032 — Jakobus 3:1 | LEERMEESTERS VAN WAARHEID

Die Brief van Jakobus  •  Sermon  •  Submitted   •  3:14
0 ratings
· 12 views
Files
Notes
Transcript

GEBED

Here, aan U bring ek al die lof en eer uit die diepte van my hart — Amen.

SKRIFLESING

James 3:1 AFRIKAAN
1 My broers, julle moenie almal leermeesters wil wees nie, want julle moet weet dat ons wat leermeesters is, strenger as ander beoordeel sal word.

OORDENKING

Elke keer wat Jakobus sê, “My Broers”, ly hy ‘n nuwe tema in. Die tema wat hy aanraak is die van leierskap. Jesus het oor leierskap gepraat en die belang van vrug en spraak uitgelig in Matthew 12:33–37. Ek lees vir ons Matt 12:36
Matthew 12:36 AFRIKAAN
36 “Dit sê Ek vir julle: Van elke ligsinnige woord wat die mense sê, sal hulle rekenskap moet gee op die oordeelsdag.
Jesus se woorde was in reaksie op die fariseërs se aanklag waarin hulle gesê het: “Hy dryf bose geeste uit alleen met die hulp van Beëlsebul, die aanvoerder van die bose geeste.” (Mt 12:24)
Wanneer Jakobus praat oor beheersing van die tong het dit natuurlik ‘n wye algemene toepassing. Maar net soos Jesus is hy baie spesifiek. Dit gaan oor gekontroleerde uitsprake oor waarheid wat die redding van die mens beïnvloed.
Die probeleem van leierskap in die vroeë kerk was alom bekend. Die Jode wat gelowig geword het, het hulself dikwels beskou as die met gesaghebbende kennis. Die gevolg was dat baie die eerbare posisie van leermeester wou en kon beklee. Paulus het baie geleentheid gegee aan hierdie gelowiges om te praat maar hy het hulle ook goed gesensor veral in hulle woordeskat.
Jakobus se klag is dat te veel gelowiges oorangstig is om te praat en te leer. Hulle is eenvoudig nog nie in die volle leer aangaande Christus onderrig nie en kan daarom maklik foute maak. Jesus het byvoorbeeld met Nikodemus, ‘n Fariseër, gepraat oor wedergeboorte. Wanneer Nikodemus nie wedergeboorte verstaan nie antwoord Jesus hom:
John 3:10 AFRIKAAN
10 En Jesus antwoord hom: “Jy is die bekende leermeester van Israel en jy verstaan dit nie?
Ek raak net weer opnuut bewus van die ontsaglike verantwoordelikheid wat op elkeen se skouers rus wat praat met die bedoeling om te leer.
Mag die Here my en jou woorde, deur die werking van die Heilige Gees, daagliks vul met waarheid.

GEBED

Here, leer en onderrig my in U waarheid — Amen.
Related Media
See more
Related Sermons
See more