005 — 1 Petrus 1:2 | Die Bloed van Jesus Christus

Eerste Brief van Petrus  •  Sermon  •  Submitted   •  Presented   •  3:58
0 ratings
· 26 views
Files
Notes
Transcript

GEBED

Here, hier staan ek voor U Woord. Lei my asseblief in U waarheid — Amen.

SKRIFLESING

1 Peter 1:2 AFRIKAAN
2 Soos God die Vader dit vooraf bestem het, het Hy julle uitverkies en deur die Gees afgesonder om aan Hom gehoorsaam te wees en besprinkel te word met die bloed van Jesus Christus. Mag daar vir julle genade en vrede in oorvloed wees

OORDENKING

Die “bloed van Jesus Christus”. Wat bedoel Petrus hiermee?
Dit is waar dat die “bloed van Jesus Christus” na sy sterwe aan die kruis verwys. Ons moet nooit hierdie waarheid vergeet nie. Petrus maak dit baie prakties van toepassing deur dit as term te gebruik wat aandui dat ons losgekoop is sowel as die prys en vlekkeloosheid daarvan:
1 Peter 1:19 AFRIKAAN
19 Inteendeel, julle is losgekoop met die kosbare bloed van Christus, die Lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is.
Die woorde word ook gebruik om ons op die tema van assosiasie met Christus t.o.v. Sy lyding voor te berei.
Baie gelowiges reken dat net die goeie wat voortvloei uit jou verhouding met Christus deelname aan Sy lewe is. Die waarheid is egter dat gelowiges nie net in die vreugdes nie maar ook in die lyding van Christus deel. Mens sal weldra leer by Petrus dat om lyding te verduur t.w.v. Christus ook sy eie dieper vorm van vreugde verskaf.
Petrus onderrig ons in ‘n voller begrip van wat dit beteken om heilig te wees in hierdie wêreld. Hierdie heiligheid bly in Christus teenwoordig terwyl Sy “bloed” aan die kruis vloei. Hierdie heiligheid kan ons ook staande hou in ons Here te midde van die moeilikste beproewings.
Wanneer ons Petrus lees moet ons die hele tyd die begrippe “bloed” en “lyding” saam verstaan.
Petrus leer ons ‘n hele klomp goed rondom die “bloed” van Christus:
Die “bloed van Christus” spreek van Sy “onverdiende lyding” (1 Pet 2:19),
verdraagsaamheid van onregmatige lyding is “genade van God” (1 Pet 2:20)
Sy “lyding” is die bron van ons vreugde by die wederkoms (1 Pet 4:13)
Ons is “getuies” van Sy “lyding” (1 Pet 5:1) en
as medegelowiges is ons deelgenote aan Christus in Sy “lyding” en word so daardeur bemoedig en versterk (1 Pet 5:9).
Die “bloed van Jesus Christus” spreek duidelik van ‘n voller assosiasie met Christus wat beide oorwinning en lyding insluit. Hoe onversoenbaar dit dalk mag klink, dit is wat Petrus aan ons verduidelik. Die verstaan van hierdie een beginsel aangaande Christus is ons bron van standvastigheid en vreugde te midde van swaarkry.
Mag die “bloed van Jesus Christus” my en jou versterk in tye waar dit voel asof ons “bloed sweet” in beproewing.

GEBED

Here, U is my bron van krag in alle omstandighede. Deur die krag van U Gees hou ek my oë gefokus op U — Amen.
Related Media
See more
Related Sermons
See more