051 — Jakobus 4:15 | VOLLEDIGE ONDERWERPING AAN GOD

Die Brief van Jakobus  •  Sermon  •  Submitted   •  2:07
0 ratings
· 8 views
Files
Notes
Transcript

GEBED

Here, ek luister vandag met die hart wat U in my in stand hou — Amen

SKRIFLESING

James 4:15 AFRIKAAN
15 Julle moet eerder sê: “As die Here wil, sal ons lewe en sal ons dit of dat doen.”

OORDENKING

Dit is nie die gebruik van die woorde nie maar die begrip en gesindheid daarvan wat van waarde is. ‘n Begrip van die soewereiniteit van God en ‘n gesindheid van nederige onderwerping.
Die woorde hou ook ‘n eenvoudige beginsel in wat ons denke ‘n bepaalde rigting gee. Omdat ons gelowig is en die Woord van God ken, gebeur daar iets. Sou ek en jy bose planne bedink en die woorde: “As die Here wil … “ daaraan heg gaan ons outomaties ons planne hersien.
Sou ons die woorde uitspreek is daar nog groter waarde. Ons roep daarmee getuies in wat dit hoor, ons moet dus rekenskap gee van wat ons sê.
Om net die regte gesindheid te hê is goed, maar om daardie gesindheid in woorde uit te druk hou ‘n groter verantwoordelikheid in.
Wat is die gewig van my en jou gedagtes? Wat is die gewig van ons woorde? Getuig my en jou lewe van hierdie soort afhanklikheid en aanspreeklikheid?

GEBED

Here, ek weet dit is U wil dat my lewe U “wil” sal ken … Dit is U wil dat my lewe U moet verheerlik, laat dit so wees tot U eer — Amen.
Related Media
See more
Related Sermons
See more