023 — Jakobus 2:6-11 | WETGEWING GAAN OOR GOD

Die Brief van Jakobus  •  Sermon  •  Submitted   •  6:43
0 ratings
· 9 views
Files
Notes
Transcript

SKRIFLESING

James 2:6–11 AFRIKAAN
6 Maar julle behandel die arm man met minagting. Is dit nie die rykes deur wie julle uitgebuit word nie, en is dit nie hulle deur wie julle voor die hof gesleep word nie? 7 Is dit nie hulle wat die goeie Naam skend van Hom aan wie julle behoort nie? 8 As julle werklik die wet van die koninkryk van God onderhou soos dit in die Skrif staan: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself,” dan doen julle reg. 9 Maar as julle die mense na die uiterlike beoordeel, doen julle sonde en veroordeel die wet van God julle as oortreders. 10 As iemand die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, is hy skuldig ten opsigte van al die gebooie. 11 God wat gesê het: “Jy mag nie egbreuk pleeg nie,” het ook gesê: “Jy mag nie moord pleeg nie.” As jy nou nie egbreuk pleeg nie, maar wel moord, is jy tog ’n oortreder van die hele wet.

OORDENKING

v. 6 Wat handel oor die verwronge oordeelsvermoeë van die mens is duidelik. Dit laat mens in ‘n paar opsigte goed na jou eie hart kyk en ek vertrou dat die duidelikheid van die vers ons almal perspektief gee.
Ek wil met jou gesels oor vv. 8-11 wat handel oor wetgewing, God en ons denke daaroor. Dink bietjie oor die volgende na:
Ons praat gewoonlik oor die Tien Gebooie. Net die benaming alleen skep die indruk dat dit tien apparte gebooie is. Jakobus gee ons ‘n beter perspektief — hy beskryf die wet as ‘n eenheid wat in sy geheel verstaan moet word en waarvan jou optrede net na een van twee kante kan uitspeel. Jy is ongehoorsaam aan God of jy is gehoorsaam. Omdat Jakobus soort van op nakoming van die wet “hammer” sou mens dalk geneig wees om bietjie te worstel met die genade van God. Dit lyk maklik of jy deur die wet na te kom kom iets verdien by God soos byvoorbeeld “die koninkryk” volgens Jakobus (Jam 2:5))
Voor my en jou oë in daardie rigting dink, kom ons verwoord dit heeltemal anders. Jakobus is nie wetisisties nie maar uiters God-georienteerd.
Kom ons dink net so bietjie dieper want die wêreld waarin ons leef vra dat ons baie dinge fyner moet nuanseer.
Wie gaan jy vertrou, iemand met ‘n verwronge oordeelsvermoeë (Jakobus (Jam 2:6-7)) wat jou probeer leer, of iemand wat wysheid van God gevra het soos Jakobus (Jam 2:8-11)). Jakobus het wysheid by God gevra oor wetgewing en dit is wat hy hier leer.
Vir iemand wat die wet sien as morele kodes is dit belangrik om onderskeid te tref tussen apparte wette. Die morele kodes sou dan kultureel onderhandelbaar wees. Jy sou kon besluit wat om met wette te maak in jou eie konteks.
Vir iemand wat die Wet oor God gaan, is die wet nie ‘n klomp morele kodes wat kultureel onderhandelbaar sou wees nie. Dit gaan oor God en nie noodwendig die wet en moraliteit daarvan nie. God is eerste prioriteit en daarna wetgewing.
Dit is soos my en jou lus vir roomys: Gestel ek is lus vir roomys en God sê: “Jy mag nie roomys eet nie”. Nou voel ek in my hart, maar roomys is tog nie sleg vir my nie want dit het ‘n eienskap wat my afkoel as dit so warm is. Nou begin ek met God vanuit my perspektief redeneer oor die relevansie van Sy wetgewing in 2020 want ek voel anders as Hy.
Kom ons dink vir ‘n oomblik anders hieroor. Ek onderhandel nie met God oor Sy uitspraak nie, ek aanvaar dit omdat God dit gegee het. Dit is Sy Woord, ongeag my persoonlike insig of my aardse relevante afleiding. Omdat God gesê het dit is verkeerd aanvaar ek dit so.
Vir sommige mense het dit te doen met ‘n onintellegente benadering om te sê: “Omdat God so sê is dit so”.
Dit is egter nie die waarheid nie. Die waarheid is: Dit gaan oor God en nie oor die wet nie. Dit is ‘n teken van respek en onderwerping aan God om Hom gehoorsaam te wees. Hoe ons na die wet kyk vertel ‘n baie groot verhaal oor hoe ons oor God dink.
Hierdie benadering beteken nie dat God onbillike of onwaar uitsprake of verwagtinge in Sy wet lewer nie. Sou ons enige so swakheid identifiseer in die wet vertel dit net nog meer van ons vervalle sondige perspektief. Die enigste een wat ooit die wet kan nuut maak is Jesus Christus.
Jesus sê: Matteus (Mat 5:17))
Matthew 5:17 AFRIKAAN
17 “Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete ongeldig te maak nie. Ek het nie gekom om hulle ongeldig te maak nie, maar om hulle hulle volle betekenis te laat kry.
Jakobus sien dit gaan nie oor gehoorsaamheid aan wette nie, dit gaan oor Gehoorsaamheid aan God omdat Hy God is!
Spreuke (Prov 1:7))
Proverbs 1:7 AFRIKAAN
7 Kennis begin met die dien van die Here; dit is net dwase wat wysheid en opvoeding gering ag.
Related Media
See more
Related Sermons
See more