010 — Jakobus 1:13 | Versoekings kom nie van God nie

Die Brief van Jakobus  •  Sermon  •  Submitted   •  3:34
0 ratings
· 8 views
Files
Notes
Transcript

GEBED

SKRIFLESING

James 1:13 AFRIKAAN
13 Iemand wat in versoeking kom, moet nooit sê: “Ek word deur God versoek” nie; want God kan nie verlei word nie, en self verlei Hy niemand nie.

OORDENKING

Ons kan maklik in ons denke vasloop oor hierdie uitspraak. Dit gebeur so maklik dat ons “versoeking” en “toetsing” met mekaar verwar. Dit is baie belangrik dat ons die aard van die versoekings waarvan hier gepraat word sal begryp.
Wat Jakobus hier sê is dat gelowiges versigtig moet wees om nie versoeking deur hulle sondige begeertes as ‘n toets van God te reken nie. Ons mag nie God medepligtig reken om ons verantwoordelikheid te probeer ontduik nie. God is glad nie onderwerp aan versoeking of outeur daarvan nie. Hy is outeur van alles wat goed is (Jam 1: 17).
Om standvastig te bly te midde van versoeking begin by God, ons denke oor Hom, sowel as eerlikheid oor onsself. Hoe eerlik is ons met onsself? Ondersoek saam met my jou hart vandag in opregtheid aan die hand van die volgende:
• Weet jy dat versoeking jou onvervulde behoeftes openbaar?
• Weet jy die onvervulde behoeftes waarvoor jy kwesbaar is — is die behoefte aan liefde, betekenis en sekuriteit?
• Weet jy dat dit sonde is om self in hierdie behoefte te voorsien?
• Weet jy of jy werklik opreg van hierdie sonde verlos wil word?
• Weet jy dat jy magteloos is om sonde in jou eie krag te oorwin?
• Weet jy dat God op Sy tyd in jou behoefte sal voorsien?
(Hunt, June. Biblical Counseling Keys on Temptation: Promise of Pleasure—Lured by a Lie. Dallas, TX: Hope For The Heart, 2008.)
1 Petrus 5: 6 sê die volgende:
1 Peter 5:6 AFRIKAAN
6 Onderwerp julle daarom in nederigheid aan die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die tyd wat Hy bestem het.

GEBED

Ons Vader wat in die hemel is,
laat u Naam geheilig word;
laat u koninkryk kom;
laat u wil ook op die aarde geskied,
net soos in die hemel.
Gee ons vandag ons daaglikse brood;
vergeef ons ons oortredings
soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree;
en
laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose. — (Mt 6:9–13)
Amen
Related Media
See more
Related Sermons
See more