035 — Jakobus 3:7-12 | VALSE LOF

Die Brief van Jakobus  •  Sermon  •  Submitted   •  3:40
0 ratings
· 7 views
Files
Notes
Transcript

GEBED

Here, open asseblief my hart om U wysheid ter harte te neem — Amen.

SKRIFLESING

James 3:7–12 AFRIKAAN
7 Alles wat loop, vlieg, kruip of swem, elke soort dier word en is al deur die mens getem, 8 maar geen mens kan die tong tem nie. Dit is ’n rustelose kwaad, vol dodelike gif. 9 Met die tong loof ons die Here en Vader, en met die tong vloek ons die mense wat as die beeld van God gemaak is. 10 Uit dieselfde mond kom lof en vloek. My broers, so moet dit nie wees nie. 11 ’n Fontein laat tog nie uit dieselfde oog vars en brak water opborrel nie. 12 ’n Vyeboom, my broers, kan tog nie olywe dra nie, of ’n druiwestok vye nie. ’n Brak fontein kan mos nie vars water gee nie

OORDENKING

Wanneer ek verlede week se voorbeeld van Jakobus langs vandag se voorbeeld sit is daar iets wat skandelik uitspring uit die teks.
Ek lees net weer ‘n gedeelte uit verlede week se teks, onthou, dit was aan gelowiges in die algemeen gerig:
James 2:15–16 AFRIKAAN
15 Sê nou daar is ’n broer of ’n suster wat nie klere het nie en dag vir dag honger ly, 16 en sê nou een van julle sou vir hulle sê: “Mag dit met julle goed gaan; gaan trek julle warm aan en eet genoeg,” maar julle gee nie vir hulle wat hulle nodig het om van te lewe nie, wat help dit dan?
Kontrasteer hierdie voorbeeld met sy voorbeeld in vandag se teks gerig aan die selfgeproklameerde leermeesters:
James 3:9 AFRIKAAN
9 Met die tong loof ons die Here en Vader, en met die tong vloek ons die mense wat as die beeld van God gemaak is.
Alhoewel Jakobus die verband tussen woorde en dade en beheersing van die tong beklemtoon slaan hy die hou baie hard en diep.
Onthou dat hy gesê het dat leermeesters baie swaarder as ander beoordeel sal word en dat leermeesters mense nie moet vervloek nie. Ons moet raaksien hoe hierdie twee waarhede in die gedeelte eggo.
Ek hoor Jakobus amper so iets sê soos die volgende, en ek gaan dit hard verwoord: “Liewe dominee, jou lidmate seën mense en ontbreek wel in dade, maar jy jou skeinheilige, jy vervloek mense terwyl jy die lof van God verkondig!”
Jakobus tik die leermeesters nie net op die tong nie, hy kap dit af, die oordeel is streng, dit val hard. Die mooiste is dat hy dit doen sonder om hulle eenkeer te vervloek. Hy vermaan hulle met die gesag van die wysheid van God.
Ek wil die welbekende woorde van Jesus eggo: “Wie ore het moet luister!”

GEBED

Here, ek hoor U duidelik, mag dit waar wees van ons elkeen se hart — Amen.
Related Media
See more
Related Sermons
See more