005 — Jakobus 1:6 | Geanker in God deur Gebed

Die Brief van Jakobus  •  Sermon  •  Submitted   •  3:49
0 ratings
· 11 views

Neem beheer oor jou twyfel deur die wysheid van God.

Files
Notes
Transcript

GEBED

Here, open asseblief U Woord tot ons elkeen se hart — Amen.

SKRIFLESING

James 1:6 AFRIKAAN
6 Maar ’n mens moet gelowig bid en nie twyfel nie, want iemand wat twyfel, is soos ’n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word.

OORDENKING

Wat dryf my en jou tydens en in beproewings? ‘n Wispelturige geaardheid of standvastigheid in God? Wil ons m.a.w. die een dag teen sonde stry en die volgende dag maar eerder toegee? Wil ons die een dag ons beproewinge in die oë kyk en die ander dag kripeer van ellende?
As ek hierdie vers in my eie woorde of hartsgedagte kan omsit is dit soos volg: Wees moedswillig Doelgerig om Beproewings en Versoekings te oorwin saam met God.
Ek het baie lank terug ‘n perd gehad. Sy was net so onder die twee jaar oud toe ek haar gekoop het en sy was nogal groot. Alhoewel sy halter mak was, was sy nog nie onder die saal nie. Die dag toe ons haar sou inbreek het ons haar opgesaal, maar sy het doodstil gestaan, net soos ‘n kleuter voor ‘n emosionele uitbarsting.
Ek was skrikkerig omdat ek toe nog nie regtig stewig op ‘n saal kon terugsit nie. Ek het stadig maar seker my weg al sluipende tot bo in die saal oop gebaan. Dit het ‘n rukkie geneem, want elke keer as ek probeer het sy kenmerkend al haar spiere vinnig saamgetrek soos ‘n boelie, so asof sy my wil skrikmaak en wys wie is baas.
Toe ek uiteindelik bo is knak sy haar agterbeen, dis toe dat ek afval grond toe. Die proses het hom ‘n paar keer herhaal tot vermaak van die omstanders. Sy het my nooit afgegooi nie, maar ek was so onervare en bang dat enige teken van bokspring my die veiligheid van die grond laat opsoek het.
Die hele fout in die proses was my eie vrees om seer te kry asook haar grote wat onbeheerbaar gelyk het. Toe ek my vrees oorwin en haar die volgende dag in beheer neem en sommer bloots ry was die gevallery en die bewende broek iets van die verlede.
Hoekom vertel ek jou my perde storie? — In sy eenvoudigste vorm, ons moet nie toelaat dat ons innerlike vrese ons oorweldig nie. Versoekings en Beproewings gooi ons maklik rond as ons nie op die krag van God vertrou nie. In teen deel, die swakheid is binne onsself gevestig en maak dat ons toegee daaraan en nie beheer kan neem nie. Maar wanneer ons stewig in God gevestig is en outoriteit neem oor die situasie deur die wysheid van God is daar oorwinning.
Mag ek en jy nie deur versoekings rondgegooi word nie maar stewig vol vertroue geanker wees in God wat die uitkoms gee.

GEBED

Here, neem U beheer van my lewe — Amen
Related Media
See more
Related Sermons
See more