039 — Jakobus 3:14 | BEYWER JOU VIR DIE KONINKRYK VAN GOD

Die Brief van Jakobus  •  Sermon  •  Submitted   •  3:34
0 ratings
· 5 views
Files
Notes
Transcript

GEBED

Here, spreek asseblief vanuit U Woord tot my hart — Amen.

SKRIFLESING

James 3:14 AFRIKAAN
14 Terwyl daar bittere naywer en selfsug in julle harte is, moet julle nie daarmee spog dat julle wysheid het nie, want dan praat julle nie die waarheid nie.

OORDENKING

Ek wil vandag met jou gesels oor die woordjie “naywer”. Die woord word ook uitgedruk in die Nuwe Testament met woorde soos verteer, afguns en jaloesie. Dit kan positief of negatief gebruik word.
Kom ons kyk na een negatiewe voorbeeld. Ons moet onthou dat Jakobus in die begin van hoofstuk 3 sy luisteraars aandui as leermeesters. In die lig hiervan wil ek ‘n ander voorbeeld gebruik uit Handelinge. Die apostel het baie tekens en wonders onder die volk gedoen (Acts 5:12). Die hoëpriester hou nie daarvan nie en dan staan daar hieroor in Handelinge (Acts 5:17)
Acts 5:17 AFRIKAAN
17 Die hoëpriester en al sy ondersteuners, wat aan die party van die Sadduseërs behoort het, is met afguns vervul en het besluit om in te gryp.
Hier het ons te doen met ‘n geestelike leier wat afgunstig of jaloers is op ander. Hierdie afguns moet nie in die hart van geestelike leiers wees nie. Ons is immers nie in wedstryd teen mekaar nie maar samewerkers in die koninkryk van God. As die hoëpriester net sy hart oopgemaak het sou hy die krag van God sien werk deur die apostels.
Die woord vir “naywer” word ook positief gebruik. Tydens Paasfees het Jesus die tempelplein gereinig van al die handelaars. Die dissipels onthou dan die gedagte in Ps 69:9. Die bewoording word net so bietjie anders in Joh 2:17 weergegee. Daar staan:
John 2:17 AFRIKAAN
17 Toe het sy dissipels daaraan gedink dat daar geskrywe staan: “Die liefde vir u huis verteer my.”
Die twee voorbeelde het een ding in gemeen. Beide is ‘n perspektief op die koninkryk van God. Die hoëpriester se afguns is negatief teenoor die vooruitgang van die koninkryk van God terwyl Jesus verteer word deur Sy liefde vir die huis van die Here.
Jakobus gebruik “naywer” in die negatiewe sin soos die hoëpriester. Wat moet gebeur is dat ons harte gevul moet wees met die positiewe gesindheid soos in die hart van Jesus. Ons moet die hart allereers beywer vir die koninkryk van God. Wanneer hierdie gesindheid in die hart is, verduidelik Jakobus, begin ons geloof volkome word.
Mag ek en jy alle naywer, jaloesie en afguns neerlê. Mag ons die hart beywer vir die koninkryk van God.

GEBED

Here, neem my hart en laat dit Heer U gewy wees meer en meer — Amen.
Related Media
See more
Related Sermons
See more