038 — Jakobus 3:13-14 | AFHANKLIKHEID

Die Brief van Jakobus  •  Sermon  •  Submitted   •  2:44
0 ratings
· 12 views
Files
Notes
Transcript

GEBED

Here, Spreek asseblief deur U Woord tot my hart — Amen.

SKRIFLESING

James 3:13–14 AFRIKAAN
13 Is daar ’n wyse en verstandige mens onder julle? Dan moet hy dit toon deur sy goeie gedrag en deur dade wat van nederigheid en wysheid getuig. 14 Terwyl daar bittere naywer en selfsug in julle harte is, moet julle nie daarmee spog dat julle wysheid het nie, want dan praat julle nie die waarheid nie.

OORDENKING

Jakobus sit sy tema van die vorige gedeelte voort. Onthou dat hy in v. 12 die volgende gesê het: “’n Vyeboom, my broers, kan tog nie olywe dra nie, of ’n druiwestok vye nie. ’n Brak fontein kan mos nie vars water gee nie”. Net so kan ‘n Wyse en Verstandige persoon nie vrugteloos wees nie.
Jakobus gaan egter een stap dieper as wysheid en verstand en dui aan dat “naywer en selfsug” uit die hart kom. Die hart word as die oorsprong van alle fisiese en geestelike lewe gebruik. Hy het reeds gevra “wie kan die tong tem?”. ‘n Veel dieper vraag begin nou in die agtergrond eggo: “Wie kan die hart van die mens tem?”
Stadig maar seker is Jakobus besig om ons voor te bery om ontvanklik te wees vir sy grootste argument: Volledige Afhanklikheid van God.
Vir vandag moet ons eers net besef hoe afhanklik ons van God is om ons insig en wysheid te gee. Insig, dat ons nie sal dink ons eie naywer en selfsug is goed nie. Wysheid, dat ons die aanpassings in ons lewe kan maak waar nodig.
“Is daar ’n wyse en verstandige mens onder julle?” vra Jakobus: ” Dan moet hy dit toon deur sy goeie gedrag en deur dade wat van nederigheid en wysheid getuig.” (Jakobus 3:13)

GEBED

Here, neem my hart in hierdie week en vernuwe my tot U eer — Amen.
Related Media
See more
Related Sermons
See more