020 — Jakobus 2:1 | DIE HEERLIKHEID VAN GOD

Die Brief van Jakobus  •  Sermon  •  Submitted   •  3:47
0 ratings
· 20 views
Files
Notes
Transcript

GEBED

Here, mag U Woord tot my hart spreek vandag — Amen

SKRIFLESING

James 2:1 AFRIKAAN
1 My broers, julle wat glo in ons Here Jesus Christus, die Here aan wie die heerlikheid behoort, moet mense nie volgens hulle uiterlike beoordeel nie.

OORDENKING

Jakobus se woordkeuse in v. 1 is baie spesiaal. Hy beskryf ons Here Jesus Christus as “die Here aan wie die heerlikheid behoort”.
Die “Heerlikheid” van God of dikwels beter bekend as die “Glorie” van God, is ‘n teologiese term wat gebruik word in die Ou Testament tydens die oordeel, redding en seëninge van God.
Dit word hoofsaaklik op twee maniere gebruik: 1) Dit kan verwys na ‘n eienskap van God of 2) 'n spesifieke persoonlike manifestasie van God. Wanneer dit as manifestasie gebruik is dui dit op God se persoonlike teenwoordigheid en heerskappy. Ons sou ook kon praat van die “heerlikheid van God” as “God met ons”, dit is die bedoeling van die uitspraak.
Voorbeelde hiervan is wanneer God se Gees tydens die Skepping oor die waters sweef (Gn 1:2). In die uittog as wolkkolom (Ex 13:21,22) en die verskeining van die Engel van die Here aan Moses in die brandende bos (Ex 3:2). Die Here se heerlikheid rus ook op die verbondsark en so word ‘n kind byvoorbeeld “Ikabod” genoem om aan te dui dat die Here se heerlikheid die volk verlaat het toe die ark gesteel is (1 Sam 4:21).
Die term word later gebruik om God se inwoning van Sy tempel op aarde te beskryf. Dawid skryf byvoorbeeld in Psalm 26:8
Psalm 26:8 AFRIKAAN
8 Here, u woonplek, die tuiste van u heerlikheid, het ek lief.
Jakobus se keuse van woorde om Jesus te beskryf as die Here aan Wie die heerlikheid behoort is gewigtig. Hy sê daarmee onderandere dat Jesus God is, dat Hy regeer en Hy die vervulling van die Ou Testamentiese verwagting is — Hy is God met ons.
In besonder gebruik hy dit om sy lesers bewus te maak dat hulle in God se teenwoordigheid is juis omdat hulle glo in Christus. Hulle moet ook bewus wees van Sy komende oordeel en die absolute geregtigheid van God tydens die oordeel (Jam 2:13). Ons moet saam met die vroeë lesers bewus wees van die Glorieryke teenwoordigheid van God in Christus wanneer ons hierdie gedeelte lees.
Die gewig van hierdie teks, Jam 2:1-13, lê in die bewustheid van die Glorieryke teenwoordigheid van God.
Mag ek en jy hierdie week bewus wees dat God teenwoordig is waar ons ookal gaan en mag ons in die lig van Sy Glorieryke teenwoordigheid wandel.

GEBED

Here, U Heerlikheid het ek lief — Amen
Related Media
See more
Related Sermons
See more