011 — Jakobus 1:14-15 | Die aandeel van menslike begeertes

Die Brief van Jakobus  •  Sermon  •  Submitted   •  3:50
0 ratings
· 9 views
Files
Notes
Transcript

GEBED

Here, spreek asseblief vandag opnuut deur U woord — Amen.

SKRIFLESING

James 1:14–15 AFRIKAAN
14 Maar ’n mens word verlei deur sy eie begeertes wat hom aanlok en saamsleep. 15 Daarna, as die begeertes bevrug geraak het, bring dit die sonde voort; en as die sonde ryp geword het, loop dit uit op die dood.

OORDENKING

As Jakobus in ‘n hofsaak gewikkel was dan het hy in gister se teks, v. 13, en vanoggend in v. 14-15 ‘n duidelike uitspraak gemaak: Met betrekking tot versoekings is God onskuldig en die mens skuldig.
Hierdie uitspraak in die mond van Jakobus moet egter nie net in die verlede by daardie gelowiges bly nie. Ook ons moet die werklikheid besef wat so aan ons eie lyf raak. Ook ons as gelowiges in 2020 word met ons eie begeertes gekonfronteer. Geen mens kan hom van homself distansieer nie en daarom moet ook ek en jy hierdie ernstige vraag vra: Wat is my persoonlike aandeel in die versoekings waarmee ek worstel? oo ons moet leer om eerlik te wees met onsself.
Ek lees in een van my beradings boeke ‘n paar gedagtes raak oor versoeking wat ek graag vanoggend met jou wil deel. Die bedoeling is dat ons ook voor die spieël sal staan (Jam 1:23) en dieper sal kyk met die bedoeling om reg te maak in ons lewens.
In ‘n neutedop verduidelik die skrywer hoe versoekings van ons diepste innerlike behoeftes teiken en op ‘n misleidende wyse ons verhouding met God inperk.
Die volgende paar eienskapppe van versoekings verwoord ek op my eie manier as volg:
Versoekings is Verleidelik en spreek jou hoop en begeertes aan. Dit belowe jou voortdurend dat jy beter af sal wees as wat jy nou is. Dit is Genotvol en belowe altyd 'n ontsaglike plesier of bevryding van iets in jou lewe. Versoekings is ook gedurig Ontwykend deur die waarheid met verskonings te probeer ontduik. Dit is Verslawend en verstrik jou verstand en emosies. Versoekings Eskaleer gewoonlik en vermeerder gedurig jou aptyt vir nog meer. Dit neem al meer en meer van jou lewe en tyd in beslag. Dit Ontwyk op die ou einde dan al sy aanvanklike beloftes en jy voel onvervuld en leeg . Versoekings eis jou Esklusief vir dit self op en beperk so jou verhouding met God.
Wanneer ek hierdie gedagtes oordink besef ek net weer hoe nodig ek en jy God het om al die meesleurende begeertes te oorwin.
Mag ek en jy ons eie swakheid sien en erken en mag ons vasstaan in die krag en genade van die onwankelbare God.

GEBED

Here, saam met Jakobus erken ons ook die swakheid van die menslike natuur. Niks wat ons is, is ons uit onsself nie want U alleen is ons Verlossers, ons stewige vesting — Amen
Related Media
See more
Related Sermons
See more