027 — Jakobus 2:15-17 | GELOWIGES SOOS UIE

Die Brief van Jakobus  •  Sermon  •  Submitted   •  4:08
0 ratings
· 9 views
Files
Notes
Transcript

GEBED

Here, Mag U Woord my hart verlig — Amen.

SKRIFLESING

James 2:15–17 AFRIKAAN
15 Sê nou daar is ’n broer of ’n suster wat nie klere het nie en dag vir dag honger ly, 16 en sê nou een van julle sou vir hulle sê: “Mag dit met julle goed gaan; gaan trek julle warm aan en eet genoeg,” maar julle gee nie vir hulle wat hulle nodig het om van te lewe nie, wat help dit dan? 17 So gaan dit ook met die geloof: as dit nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer dood.

OORDENKING

Ek weet nie wie het Shrek gekyk nie. Shrek verduidelik homself vir “donkey”. Op ‘n stadium sê hy: “Ogars are like onions, Ogars have layers”.
Jakobus skryf aan mense wie se geloof soos uie is. Hy trek laag vir laag van hulle geloof af en stroop dit tot op die been. Die dikste laag om af te skil is die feit dat hulle hoor wat Jakobus sê oor geloof en dade want dit is hoe hulle hulself sien.
Die probleem is hulle invalshoek op hierdie waarheid. Hulle kyk eensydig en sien net wat hulle praat en doen teenoor die ryk man maar mis wat hulle nalaat om te doen teenoor die arm man. Jakobus is besig om ‘n haarfyn snit te maak in hulle geloof.
Verlede week in Jam 2:2-4 het hy ‘n voorbeeld gebruik waarin die gelowiges se tong en dade in die guns van ‘n ryk man val. Hulle geloof, hulle woorde en hulle dade stem ooreen in hierdie optrede teenoor die ryk man. Daar is dus ‘n interne persepsie onder die gelowiges dat hulle geloof volkome is omdat hulle voldoen aan Jakobus se verwagting oor ware geloof.
In vandag se teksgedeelte (Jam 2:15-17) gebruik hy ‘n voorbeeld waarin gelowiges se tong in guns van die arm man val maar nie hulle dade nie. Ons sien dus tot dusver ‘n gelowige wat die ryk man seën en goed behandel en die arm man net seën. Dade teenoor die arm man ontbreek. Die prentjie van volkome geloof is nog nie klaar geskilder in die gelowiges se lewe nie.
Jakobus teken ‘n geloof wat volkome lyk maar eintlik eensydig is en daarom onvolkome. Die misleiding is baie fyner as bloot net die verband tussen geloof en dade. Dit gaan oor my en jou persepsie dat ons geloof vir onsself volledig lyk.
Dit gaan nie alleen oor die lae wat in my en jou geloof ingesluit is nie maar oor daardie een laag wat uitgesluit is. Daardie een laag wat mens nie self kan raaksien nie maar iemand nodig het om vir jou uit te wys.
Jesus sny met hierdie woorde:
Matthew 5:46–48 AFRIKAAN
46 As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet, watter loon kan julle dan nog verwag? Maak die tollenaars nie ook maar net so nie? 47 En as julle net julle broers groet, wat doen julle meer as ander? Maak die heidene nie ook maar net so nie? 48 “Wees julle dan volmaak soos julle hemelse Vader volmaak is.

GEBED

Here, vorm my om volkome en volmaak te wees soos U dit bedoel het — Amen.
Related Media
See more
Related Sermons
See more