046 — Jakobus 4:4 | DIENS EN VENNOOTSKAP MET GOD

Die Brief van Jakobus  •  Sermon  •  Submitted   •  3:32
0 ratings
· 25 views
Files
Notes
Transcript

GEBED

Here, open asseblief my oë vir die waarheid in U Woord — Amen.

SKRIFLESING

James 4:4 AFRIKAAN
4 Weet julle nie, julle ontroues, dat vriendskap met die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie ’n vriend van die wêreld wil wees, wys daarmee dat hy ’n vyand van God is.

OORDENKING

Ek wil jou vanoggend vertel van die dag toe my foute ontplof het. … So gebeur dit dat ek eendag met ‘n pak gevriesde aartappelskyfies voor die stoof staan. Die olie het stadig maar seker warm geword. Die tyd het aangebreek om die skyfies in te gooi. Toe die eerste klomp skyfies soos ‘n olimpiese duik kampioen die dieptes in tuimel ontplof daardie olie met mag en mening. Eers dog ek dit was net ‘n “belly—flop” van ‘n skyfie wat verkeerd land. Dit het onmiddelik begin oorkook en amper vlam gevat. Daardie dag het ek geleer, warm olie en ys, is nie maats nie.
Die meeste van ons weet dit, maar tog maak ons onbewustelik in gedagte heel dikwels foute. Vir ‘n aartappelskyfie is vriendskap met ys vyandskap met olie.
Wanneer ons oor geestelike dinge praat maak die onversoenbare nie altyd so ‘n sigbare aanskoulikheid soos kookolie en ys nie. Dit het die geneigdheid om eerder heel subtiel met mekaar saam te smelt. Die enigste manier om dieselfde effek met water en olie te kry is wanneer beide lou of beter nog, koud is. Selfs dan is dit onversoenbaar, onmoontlik om te meng.
Baie gelowiges verkies om soos lou of koue water en kookolie te wees. Hulle gaan eerder ‘n kompromie aan, tussen God en wêreld, as wat hulle toelaat om deeglik gesnoei te word. Wanneer jy brand vir die koninkryk van God is daar geen manier wat die koue wêreld in jou kan vermeng nie. Daar sal gedurig hierdie spanning en konflik in jou ontplof tot jy van die aardse afskei.
Die woorde van Matteus 6:24 kom in my gedagtes:
Matthew 6:24 AFRIKAAN
24 “Niemand kan vir twee base tegelyk werk nie. Hy sal óf die een minder ag en die ander een hoër, óf vir die een meer oorhê en die ander een afskeep. Julle kan nie God én Mammon dien nie.
Dit is nie moontlik om ‘n kompromie van “diens” aan te gaan tussen lig en duister nie.
Paulus se woorde eggo ook hierdie waarheid in 2 Kor. 6:14:
2 Corinthians 6:14 AFRIKAAN
14 Moenie met ongelowiges in dieselfde juk trek nie. Hoe kan daar vennootskap wees tussen reg en onreg? Hoe kan daar gemeenskap wees tussen lig en duisternis?
Dit is nie moontlik om ‘n kompromie van “vennootskap” aan te gaan tussen lig en duister nie.
Dink vandag bietjie oor jou verhouding met God na … Waar gooi ek en jy ys in die olie? Watter kompromieë of sondes probeer ons in die koninkryk indra? Laat ons ophou om die dinge te koester wat daarmee bots. Laat ons los waarvan ons verlos is?

GEBED

Here, versterk my om U alleen te dien met my hele lewe — Amen.
Related Media
See more
Related Sermons
See more