041 — Jakobus 3:14 | VERRUIL DIE DEKMANTEL VAN ONEERLIKHEID VIR WAARHEID

Die Brief van Jakobus  •  Sermon  •  Submitted   •  3:32
0 ratings
· 10 views
Files
Notes
Transcript

GEBED

Here, open asseblief U Woord wanneer ons saam lees vandag — Amen.

SKRIFLESING

James 3:14 AFRIKAAN
14 Terwyl daar bittere naywer en selfsug in julle harte is, moet julle nie daarmee spog dat julle wysheid het nie, want dan praat julle nie die waarheid nie.

OORDENKING

Een van Jakobus se hooftemas is selfmisleiding of oneerlikheid met jouself. In v.14 is dit nie anders nie. As jy dink jou slegte selfgesentreerde gewoontes is goed, dan mislei jy jouself. Die verwagting is dat waarheid vir ons meer sal weeg as persoonlike voorkeure.
Daar is ‘n hele aantal voorbeelde in die Bybel van mense wat hulself en ander mislei het. Hulle sê een ding maar doen iets anders. Ek wil twee voorbeelde van doelbewuste misleiding uitlig.
Jakob, byvoorbeeld, het vir Laban gewerk. Na baie jare se diens, net nadat sy seun Josef gebore is, wou hy wegtrek. Maar, hy sou feitlik leë hande wegtrek. Daarom maak hy plan. Hy soek nie betaling vir sy arbeid vanaf Laban nie (Gen 30:31). Hy verkies om eerder al die lammers en skape wat nie wit is nie af te keer as vergoeding (Gen 30:32). Op die manier sou sy eerlikheid aan die lig kom (Gen 30:33). Maar, dan lees ons later in Gen 30:37-43 dat hy die teling manipuleer op ‘n vindingryke wyse om meer bont vee te gee. Jakob gee voor om eerlik te wees maar manipuleer sake vir persoonlike gewin agter Laban se rug.
Jakob se seuns het ook in sy oneerlike voetspore gevolg. Net Josef was ‘n uitsondering. Hulle het hul broer Josef verkoop as slaaf. Daarna word hy ‘n baie magtige man in Egipte. Sy broers kom haal dan jare later kos by hom tydens die droogte. Min weet hulle wie hierdie man regtig is. So verseker hulle herhaaldelik hierdie vreemde man van hul eerlikheid, min wetende dat hy Josef is en hul geskiedenis van oneerlikheid goed ken (Gen 42:11,19,31,33-34).
'n Mens kan soms voordeel trek uit jou leuens soos Jakob. Jy kan soms veilig voel in jou leuens soos sy seuns. Dit maak dit egter nie reg nie. Ons kan nie geestelike kwaliteite bely en gebruik as dekmantel vir ons valse doen en late nie.
Judas skryf hieroor in vv. 3-4: “… sekere mense (het) ongemerk julle geledere binnegedring, … Hulle misbruik die genade van ons God. Hulle gebruik dit as dekmantel om losbandig te lewe, en hulle verwerp ons enigste Meester en Here, Jesus Christus.”
Sou daar onheilighede onder ons mantel lê, moet ons dit raaksien en erken teenoor onsself en God. Mag ons mantels van misleiding neergooi en die wapenrusting van God aantrek en standvastig wees in waarheid, woord en daad.

GEBED

Here, U Waarheid is oortuigend die enigste waarheid — Amen.

PREACHING THEME | Honesty and Dishonesty (Bibliography)

Adeney, W. F. “Honesty.” Edited by James Hastings. A Dictionary of Christ and the Gospels: Aaron–Zion. Edinburgh; New York: T&T Clark; Charles Scribner’s Sons, 1906.
Brand, Chad, Charles Draper, Archie England, Steve Bond, E. Ray Clendenen, and Trent C. Butler, eds. “Honesty.” Holman Illustrated Bible Dictionary. Nashville, TN: Holman Bible Publishers, 2003.
Orr, James, ed. The International Standard Bible Encyclopedia: 1915 Edition. Albany, OR: Ages Software, 1999.
Grenz, Stanley J., and Jay T. Smith. Pocket Dictionary of Ethics. The IVP Pocket Reference Series. Downers Grove, IL: InterVarsity Press, 2003.
Hastings, James. “HONEST, HONESTY.” Edited by James Hastings, John A. Selbie, A. B. Davidson, S. R. Driver, and H. B. Swete. A Dictionary of the Bible: Dealing with Its Language, Literature, and Contents Including the Biblical Theology. New York; Edinburgh: Charles Scribner’s Sons; T. & T. Clark, 1911–1912.
Orr, James. “Honest, Honesty.” Edited by James Orr, John L. Nuelsen, Edgar Y. Mullins, and Morris O. Evans. The International Standard Bible Encyclopaedia. Chicago: The Howard-Severance Company, 1915.
Pfeiffer, Charles F., Howard Frederic Vos, and John Rea. The Wycliffe Bible Encyclopedia. Moody Press, 1975.
Harris, W. Hall, III, Elliot Ritzema, Rick Brannan, Douglas Mangum, John Dunham, Jeffrey A. Reimer, and Micah Wierenga, eds. The Lexham English Bible. Bellingham, WA: Lexham Press, 2012.
Die Bybel: Nuwe Vertaling. Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998.
Related Media
See more
Related Sermons
See more