004 — Jakobus 1:4-5 | Geanker in die wysheid van God.

Die Brief van Jakobus  •  Sermon  •  Submitted   •  3:47
0 ratings
· 19 views

Jy moet maar gereeld kerk toe kom. Indien jy van mening is dat dit nie noodsaaklik is nie, om watter rede ookal, moet jy ten minste Geestelik Volwasse genoeg wees om self iewers ‘n Erediens aan te bied op ‘n Sondag.

Files
Notes
Transcript

GEBED

Here, mag U Woord ons vandag opnuut versterk teen beproewing — Amen.

SKRIFLESING

James 1:4–5 AFRIKAAN
4 En die volharding moet end-uit volgehou word sodat julle tot volle geestelike rypheid kan kom, sonder enige tekortkoming. 5 As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt.

OORDENKING

'n Man het 'n spreker genader en gesê:' Julle Christene is almal gebreinspoel. ' Die spreker antwoord: 'Ek dink ons ​​is almal tot 'n mate gebreinspoel. Die belangrikste is dat ons Christene kies waarmee ons ons brein wil spoel. ”
Wanneer ek en jy beproef word is ons gewoonlik broos in die hart. Ons moet ekstra versigtig wees wat ons as uitkoms aanvaar in sulke tye. Jakobus se advies is om by God jou uitkoms te vind.
Soms voel dit vir gelowiges nadat hulle wysheid gevra het of hulle dit nie ontvang nie. Die gevoel ontstaan dalk omdat die beproewing nie noodwendig verdwyn nie. Ons moet onthou dat wysheid van God oor ‘n beproewing nie noodwendig beteken om daarvan weg te hardloop of dat dit noodwendig verdwyn nie. Die wysheid van God versterk ons innerlik om beproewing volhardend tee te staan (v. 4). God ontwikkel in ons ‘n beheerste weerstand teen beproewings en versoekings.
Hebreërs 12:4 verwoord dit baie duidelik en mooi: “Julle het nog nie so teen die sonde weerstand gebied dat dit vir julle ’n stryd om lewe of dood geword het nie.” (Hebrews 12:4, AFRIKAAN)
Die woorde wat dit voorafgaan in vv.2—3 verduidelik vir ons die diepte van hierdie soort weerstand: “Ter wille van die vreugde wat vir Hom (dit is Christus Jesus) in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God. Hou Hom voor oë wat so ’n vyandige optrede van die sondaars teen Hom verdra het. Dan sal julle nie geestelik moeg word en uitsak nie.” (Heb 12:2–3kursief is my eie verklarende aantekening)
Let op dat die wysheid wat in die Jakobus Brief opgeteken is, en soos ons vorentoe ook sal gesels, is nie noodwendig ‘n verwydering uit die beproewing nie maar wel volhardende groei om sterk te word. Dit is opvallend dat van die beproewings wat hy bespreek aan jou eie lyf sit, byvoorbeeld, My en jou eie tong. Dit sal moeilik wees om daarvan afskeid te neem, dit is beter om sterk te word en dit te beheer.
Mag my en jou hart deur die Here voorberei word om sterk te word, om beproewing teë te staan, en om te groei tot volle geestelike reinheid. Mag ons stewig geanker wees in Christus, die wysheid van God.

GEBED

Here, ons wil by U voete leer om in wyse standvastige geloof te wandel — help asseblief ons in die komende tyd daarin — Amen.
Related Media
See more
Related Sermons
See more