002 — Jakobus 1:2–11 | DRIE PERSPEKTIEWE OP BEPROEWING

Die Brief van Jakobus  •  Sermon  •  Submitted   •  12:03
0 ratings
· 22 views

Christene moet op beproewinge reageer deur hulle te verheug oor die volwassenheid wat dit kan bevorder, deur God om wysheid te vra en deur dit te beskou as nivellerende ervarings wat dikwels die rolle van ryk en arm omkeer.

Files
Notes
Transcript

II. Jakobus 1:2–11 — Drie Perspektiewe op Beproewing

SKRIFLESING — Jakobus 1:2-11 (Jam 1:2-11)

INLEIDING

Ek is ontsaglik bly en opgewonde oor die tydjie saam in Jakobus (emosieloos). Ek sê dit sonder emosie om die punt te maak: Vir Jakobus is “blydskap” meer en dieper as emosie. Sou emosie daarmee saamgaan is dit ‘n pluspunt. Hy gee nie opdrag om altyd bly te voel nie, dit is ‘n opdrag om ‘n positiewe ingesteldheid te handhaaf.
Voor ons saam lees, net so paar interessanthede rondom Jakobus:
Hy haal baie aan uit Psalms en Spreuke. Hy fokus dus op Wysheid.
Hy haal nogal baie van Jesus se lering aan. Hy het aanvanklik nie in Jesus geglo nie, maar toe sy hart nuut word is hy oortuig van beter. Sy broer het sy Meester geword. Hy leef nou die wysheid van sy God in Christus Jesus.
Ook so paar dinge oor onsself:
Is jy al ooit beproef deur wie jy is? Dalk jou armoede en swaarkry — óf — Dalk jou rykdom en voorspoed?
1) Hoe word ‘n arm man beproef vra die ryke en 2) Hoe word die ryke beproef vra die arme?
1) Skinder jy wat arm is oor die rykman wat die beste plek by die lewenstafel gekry het óf 2) minag jy die arm man wat eenkant in die geselskap aan sy lewenstafel eet?
Jy sien, beproewing het nie perke nie want dit funksioneer op ‘n dieper geestelike vlak. Dit tref nie onderskeid tussen ryk en arm nie — en só doen God beslis nie.
Hoe leik die pad voorentoe vir ryk en arm — Hoe leef mens in ‘n wêreld vol kontras? Hoe vind ons mekaar as broers, as medegelowiges?
Jakobus sê daar is Drie Goed. Drie goed wat in elkeen se lewe reg moet funksioneer ten einde die geestelike beproewings in die lewe gelyk te kry — om gelyk te wees in God.
Hierdie drie goed is baie eenvoudig wanneer ons dit in vrae uitdruk:
Wat is die Rol van Beproewing?
Wat is die Rol van God?
Wat is die Rol van Myself?
Dit is die drie goed wat Jakobus in 1:2-11 (Jam 1:2-11) beantwoord.
Kom ons kyk saam na Jakobus 1:2-11 (Jam 1:2-11) en ons lees vir onsself wat die Here ons deur Jakobus wil leer oor beproewing.

SKRIFLESING: Jakobus 1:2-11 (Jam 1:2-11)

WOORDVERKONDIGING

James 1:2–4 AFRIKAAN
2 My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, 3 want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard. 4 En die volharding moet end-uit volgehou word sodat julle tot volle geestelike rypheid kan kom, sonder enige tekortkoming.

A. Uitkomsgerigte Beproewing (Jam 1:2–4)

Jakobus het ‘n merkwaardige boodskap waarin hy rolle omkeer. Wie geval het in die lewe moet opstaan (Jam 1:2) en Wie reken dat hy staan moet val (Jam 4:9) .
Kom ons kyk net gou na Jam 4:9. — “julle blydskap moet in droefheid verander”
Dit gaan in hoofstuk 4 (Jam 4) oor blydskap wat in wêreldse goed gegrond is. Iemand met só ‘n blydskap moet droewig word daaroor. Oor hierdie valse blydskap sê hy: “Onderwerp julle in nederigheid voor die Here, en Hy sal julle verhoog.”(Jas 4:10)
Dit is in die lig hiervan dat die woord “Blydskap” in v. 2 (Jam 1:2) verstaan moet word. Dit is nie soseer ‘n emosie van vrolikheid nie maar ‘n terugkeer na God, ‘n “Onderwerping” aan God, in alle aspekte van jou lewe.
My en jou denke moet vernuwe. Ons moet die rol van beproewings sien as uitkomsgerigte beproewing. Dit kan ons help om te groei tot volwassenheid.
Die groter prentjie in Jakobus sê daar is uitkoms vir almal. Uitkoms vir die een wat beproef word deur swaar sowel as die een wat beproef word deur voorspoed.
Die Uitkoms is: Onderwerp jou aan God met die wete dat jou unieke beproewing kan bydra tot jou geestelike volwassenheid as jy God in jou storie toelaat.
Onthou — vind jou blydskap daarin om Geestelike Volwassenheid as Uitkoms van Beproewings te reken.
Transition to Jam 1:5-8
Dit help nie ek en jy vernuwe alleen ons denke of gesindheid oor Beproewings nie. Ons het God hiervoor nodig en in besonder wanneer ons wysheid oor die hantering daarvan kort kom.
Hiermee help v. 5—8 (Jam 1:5-8) ons:
James 1:5–8 AFRIKAAN
5 As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt. 6 Maar ’n mens moet gelowig bid en nie twyfel nie, want iemand wat twyfel, is soos ’n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word. 7 So ’n mens wat altyd aan die twyfel is en onbestendig is in al sy doen en late, moet nie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie

B. God, Beproewing en Wysheid (Jam 1:5–8)

Keer terug na God sê Jakobus! — Ons moet God altyd in ons lewens storie toelaat. As gelowiges kan ons reageer op beproewing deur God te vra vir Wysheid.
Ons kan ligtelik met verse 5—8 omgaan of ons kan werklik die erns hierin raaksien.
Dink mooi na oor hierdie verse — 1) Wysheid word nie gegee aan die een wat ligtelik met God onderhandel oor ‘n uitkoms vir beproewings nie, 2) God gee wysheid aan elkeen wat ernstig en opreg met Hom in gesprek tree oor 'n uitkoms vir beproewings.
1) Bid mense nie dikwels ligtelik om versoekings te oorwin nie? Maar na die gebed gaan soek hulle maar net weer die woonplek van hierdie verslawende sondes op? Dit is om ligtelik soos ‘n brander heen en weer voor God te leef.
2) Nee — stry saam met God teen sonde en staan stewig geanker in Christus se oorwinning. Volhard, Bid en tree Nuut op!
Wanneer ek en jy hierdie ernstige samewerking met God leef dan kan ons volhardend vorder in volwassenheid in die geloof.
Transition to Jam 1:9-11
Jakobus wil ons help om hierdie dinge mooi te verstaan. Daarom gee hy volgende ‘n praktiese voorbeeld van die wysheid van God en hoe om dit in jou lewe te integreer.
Kom ons kyk saam in vv. 9—11 wat die implikasies van wysheid is:
James 1:9–11 AFRIKAAN
9 ’n Gelowige wat arm is, moet hom daarin verheug dat hy sy aansien in God het, 10 en een wat ryk is, dat hy voor God gering is, want die ryke sal vergaan soos ’n veldblom. 11 As die son met sy gloeiende hitte opkom, verskroei dit die plantegroei, die blomme val af en die prag is daarmee heen. So sal die ryke ook tussen al sy bedrywighede deur vergaan

C. Ek en Beproewing (Jam 1:9–11)

Hoe kan ‘n mens prakties blydskap vind in jou berpoewings? In Jakobus se eie taal, hoe verheug ek my in die wysheid van God?
Weet dít, sê Jakobus: Die wysheid van God keer dikwels rolle om.
Sien Beproewings as Nivellerende Ervarings wat dikwels rolle Omkeer. Groot woord die, “Nivellerende Ervarings” — baie eenvoudig: Sien Beproewinge as ervarings wat alle mense gelyk maak voor God.
Die arm geringe persoon kry aansien by God soos die ryke van hierdie wêreld aansien het.
Die ryk aansienlike persoon kry geringheid voor God soos die arme van hierdie wêreld gering is.
Die wysheid van God sê dat alle mense gelyk is! Waar staan ek, waar staan jy in die samelewing, in jou huisgesin, in jou hart?
Kom ons laat God deur Sy wysheid toe om ons denke te vernuwe:
Kom ons laat Hom toe om beproewinge toe te laat om ons te laat groei.
Kom ons luister na Sy wyse raad.
Kom ons laat Hom toe om die misleide gesindheid van ons hart om te keer.
Kom ons leef as mense wat waarlik gelyk is voor God in Christus.

SAMEVATTING

Hiermee het Jakobus drie Temas bekendgestel wat hy verder hanteer:
Wysheid oor Uitkomsgerigte Beproewings
Wysheid van God se hulp tydens Beproewings
Wysheid wat toegepas word deur gelyk te wees voor God
Christene moet op beproewings reageer deur hulle in die wysheid van God te verheug.

STUDIE

TEMAS 1:2-11

 Armoede | Poverty
 Deursettingsvermoë | Perseverance
 Dood en sterwe | Death and Dying
 Gebed: versoekskrif | Prayer: Petition
 Geloof | Faith
 God: Voorsienigheid | God: Providence
 Leiding | Guidance
 Lyding | Suffering
 Nederigheid | Humility
 Rykdom | Wealth
 Skoonheid | Beauty
 Skynheiligheid | Hypocrisy
 Twyfel | Doubt
 Versoeking | Temptation
 Vreugde | Joy
 Wysheid | Wisdom
Related Media
See more
Related Sermons
See more