016 — Jakobus 1:22 | Die Hol-Boom-Sindroom

Die Brief van Jakobus  •  Sermon  •  Submitted   •  2:48
0 ratings
· 8 views
Files
Notes
Transcript

GEBED

Here, laat U wil deur ons lees van U Woord geskied — Amen.

SKRIFLESING

James 1:22 AFRIKAAN
22 Julle moet doen wat die woord sê en dit nie net aanhoor nie, anders bedrieg julle julleself.

OORDENKING

Om die Woord ootmoedig aan te neem het ‘n praktiese komponent. Dit loop uit op dade. Hier in v. 22 (Jam 1:22) waarsku Jakobus teen selfmisleiding. Die selfmisleiding moet uitgewys word omdat die een wat daaronder gebuk gaan dit nie self kan insien nie. As Gelowiges het ons nodig dat die wysheid van God oor ons skyn om hiervan bewus te word.
Selfmisleiding is baie soos ‘n groot boom in die woud. Stap jy in die woud dan sien jy hier en daar ‘n ontsaglike groot boom. Hulle is die toonbeeld van krag en standvastigheid. Jy wonder by jouself hoekom kap die bosbouers nie hierdie groot bome af nie, hulle het tog immers meer hout? Hulle het tog ‘n groter nut en waarde?
Die rede is eenvoudig. Groot bome is dikwels verrot aan die binnekant. Dit is die soort boom waarin houtkappers en termiete kom nes maak. En dit is dié bome wat dikwels in 'n sterk windstorm omgewaai word, want alhoewel hulle die beeld van krag en standvastigheid blyk te wees, is hulle in werklikheid baie swak.
Een van Jakobus se deeglike uiteensettings van die “hol-boom-sindroom” is in v. 26:
James 1:26 AFRIKAAN
26 As iemand dink hy is godsdienstig, maar hy hou nie sy tong in toom nie, bedrieg hy homself. Sy godsdiens is waardeloos.
Gelowiges word opgeroep om innerlik en uiterlik in harmonie met die Woord van God te kom. Hierdie harmonie is kenmerkend van standvastigheid en geestelike volwassenheid.

GEBED

Here, ly ons deur U Heilige Gees om innerlik en uiterlik aan Woord te voldoen — Amen.
Related Media
See more
Related Sermons
See more