019 — Jakobus 2:1–13 | DIE TONG AS VENSTER VAN JOU HART

Die Brief van Jakobus  •  Sermon  •  Submitted   •  9:59
0 ratings
· 20 views

Jakobus deel met ons wysheid oor dade en spesifiseer dat gelowiges nie moet diskrimineer o.g.v. die uiterlike nie.

Files
Notes
Transcript
Week 4

Storie

“Jou tong en dade is die venster van jou hart” — Ek stap die week net nadat dit so hard gereën het by Spar in … voor die voordeur is ‘n bordjie … “Qaution, Slippery when wet” … ek voel hoe die waarheid teen my rugmurg gly en ek besluit om maar van die ander kant af in te gaan …
Dit laat my dink, ek wil ‘n gesigmasker maak wat sê: “Qaution, Slippery when wet” óf in Afrikaans “Versigtig, jou tong is nat, hy kan maklik gly” en agter op my hemp, vir elkeen wat dalk omdraai om weer te kyk, die woorde “waar jou tong draai volg jou hart” …
Het jy geweet jou tong is op ‘n nat plek en kan maklik gly? En as jou tong gly gly jy saam?
Verlede Sondag se teks het afgesluit met Jam 1:26-27 wat juis die glyende tong wil tem:
James 1:26–27 AFRIKAAN
26 As iemand dink hy is godsdienstig, maar hy hou nie sy tong in toom nie, bedrieg hy homself. Sy godsdiens is waardeloos. 27 Egte en suiwer godsdiens voor God die Vader is om weeskinders en weduwees in hulle moeilike omstandighede by te staan en om jou skoon te hou van die besmetting van die wêreld
Hou jou skoon van die besmetting van die wêreld, tem jou tong en tem jou dade.
Jakobus gee in Jam 2:1-13 ‘n voorbeeld van die ongetemde tong en dade. Hierdie voorbeeld sny baie diep in die hart in en oortuig my defnitief om te dink wat ek sê en wat ek doen. My gebed is dat dit dieselfde vir elkeen van ons sal doen.

GEBED

Voor ons saam lees, kom ons buig net die hoofde in gebed.
Here, ons staan voor U as die Heilige God. Mag ons vandag onsself duidelik sien in U Woord en ons lewens dienooreenkomstig inrig — Amen.

SKRIFLESING Jam 2:1-13

Woordverkondiging

Ons gaan in die komende week tydens die oordenkings na die merkwaardige woordgebruik van Jakobus kyk. Hy sê ongelooflik baie in hierdie 13 verse.
Ek wil wel vandag saam met jou op net een waarheid fokus.
Oorsig van Jak 2:1-13
Jakobus sê die wêreldse mens is partydig (Jam 2:2-4) en boonop het hulle dubbelsinnige standaarde (Jam 2:6-7). Dubbelsinnig, want die rykes wat hulle uitbyt en die Naam van die Here skend behandel hulle met respek en hoë agting (Jam 2:6-7).
God aan die anderkant het nie sulke dubbele standaarde nie, Hy is onpartydig (Jam 2:5).
Daarom doen Jakobus ‘n oproep tot die gelowiges. Gelowiges moet nie diskrimineer (Jam 2:1) nie want dit reflekteer nie die karakter van God nie (Jam 2:5).
Spieël van keuse — Wat Jakobus hier doen is om die gelowiges voor ‘n spieël van die heerlikheid van God te laat staan (James 1:23–25). Hulle moet hul eie vuilheid sien en die heiligheid van God. En dan moet hulle besluit hoe gaan hulle hier wegstap.
Die genade van God bring Christus in my en jou tot stand, ons kan deur die genade nuut word of ons kan toelaat dat die besmetting van die wêreld hierdie genade rem.
Ek wil jou uitnooi om saam met my in die spieël te kyk. Jakobus sê hierdie spieël het ‘n merkwaardige eienskap. My en jou tong en ons optrede wys wat ons reflekteer uit die hart.
Kom ek sê dit duideliker: “My en Jou tong en gevolglik dade is die ware venster van ons hart”. Dit wys of ek en jy besmet is met die wêreld en of ons onsself ootmoedig aan God onderwerp. “Jou tong vertel die naakte waarheid oor jou hart”
Storie — Dit is so dat die mens se hart traag is om te begryp. Daarom wil ek vir jou ‘n storie vertel van iets wat werklik hierdie week gebeur het.
My vrou, Nolene, het my uitgevat vir ete een aand. Ons het ‘n lekker “combo” van drie soorte vleis bestel saam met aartappel skyfies.
Een van die bestuurders van die restorant het ons kom groet en verneem hoe dit gaan. Nadat ons ons kos gekry het kom hy weer en knoop ‘n vinnig gesprek met ons aan.
Hy het gevra of hy my kos met my kan deel. My antwoord was grappenderwys soos volg: “Ek sal al my kos met jou deel behalwe my vleis”
Hy wys toe met sy hande na die oop plek langs Nolene en vra: “Can I share your meat?” My antwoord was: “Ja, jy is welkom om te sit” Laggend reageer hy en sê: “Gotcha”, terwyl hy na Nolene wys.
Toe hy weg is vra Nolene my: “Sal jy my met hom deel?”
My antwoord was soos volg: “As dit is hoe hy dink, maak dit sy hart onrein — nie my hart nie, my hart is hieroor rein.”
Die onreinheid van hierdie man se hart het gereflekteer in sy opmerkings en gebare. Jou tong kan jou skandes een vir een aanteken of jou tong kan die seëninge van God reflekteer.
Spieël keer om — Kan jy vir ‘n oomblik sien hoe die spieël omgedraai het?
Wat sien jy as jy in hierdie spieël kyk? Wat sien ander as hulle in die spieël kyk? Wat sien God as Hy na my en jou kyk?
Jakobus stel hierdie vraag op ‘n ander manier: “Die oordeel sal onbarmhartig wees oor dié wat nie barmhartigheid betoon nie. Maar barmhartigheid triomfeer oor die oordeel” (Jas 2:13).
God is barmhartig, sal Hy dit in jou sien as jy voor Hom staan? God is liefde, sal Hy dit in my en jou sien as ons voor Hom staan? God is Heilig, reflekteer ons Sy heiligheid?
Ek wil jou oproep een aanmoedig saam met Jakobus …
James 2:12 AFRIKAAN
12 Praat en tree dan op soos mense wat geoordeel sal word volgens die wet wat vry maak.

GEBED

Here, ons sien onsself in ons woorde en dade. Help ons om eerlik te wees en heel te word waar ons gebroke is. Vorm en maak ons elkeen volgens U wil — Amen.
197 Wonderbare Koning
Woordverkondiging
Belydenisaflegging
Anke Lied?
Nagmaal
Geloofsbelydenis
266 Ons Vader (aan Tafel)
Related Media
See more
Related Sermons
See more