025 — Jakobus 2:14–26 | Volkome Aktiewe Reddende Geloof

Die Brief van Jakobus  •  Sermon  •  Submitted   •  12:54
0 ratings
· 10 views
Files
Notes
Transcript

GEBED

Here, ons vergader vandag in die Gees om U Woord vir ons elkeen te hoor. Mag die beperkinge van ons menswees vir hierdie oomblik deur U gees verlig word — Amen.

Voorwoord

Soms gaan ons gesin na ons familie om Kersdag die geboorte van ons Here saam met hulle te herdenk en familie tyd deur te bring. In die verlede het ons partykeer 'n minderbevoorregte persoon genooi om op Kersdag by ons te kom eet. Verlede jaar was ek af op die dag en het ons ‘n plaaslike gemeente gaan besoek. Daardie dag het iemand aan die gemeente borde kos geskenk. Almal kon lekker eet. Daar het egter oorgebly en ons gesin het dit gaan uit deel op straat aan behoeftige persone.
Ek was in hierdie week by past. Pat vd Westhuizen. Ek en my vrou wil weet of hulle dit wat hulle begin het hierdie jaar gaan of kan voortsit? Ek, Nolene, Pat en sy vrou Corene, gaan hande vat. Ons visie is om mindebevoorregte persone van Woord, Kos en Poeding met dalk ‘n klein geskenkie te voorsien.
Voor jy dalk ‘n klomp logistieke vrae vra, ek deel net vandag die visie en vra of jy betrokke sou kon wees.
Ek en Past. Pat gaan die week wat kom behoeftige mense identifiseer en hulle dan persoonlik nooi. Ons soek m.a.w. syfers.
Ons gaan ook ‘n spyskaart identifiseer. Spyskaart is natuurlik die kos, die boodskap, die geskenkies en alles wat in plek moet wees. Daar moet orde en eenvormigheid wees daardie dag, want as mense is ons almal gelyk voor God sê Jakobus.
Ons wil nie die mense kerk toe bring nie, ons wil die kerk na hulle toe vat. So ons gaan kyk of ons met die stadsraad ‘n tyd en plek kan vaspen waar niemand ons sal teëstaan in die bediening op Kersdag nie.
Ons weet regtig nie wat gaan gebeur daardie dag nie, ons weet net ons moet doen. Vir hierdie roeping, die reëlings, en sommer net alles bid ons vir wysheid.
Ek sal volgende Sondag dit wat ons die week tussen al die ander take deur kon doen deurgee. Kom ons luister na wat die Gees in Jakobus se Brief vir ons leer: Ons identifiseer die nood, ons vra wysheid daaroor, en ons doen dit.

SKRIFLESING

Ons lees vanoggend saam uit Jam 2:14-26.
Ons gaan die teks twee keer deurlees. Die eerste keer luister ons net. Die tweede keer gaan ek die vloei van sy argument uitlig.
Jam 2:14-26
Ons gaan nou weer lees, maar ek gaan myself onderbreek. Die doelwit is om vir jou die helderheid van die wysheid in hierdie teks uit te lig. Dit help ons ook om te verstaan wat ons lees.
James 2:14–26 (AFRIKAAN) kursief is telkens my eie
Jakobus begin deur “geloof” en “dade” en die verband met “redding” op die tafel te sit deur te sê:
14 — Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Kan so ’n geloof ’n mens red?
Volgende gee hy ‘n kontekstuele voorbeeld wat Nood identifiseer waarop “geloof” en “dade” beide rageer. Hy sê:
15 — Sê nou daar is ’n broer of ’n suster wat nie klere het nie en dag vir dag honger ly,
16 — en sê nou een van julle sou vir hulle sê: “Mag dit met julle goed gaan; gaan trek julle warm aan en eet genoeg,” maar julle gee nie vir hulle wat hulle nodig het om van te lewe nie, wat help dit dan?
17 — So gaan dit ook met die geloof: as dit nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer dood.
Hy erken volgende die mens se rassionele teëstand teen sy gevolgtrekking:
18 — Maar iemand kan miskien sê: “Die een het die geloof en die ander het die dade.” Goed, wys dan vir my jou geloof wat sonder dade is, en ek sal jou my geloof wys uit my dade.
Dit is so asof Jakobus volgende sê: “Nou goed, as julle dan wil redeneer hieroor, moenie net een teenargument uitdink nie, sit alle kombinasies van teenargumente op die tafel. Wag, ek doen dit sommer vir julle”:
Die eerste argument — Wat van net “Geloof” en “Redding” — kyk na die Bose Geeste:
19 — Glo jy dat daar net een God is? Dit is reg. Die bose geeste glo dit ook—en hulle sidder van angs.
Die tweede argument — Wat van “Geloof”, “Dade” en “Redding” — kyk na ons Aartsvader Abraham:
20 — Jou dwaas, wil jy ’n bewys hê dat geloof sonder dade nutteloos is?
21 — Ons voorvader Abraham het sy seun Isak op die altaar gelê. Is dit nie op grond van wat hy gedoen het dat God hom vrygespreek het nie?
Abraham se geloof en dade, sê Jakobus, wil ek klem op lê, want dit is hoe ons moet glo, luister net hier:
22 — Jy sien dus dat sy geloof met dade gepaard gegaan het en dat dit eers deur dade volkome geword het.
23 — So is die Skrif vervul wat sê: “Abraham het in God geglo, en God het hom vrygespreek,” en hy is ’n vriend van God genoem.
24 — Julle sien dus dat ’n mens vrygespreek word op grond van sy dade en nie net op grond van sy geloof nie.
Die Derde argument: Wat van “Dade” en “Redding” — kyk na ‘n Heidense Prostituut wat ook deur dade gered is:
25 — Is Ragab die prostituut nie ook vrygespreek op grond van wat sy gedoen het toe sy die verkenners weggesteek en hulle met ’n ander pad laat ontkom het nie?
Dit is so asof Jakobus afsluit en sê: Liewe Broers, daar is geen teenargument vir die rol van “dade” in die wysheid van God wat kan staande bly nie.
26 — ’n Liggaam wat nie asemhaal nie, is dood. So is die geloof wat nie tot dade kom nie, ook dood

WOORDVERKONDIGING

Wysheid oor die verband tussen Geloof, Dade ene Redding

Die belangrike tekortkoming in die mens wat Jakobus identifiseer en aanspreek is die verhouding tussen “geloof”, “dade” en “redding”.
Oor die verhouding tussen “geloof” en “dade” sê hy dat “dade” ons “geloof” volkome maak.
James 2:22 AFRIKAAN
22 Jy sien dus dat sy geloof met dade gepaard gegaan het en dat dit eers deur dade volkome geword het.
Ek dink nie een van ons kan teen die helderheid van die wysheid hieroor argumenteer nie.

Bedelings van Redding

Wanneer die Bybel oor Redding praat is daar twee kontekste. Redding tot die ewige lewe in die bedeling na die fisiese dood, maar ook redding in die huidige bedeling.
Ons Redding in die huidige bedeling is twee ledig van aard:
Ons word gered in die Gees. Ons sterf innerlik saam met Christus en staan ook innerlik saam met Hom op.
Ons word ook letterlik in ons fisiese aardse bestaan gered uit lewensbedrygende omstandighede.

Drie Bedelings Argumente

Ek wil jou aandag vestig op die drie bedelings van redding in Jakobus se voorbeelde:
Die voorbeeld oor die bose geeste is net in die spirituele ruimte. Hulle eindbestemming is reeds vasgemaak.
Abraham was in die huidige bedeling gered deurdat God hom vrygespreek het, maar ook is hy fisies vrygespreek daarvan om sy kind te offer. Verder weet ons ook dat die Nuwe Testament getuig dat Abraham se ewige lewe in die bedeling na die fisies dood vas staan. In teen deel, die Skrif sê dat hy leef en nie dood is nie. God het gesê: “‘Ek is die God van Abraham, die God van Isak, en die God van Jakob’? Hy is nie die God van dooies nie maar van lewendes.” ‘— (Matthew 22:32 — AFRIKAAN)
Ragab aan die ander kant is in die huidige bedeling gered. Die Skrif vertel ons in Joshua (Jos 2) van haar redding tydens die vernietiging van Jerigo. Verder lees ons niks oor haar ewigheid nie. Ons weet nie wat met haar na haar dood gebeur het nie. Die Woord van God swyg daaroor. Ons kan alleenlik afleidings maak en hoofsaaklik hoop probeer inbou as ons oor haar nadink. Jakobus sê ook niks oor geloof nie, net dat haar “dade” tot haar vryspraak gelei het.

Die Enigste Sekerheid

Kan jy sien dat Jakobus die gewig van redding na die “dade” se kant toe gooi? Kan jy sien dat die voorbeeld oor Abraham die enigste defnitiewe definisie van reddende geloof is? Dit sluit redding in al die aspekte van ons lewe in. Die Woord swyg nie oor Abraham se geestelike redding nie, dit swyg nie oor sy fisiese redding nie en dit swyg nie oor sy ewige redding nie.

Persoonlike Refleksie

Wanneer ek hierdie teks lees word ek diep geraak in verskeie opsigte:
Ek word diep geraak oor die aard van ware geloof. Ek word diep geraak oor die aard van redding. Ek word diep geraak oor die implikasies van hoe my geloof lyk en die reddende uitkoms:
Om net te glo soos bose geeste is sidderend.
Om net te doen soos Ragab is ‘n onvolledige tog naelskraap redding.
Om soos Abraham GeloofsHandelend te wandel is volkome.

Persoonlike Oortuiging

Ek weet nie van jou nie, maar ek is oortuig:
James 2:26 AFRIKAAN
26 ’n Liggaam wat nie asemhaal nie, is dood. So is die geloof wat nie tot dade kom nie, ook dood

Uitdaging

Wat gaan ek en jy volgende doen?

GEBED

Here, ek hoor wat U sê, nou gaan ek doen wat U sê — Amen.
Related Media
See more
Related Sermons
See more