003 — Jakobus 1:2—3 | Wysheid oor Beproewing

Die Brief van Jakobus  •  Sermon  •  Submitted   •  3:25
0 ratings
· 8 views

Gelowiges word al dieper beproef soos hul vorder in Geestelike Volwassenheid.

Files
Notes
Transcript

GEBED

Here, open asb. U Woord in my hart — Amen.

SKRIFLESING

James 1:2–3 AFRIKAAN
2 My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, 3 want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard.

OORDENKING

Niemand spring beproewing vry nie, elkeen beleef dit net op verskillende vlakke. Hoe meer volwasse ‘jy in die Here word, hoe meer verander die aard van beproewing. As jy kind van God is beweeg jy weg van die uiterlike sigbare sondes, maar dikwels word jy al meer bewus van die innerlike. Die innerlike word dikwels maklik ontken en dit is soveel makliker om nie daarvan afskeid te neem nie omdat dit so te sê onsigbaar voorkom.
Die Woord sê in 1 Cor 10:12
1 Corinthians 10:12 AFRIKAAN
12 Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.
Dit is wysheid wat oor die algemeen geld in die lewe. Ons moet hieraan gehoor gee en dieper in ons hart inkyk.
‘n Mens sou reken dat ‘n gedagte nie sondig kan wees nie. Die waarheid is egter dat ‘n aanvanklike gedagte ‘n beproewing is. Om met ‘n onheilige gedagte voort te gaan kan jou ‘n gevangene maak van sonde.
In handelinge is so aanvanklike onsigbare sonde van “afguns” wat omgesit het in sondige woorde en begeertes. Simon die towenaar was afgunstig teenoor Filippus. Mense het die Heilige Gees ontvang na hul bekering en doop deur Filippus. Daarom vra Simon: “Gee my ook hierdie bevoegdheid sodat elkeen wat ek die hande oplê, die Heilige Gees kan ontvang.” ( Ac 8:19)
Simon ontbreek aan die wysheid van God. Daarom sê Filippus in Act 8:22-23
Acts 8:22–23 AFRIKAAN
22 Bekeer jou van hierdie dwaling en bid tot die Here: miskien sal Hy jou hierdie gesindheid van jou hart vergewe. 23 Ek sien jy is deur afguns vergiftig en deur die sonde verstrik.”
Gebruik beproewings soos hierdie om te groei in die Here. Sien dit raak en bely dit. Maak reg en word sterk in die Here.
Mag ek en jy met nuwe oë na ons eie hart kyk. Mag ons die innerlike beproewing gebruik as gulde geleentheid om areas van groei in ons lewe te eien en heelhartig nuut word in Christus.

GEBED

Here, U is die lig op my pad — Amen.
Related Media
See more
Related Sermons
See more