042 — Jakobus 3:18 | REGTE VERHOUDING MET GOD

Die Brief van Jakobus  •  Sermon  •  Submitted   •  3:18
0 ratings
· 16 views
Files
Notes
Transcript

GEBED

Here, open U Woord asseblief vanoggend in my hart. Help my om U Woord te kan uitleef — Amen.

SKRIFLESING

James 3:18 AFRIKAAN
18 Hierdie wysheid bring jou in die regte verhouding met God, en jy moet dit gebruik om vrede te maak

OORDENKING

Dit gebeur soms in die lewe dat daar iemand is met óf oor wie ons nie vrede in die hart het nie. As hierdie vredeloosheid verband hou met sonde het ons wysheid nodig om dit te hanteer. Jakobus sê juis dat wysheid ons in die regte verhouding met God bring en dat ons dit ook moet aanwend om vrede te bewerk. Met hierdie vrede sluit hy beide God en die mens in.
'n Mens sou kon vra of Jakobus ‘n rangorde in sy woorde voorhou. Bedoel hy jy moet eers met God regmaak en dan met jou medemens. Ons moet egter nie hare kloof hieroor nie en wel ook onthou dat elke situasie op eie meriete hanteer moet word. Wat ons egter nie moet vergeet nie is dat Jesus wel so orde voorhou. Hy sê dat Ons eers met ons medemens moet regstel en dan met God.
Jesus stel hierdie orde by twee geleenthede wat beide met vrede te doen het. Die een voorbeeld is wanneer vredeloosheid beleef word weens uitstaande vergifnis en die ander voorbeeld handel oor direk vrede.
Jesus praat oor vergifnis en sê die volgende:
Matthew 6:14–15 AFRIKAAN
14 “As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. 15 Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie.
Verder sê Jesus ook in Mt 5
Matthew 5:23–24 AFRIKAAN
23 “As jy dus jou gawe na die altaar toe bring en dit jou daar byval dat jou broer iets teen jou het, 24 laat staan jou gawe daar by die altaar en gaan maak eers vrede met jou broer en kom dan en bring jou gawe.
Baie eenvoudig gestel sê hierdie voorbeelde dat vrede met God onvolkome is as dit nie in al ons verhoudings uitvloei nie. Dit is om met ‘n oneerlike hart voor God te staan. Vrede met God en mens moet gekoester word. Dit help om ‘n gesonde gees te huisves in jou lewe.
Mag ek en jy, waar daar onmin is, die vrede herstel. Mag ek en jy in die regte verhouding met God staan.

GEBED

Here, help my waar daar onmin is om die vrede in U Naam te herstel, tot eer en verheerliking van U — Amen.

Jakobus 3:18 | REGTE VERHOUDING MET GOD (Bibliography)

Harris, W. Hall, III, Elliot Ritzema, Rick Brannan, Douglas Mangum, John Dunham, Jeffrey A. Reimer, and Micah Wierenga, eds. The Lexham English Bible. Bellingham, WA: Lexham Press, 2012.
Die Bybel: Nuwe Vertaling. Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998.
Related Media
See more
Related Sermons
See more