022 — Jakobus 2:5 | AFHANKLIKHEID VAN GOD

Die Brief van Jakobus  •  Sermon  •  Submitted   •  3:28
0 ratings
· 20 views
Files
Notes
Transcript

GEBED

Here, ek wil graag U stem hoor, open asseblief my hart vir U Woord — Amen.

SKRIFLESING

James 2:5 AFRIKAAN
5 Luister, my liewe broers! Kies God nie juis dié uit wat in die oë van die wêreld arm is, om ryk te wees in die geloof en om die koninkryk in besit te neem wat Hy belowe het aan dié wat Hom liefhet nie?

OORDENKING

Uiterlike diskriminasie is in die eerste plek verkeerd, sê Jakobus, omdat dit teenstrydig is met God se innerlike handelinge. Verder moet ons begryp dat God Sy koninkryk belowe het aan die wat Hom liefhet en dat liefde vir God juis sigbaar word in die wyse waarop mense mekaar behandel.
Ek wil jou aandag vestig daarop dat God die arm persoon nie in die sin van aardse armoede oordeel nie, maar innerlike afhanklikheid.
Die beginsel wat Jakobus hier gebruik om oor God te praat vind ons in Jesus se woorde in Matt 5:3
Matthew 5:3 AFRIKAAN
3 “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.
Die Ou Vertaling is nader vertaal aan die wyse waarop Jakobus dit gebruik:
Matthew 5:3 Afrikaanse Ou Vertaling
3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.
Die term “arm van gees” het te doen met mense wat met ‘n groot afhanklikheid in die hart uitgesien het na die koms van die Messias, die Verlosser van die wêreld. Hierdie gesindheid is nie net die letterlike arm gelowige beskore nie maar ook die rykman. Onthou Jakobus se woorde in (Jak. (Jam 1:9-10a))
(Jak. (Jam 1:9-10))
Jak. Jas 1:9-10 — “’n Gelowige wat arm is, moet hom daarin verheug dat hy sy aansien in God het, en een wat ryk is, dat hy voor God gering is … “
In die lig van ons teks vanoggend, Jakobus (Jam 2:5)), vra ek myself af: “Sien ek elkeen wat arm van gees is rondom my raak?” Dit is belangrik om hulle raak te sien en te bedien, want God het ‘n wonderlike boodskap vir elkeen … “want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.”
Mag ek en jy deur die oë van God na die wêreld kyk. Mag ons elkeen raaksien wat arm van gees is, wat smag na God en Sy Verlossing. Mag ons die seëninge van Sy koninkryk na hulle neem in die Naam van Sy Seun Jesus Christus.

GEBED

Here, seën asseblief die oë van my hart om te sien vanuit U oë — Amen.
Related Media
See more
Related Sermons
See more