026 — Jakobus 2:14 | BEWERINGS VAN GELOOF?

Die Brief van Jakobus  •  Sermon  •  Submitted   •  2:02
0 ratings
· 7 views
Files
Notes
Transcript

GEBED

Here, laat U Woord, U wil, my lewe nuut maak — Amen.

SKRIFLESING

James 2:14 AFRIKAAN
14 Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Kan so ’n geloof ’n mens red?

OORDENKING

Ons het gister die teks benader deur die argument en aard van die geloof te oordink van Jakobus se voorbeelde.
Vandag verskuif ons fokus na die hartklop van die probleem wat Jakobus aanspreek. Hy spreek nie die aard van geloof aan nie. Hy gebruik die aard van ware geloof om die valse bewerings van geloof te ontmasker en te kelder.
Hy het reeds verduidelik dat daar ‘n soort geloof is wat net die ene tong is. Dit debatteer maklik oor God (Jam 1:12-18) , dit praat maklik uit woede (Jam 1:19), dit oordeel maklik volgens die uiterlike (Jam 2:1-4) en deel selfs maklik valse seëninge uit (Jam 2:15-17).
Ek en jy moet stil sit en na ons self kyk in hierdie spieël. Sien ons tong-geloof of sien ons doen-geloof?
James 2:14 AFRIKAAN
14 Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Kan so ’n geloof ’n mens red?

GEBED

Here, help my hierdie week om U seëninge uit te deel meer as woorde — Amen.
Related Media
See more
Related Sermons
See more