015 — Jakobus 1:21 | Die Woord kan julle red

Die Brief van Jakobus  •  Sermon  •  Submitted   •  2:55
0 ratings
· 10 views
Files
Notes
Transcript

GEBED

Here, open asseblief my oë opnuut vir U Woord dat ek my ootmoedig daaraan kan onderwerp — Amen.

SKRIFLESING

James 1:21 AFRIKAAN
21 Daarom moet julle al die sedelike vuilheid en ongeregtigheid opruim wat so welig tier, en ootmoedig die woord aanneem wat God in julle geplant het, want dié woord kan julle red.

OORDENKING

Hoekom is dit noodsaaklik om ons harte te reinig van sedelike vuilheid en ongeregtigheid? Want, sê Jakobus, dit veroorsaak dat ons doen wat verkeerd is in die oë van God (Jam 1:20). En op sy beurt lei dit daartoe dat ons ‘n onbestendige, onstandvastige, lewe lei. Dit maak ook die samelewing onstabiel.
Jakobus maak duidelik dat die Woord van God ‘n ontsaglik belangrike rol speel in die vernuwing van elke gelowige se lewe. Dit is daarom belangrik dat ons dit met “ootmoed” aanneem. Om dit met “ootmoed” aan te neem is om met ‘n volledig afhanklike nederigheid die woord van God ter harte te neem. Dit impliseer ook dat ek en jy Sy Woord as gesaghebbend sal aanvaar en ons heelhartig daaraan sal onderwerp.
Ek wil Jakobus se gesprek tot nou so bietjie anders verwoord. Hy sê: Julle as gelowiges hou julle met allerhande godsdienstige redenasies en randsake besig. Julle redeneer oor God se rol in versoeking en vermy ware kontak met God. Julle doen alles behalwe om standvastig te bly en af te reken met versoekings. Raak bewus van julle sondige toestand en hou op om julle slim te hou en onderwerp julle volledig aan God.
Die mens is dikwels geneig om ware kontak met die Woord van God te vermy. Die Woord wat lig bring in ons sondige bestaan. Die Woord praat hier in vers 21 met my en jou hart. Ek en jy moet alle sedelike vuilheid en ongeregtigheid opruim. Ons moet ons in ootmoed onderwerp aan die Woord van God. Ootmoedige Onderwerping is ‘n eienskap van ‘n standvastige lewe.
Ek onderwerp my vandag net weer opnuut in ootmoed aan die gesag van God en Sy Woord.

GEBED

Here, ek aanvaar U Woord as gesaghebbend in my lewe — Amen.
Related Media
See more
Related Sermons
See more