024 — Jakobus 2:12-13 | GOD ALLEEN TRIOMFEER IN CHRISTUS

Die Brief van Jakobus  •  Sermon  •  Submitted   •  4:22
0 ratings
· 32 views
Files
Notes
Transcript

GEBED

Here, spreek asseblief tot die dieptes van my hart — Amen.

SKRIFLESING

James 2:12–13 AFRIKAAN
12 Praat en tree dan op soos mense wat geoordeel sal word volgens die wet wat vry maak. 13 Die oordeel sal onbarmhartig wees oor dié wat nie barmhartigheid betoon nie. Maar barmhartigheid triomfeer oor die oordeel

OORDENKING

Wat bedoel Jakobus met “die wet wat vrymaak”? Dit voel so half teenstrydig met die feit dat ons deur genade en geloof gered word. Hierdie teenstrydige gevoel is egter nie waterdig nie. Die gevoel van teenstrydigheid is dalk eerder ‘n teken dat die wysheid wat Jakobus leer nog nie heeltemal grond gevat het in ons denke nie.
Jakobus herdefinieer hoe mens “geloof” en “werke” moet verstaan. Die wysheid wat hy ontvang het en met ons deel is dat geloof sonder dade dood is en dat dade sonder geloof ook dood is. Die een moet die ander insluit anders is dit geestelik onvolwasse of onvolledig.
Sy fokus in v. 12 lê op “praat” en “doen” om die interaktiewe verstaan van geloof en dade te beklemtoon. Deur na die wet te verwys as die wet wat vry maak bring hy twee skynbaar uiteenlopende konsepte bymekaar uit.
Die een konsep is dat jy die wet moet onderhou om gered te word. Die ander is dat jy moet glo om gered te word. Hierdie onderskeid blyk nie vir Jakobus ‘n korrekte of wyse benadering te wees nie. Die nalaat van die een veram die ander. Vir Jakobus is onderhouding van die wet en geloof in Christus een en dieselfde konsep.
Ons word deur ons geloof alleen gered, maar dan moet ons hierdie geloof definieer. Jakobus sê hierdie herdefinieering is uiters noodsaaklik want die bose het ook ‘n definisie vir geloof. Hy sê hieroor in Jakobus (Jam 2:19)):
James 2:19 AFRIKAAN
19 Glo jy dat daar net een God is? Dit is reg. Die bose geeste glo dit ook—en hulle sidder van angs.
Die bose se definisie van “geloof” ontbreek aan die werke wat getuig van ‘n vrywillige onderwerping en gehoorsaamheid aan God (vgl. ook Jam 2:19-20).
Die wet en dade het nie minder belangrik geword vanweë die genade van God en ons geloof in Christus nie. Christus het gekom om die wet sy volle betekenis te gee. In teen deel, die nakoming van die wet is geloof in Christus in aksie.
Jakobus definieer egter “die wet wat vrymaak” baie fyn. Hy sê dat ons geoordeel sal word volgens die wet wat vry maak. Hieroor sê hy:
James 2:13 AFRIKAAN
13 Die oordeel sal onbarmhartig wees oor dié wat nie barmhartigheid betoon nie. Maar barmhartigheid triomfeer oor die oordeel
Beginsel gewys sê dit: Nakoming van die wet het niks te vrees in die oordeelsdag nie omdat dit aan die wet voldoen.
Ek wil net so bietjie fyner verwoord waarop dit neerkom. Barmhartigheid is deel van die karakter van God, God oordeel nie sy eie karakter nie. Daarom moet ek en jy met Christus, die beeld van God, een wees. Alleen dan triomfeer ons in Christus oor die oordeel.
Mag ek en jy in Christus waarlik vry wees!
GEBED
Here, U is my Vryheid, my Verlosser, my Oorwinnaar — Amen.
Related Media
See more
Related Sermons
See more