012 — Jakobus 1:16-18 | Ambassadeurs van Sy Koninkryk

Die Brief van Jakobus  •  Sermon  •  Submitted   •  2:22
0 ratings
· 6 views

Gelowiges is eerstelinge van die Skepping en daarom Ambassadeurs vir God en va Sy koninkryk.

Files
Notes
Transcript

GEBED

Here, ek lees vandag uit U woord omdat ek U liefhet. Mag U woord voortdurend oor my liefde wag hou — Amen.

SKRIFLESING

James 1:16–18 AFRIKAAN
16 Moenie julleself mislei nie, my liewe broers. 17 Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo. Dit kom van die Vader wat die hemelligte geskep het, maar wat self nie soos hulle verander of verduister nie. 18 Omdat dit sy wil was, het God ons deur die woord van die waarheid tot die lewe gebring, sodat ons, om dit so te stel, eerstelinge kan wees van alles wat Hy geskep het

OORDENKING

Jakobus het ons tot hier opgeroep om standvastig te wees. Hy gee egter nie sommer enige voorbeeld van hoe en waarop dit gebasseer moet wees nie. Hy vertel ons van God. Hoe alles wat goed is uit Hom vloei en Hy self standvastig is in Sy wese.
Die verwagting wat Jakobus dus teken is gebasseer op die karakter van God. In die lig hiervan moet ek en jy weet dat ons geroep is om in hierdie koninkryk van God te deel en daarom moet ons die goedheid en standvastigheid van God reflekteer in ons optrede.
Mag ek en jy altyd onthou, te midde van alle omstandighede, dat ons ambassadeurs van God is in hierdie wêreld. Mag hierdie waarheid deel wees van ons denkproses maar in besonder ook van ons optrede.

GEBED

Here, vul asseblief my gedagtes opnuut met waarheid oor U en waarheid oor my roeping as U kind — Amen.
Related Media
See more
Related Sermons
See more