044 — Jakobus 4:1 | ONTWIKKEL AANDEEL IN VREDE

Die Brief van Jakobus  •  Sermon  •  Submitted   •  2:49
0 ratings
· 13 views
Files
Notes
Transcript

GEBED

Here, onderwerp asseblief my hart aan U Woord — Amen.

SKRIFLESING

James 3:18–4:1 AFRIKAAN
18 Hierdie wysheid bring jou in die regte verhouding met God, en jy moet dit gebruik om vrede te maak. 1 Waar kom die stryd vandaan, waar kom die rusies onder julle vandaan? Kom dit nie van julle selfsugtige begeertes wat gedurig binne-in julle woed nie?

OORDENKING

Jakobus het hoofstuk 3 afgesluit met die tema van vrede. Die wysheid waarvan hy praat maak vrede in die gemeente. In hoofstuk 4:1 neem hy hierdie tema een stap verder. Hy kyk na elke gelowige se persoonlike aandeel in die wanorde en twis wat onder hulle woed.
Ek wil uitlig dat Jakobus nie na gewone twis verwys nie. Wanneer ons sy vraag lees: “Waar kom die stryd vandaan, waar kom die rusies vandaan?”, dan is die woord wat hy vir “stryd” gebruik ‘n gelaaide woord. Dit is dieselfde woord wat in Openbaring vir oorlog gebruik word. Dit verwys na letterlike bloedige oorlog.
Wanneer jy die gewig van hierdie woorde in ag neem sien jy die ontsaglike groot kontras tussen die stryd en vrede raak. Dit is asof die vrede waarvan hy praat ‘n absolute heilige karakter begin kry. Enige stryd, al is dit net woordewisseling en geskille lyk onheilig en na oorlog te midde van die vrede wat veronderstel is om te heers.
Die groot vraag wat Jakobus vandag op die tafel sit is: Waaraan het ek en jy aandeel? Het ons aandeel in die vrede of het ons aandeel in die stryd. Ons kan nie op altwee paaie stap nie … dit is of die een of die ander. Ons sal moet kies waarmee ons onsself wil assosieer.
Is ek en jy stryders wat uit selfsug optree of is ons vredemakers wat leef uit die krag van God?

GEBED

Here, ek wil graag as vredemaker leef in U koninkryk. Mag die krag van U Gees my daarin dra — Amen.
Related Media
See more
Related Sermons
See more