017 — Jakobus 1:23–25 | Transformerende Wil van God

Die Brief van Jakobus  •  Sermon  •  Submitted   •  2:12
0 ratings
· 8 views
Files
Notes
Transcript

GEBED

Here, maak asseblief U wil aan my bekend vanuit U Woord — Amen

SKRIFLESING

James 1:23–25 AFRIKAAN
23 Iemand wat altyd net die woord aanhoor en nooit doen wat dit sê nie, is soos een wat na sy gesig in ’n spieël kyk: 24 hy bekyk homself, gaan van die spieël af weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het. 25 Maar iemand wat hom verdiep in die volmaakte wet wat ’n mens vry maak, en hom daaraan hou en nie vergeet wat hy hoor nie, maar dit doen, hy sal gelukkig wees in wat hy doen.

OORDENKING

Ek lees ‘n artikel opsoek na ‘n voorbeeld om die boodskap vanoggend tuis te bring. My hart was nie gereed vir die bewoording wat suiwer uit die bladsye in my hart opkruip nie. Evangelis Howard Butt (jnr.) het die bedoeling blatant in die kol verwoord.
Te veel kerkgangers is geneig om preek-luister as 'n doel op sigself te beskou, soveel so dat preek-luister eintlik een van ons grootste sondes kan wees.
Preek-luister is 'n 'ontsnapping' van God se praktiese wil. "God wil transformasie hê van luister na lewe."
Mag ek en jy weg beweeg van ons eie wil na die transformerende wil van God.

GEBED

Here, leer my volkome luister met hande en voete — Amen
Related Media
See more
Related Sermons
See more