030 — Jakobus 2:25–26 | FERM SAGMOEDIGE LEIERSKAP

Die Brief van Jakobus  •  Sermon  •  Submitted   •  3:23
0 ratings
· 11 views
Files
Notes
Transcript

GEBED

Here, open U Woord in my hart — Amen.

SKRIFLESING

James 2:25–26 AFRIKAAN
25 Is Ragab die prostituut nie ook vrygespreek op grond van wat sy gedoen het toe sy die verkenners weggesteek en hulle met ’n ander pad laat ontkom het nie? 26 ’n Liggaam wat nie asemhaal nie, is dood. So is die geloof wat nie tot dade kom nie, ook dood

OORDENKING

Ek dink ons begryp almal Jakobus se argument en die wysheid wat hy met ons deel: “’n Liggaam wat nie asemhaal nie, is dood. So is die geloof wat nie tot dade kom nie, ook dood.”
Ek wil net bietjie uit ‘n ander hoek na Jakobus kyk. Hy hanteer die onvolwasse gelowiges met ‘n besondere gesindheid wat getuig van sy liefde vir die Here en alle mense wat deur Hom geroep is.
Jakobus se gebruik van Ragab as voorbeeld in feitlik dieselfde asem as Abraham laat my wonder of Ragab nie dalk vir die heidene gereken word soos Abraham vir die Jode nie.
Ragab word deur Jakobus aangehaal hoogswaarskynlik omdat sy vanuit ‘n heidense volk is. Sy verteenwoordig dus alle gelowiges wat nie 'n Joodse herkoms het nie. Haar toetrede tot redding was vanweë haar geloof en dade wat getuig dat sy erken dat die God van Israel waarlik God is. Die skrif vertel ons nie veel van haar geloofslewe nie behalwe dat sy deur verhale rondom haar beweeg is tot optrede in guns van God se koninkryk op aarde. Die gevolg van hierdie geloof en dade ly tot haar vryspraak.
Hy beoefen wat hy verkondig. Hy neem beide gelowiges met Joodse herkoms en die van heidense oorsprong in ag wanneer hy oor geloof, dade en redding praat. Hy oordeel dus self nie vanuit aardse oorwegings nie maar neem die beginsels van God se koninkryk ter harte. Sy sagmoedige tog streng hantering van die onderwerp is ‘n inspirerende voorbeeld vir ons kontekstuele hantering van probleme.
Ons inspirasie vind ons nie in Jakobus nie maar dan juis in God wat aan Hom hierdie wysheid gee sonder voorbehoud.
Mag ek en jy met ‘n ferm sagmoedigheid die wêreld se misformde geloof vernuwe deur die krag van God se Woord.

GEBED

Here, skenk aan ons die wysheid om U Woord met U hart te verkondiging — Amen.
Related Media
See more
Related Sermons
See more