aardsgedrewe gesindhede laat staan.
Ons moet ag slaan op die hemelse en leef en streef na die onverganklike skat by God. Altyd bewus van die naderende oordeel van God.
Ons moet met integriteit leef sodat ons met vrymoedigheid kan rekenskap gee van ons lewe.
Kom ons neem die woorde uit die pen van Paulus ter harte:
2 Corinthians 4:17–18 AFRIKAAN
17 Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op ’n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly. 18 Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig

GEBED

Here, neem my ganse lewe en vul dit met geduld en hoop. Geduld en Hoop sodat ek op ‘n waardige wyse met integriteit kan uitsien na U wederkoms — Amen.

Liturgie

200 U goedheid, Heer, kan ons nie peil nie
331 Want so lief het God die wêreld gehad
Woordverkondiging
528 Leer my U wil Heer
Amen
Related Media
See more
Related Sermons
See more