028 — Jakobus 2:18-19 | TOLERANSIE VAN GELOOF?

Die Brief van Jakobus  •  Sermon  •  Submitted   •  3:38
0 ratings
· 21 views
Files
Notes
Transcript

GEBED

Here, U Woord is vir my ‘n lig op my pad in die donkerste nag. Laat U Woord my vandag die weg wys — Amen.

SKRIFLESING

James 2:18–19 AFRIKAAN
18 Maar iemand kan miskien sê: “Die een het die geloof en die ander het die dade.” Goed, wys dan vir my jou geloof wat sonder dade is, en ek sal jou my geloof wys uit my dade. 19 Glo jy dat daar net een God is? Dit is reg. Die bose geeste glo dit ook—en hulle sidder van angs.

OORDENKING

Ek wil nie herhaal wat reeds gesê is oor hierdie gedeelte nie. In my hart is 'n dieper vraag:
1) Wat moet my as geestelike leier se tolleransie wees met myself en medegelowiges t.o.v. Jakobus se definisie van ware geloof? (Jam 2:18)
In v. 19 gee Jakobus ‘n voorbeeld wat duidelik argumenteer dat daar geen tolleransie is vir ‘n geloof wat net in waarheid glo nie. Dit is net beweerde geloof. Die “geen tolleransie” het niks te doen met my as mens se gevoel in die hart nie, dit het te doen met waarheid en wysheid wat deur God geopenbaar is. As ek in my hart sou voel dat daar versagtende omstandighede is vir hierdie soort geloof dan moet ek dit vanuit God se Woord staaf. Ek kry nie so voorbeeld in die Bybel nie. As iemand dalk so voorbeeld opspoor, wys dit asseblief vir my uit.
Jakobus het ook reeds duidelik uitgewys dat geloof ten volle gehoorsaamheid aan God is en nie net gedeeltelik nie. Volle gehoorsaam aan God is beide geloof en dade wat volledig van dieselfde waarheid getuig.
Ek wil dit herhaal: “Volle gehoorsaam aan God is beide geloof en dade wat volledig van dieselfde waarheid getuig.”
Kom ons kyk net na een dieper voorbeeld. Jy kan nie bely dat Christus die Verlosser is wat vir jou sonde gesterf het maar aan die ander kant nie bereid wees om jou sonde te bely nie. Jy wil m.a.w. net waarheid oor Christus glo maar voort gaan om jou eie natuur te doen. Dit is om soos bose geeste te glo. Hulle glo waarheid oor God, maar leef hul eie natuur.
Hoe erken ons hierdie soort geloof? Wanneer iemand die Bybel lees en die voorkeure van die menslike natuur as lens vir interpretasie gebruik. Dink mooi na oor Jakobus se voorbeeld van die hantering van ‘n ryk en arm persoon (James 2:2–4). Dit is ‘n Teologie van beweerde geloof met natuurlike of persoonlike voorkeure.
Mag ek en jy groei tot volle geestelike volwassenheid volledig onderwerp aan God.

GEBED

Here, sny die dooie lote in my lewe na U wil — Amen.
Related Media
See more
Related Sermons
See more