049 — Jakobus 4:13 | LEEF IN GOD SE TYD

Die Brief van Jakobus  •  Sermon  •  Submitted   •  2:22
0 ratings
· 9 views
Files
Notes
Transcript

GEBED

Here, aan U bring ek die lof uit die dieptes van my hart — Amen.

SKRIFLESING

James 4:13 AFRIKAAN
13 Kom nou, julle wat sê: “Vandag of môre sal ons na dié en dié stad toe gaan en ’n jaar lank daar bly; ons sal sake doen en geld maak.”

OORDENKING

Ons moet ons tyd onderwerp aan die wil van God! Hoe doen ‘n mens dit?
Daar is baie praktiese raad in die Woord van God. Ek wil vandag een gedagte uitlig uit Kolossense en Galasiërs. Dit sluit aan by die tema van Jakobus en dit praat oor twee verskillende verhoudings:
Kolossense 4:5 —
Colossians 4:5 AFRIKAAN
5 Tree met wysheid op teenoor die mense wat nog buite die gemeente is. Maak die beste gebruik van elke geleentheid.
Galasiërs 6:10 —
Galatians 6:10 AFRIKAAN
10 Solank ons die geleentheid het, moet ons dus aan almal goed doen, veral aan ons medegelowiges
Hoe kan ons tyd aan God se wil onderwerp? Deur die beste gebruik te maak van elke geleentheid deur God geskenk. Ons kan dit met ‘n karakter van wysheid en goeie optrede vul. Dit geld in die eerste plek teenoor medegelowiges maar so ook alle mense.
Mag God my en jou versterk om met wysheid en goeie optrede die dag van ons broers en susters in die geloof te verlig. Mag ons ook die vreemde gelowiges sowel as alle ander mense met menswaardigheid behandel.

GEBED

Here, U alleen is God — versterk U my gees en maak my wys en prakties in die gebruik van U tyd — U Naam ter eer — Amen.
Related Media
See more
Related Sermons
See more