004 — 1 Petrus 1:2b | Afgesonder

Eerste Brief van Petrus  •  Sermon  •  Submitted   •  Presented   •  4:04
0 ratings
· 10 views
Files
Notes
Transcript

GEBED

Here, vernuwe asseblief my Gees deur U Woord — Amen.

SKRIFLESING

1 Peter 1:2 AFRIKAAN
2 Soos God die Vader dit vooraf bestem het, het Hy julle uitverkies en deur die Gees afgesonder om aan Hom gehoorsaam te wees en besprinkel te word met die bloed van Jesus Christus. Mag daar vir julle genade en vrede in oorvloed wees

OORDENKING

Woord keuses in Bybel Vertaling is uiters belangrik. Die groot meerderheid van gelowiges se Teologiese verstaan van God se Woord word gebaseer op wat hul in hul eie taal kan lees. Soms gebeur dit dat juwele in die Bybel misgekyk word omdat die woordkeuse nie die diepte in konteks oordra nie.
Ek wil vandag een so geval uitlig in v. 2. Wat verlore gaan is die Woord se lering van wedersydse betrokkenheid t.o.v. heiligmaking. Wanneer ons lees dat ons uitgekies is en deur die Gees afgesonder is, dan is die verband met heiligmaking nie dadelik sigbaar nie. Dit verg so bietjie inspanning om dit raak te sien.
Die woordjie “afgesonder” word tereg as “heiligmaking” in die Ou Vertaling weergegee. Dit pas ook beter in die konteks aangesien Petrus in 1 Pet 1:15-16 ‘n kragtige oproep maak i.v.m. heiligheid:
1 Peter 1:15–16 AFRIKAAN
15 Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. 16 Daar staan immers geskrywe: “Wees heilig, want Ek is heilig.”
Dit is duidelik dat “heiligmaking” ‘n proses is wat deur die Gees gedoen word (1 Pet 1:2) maar ook deur ons nagestreef moet word (1 Pet 1:15-16).
Petrus definieer vir ons wat hy met die woord “afgesonder” of eerder “heiligmaking” bedoel. Dit is tog immers wat belangrik is omtrent die woord. Hy sê ons is afgesonder om “gehoorsaam” te wees en met die “bloed van Christus” besprinkel te word.
Ons weet wat “gehoorsaamheid” beteken, daarom gaan ek die onderwerp eerder deur die loop van tyd in weef in ons gesprekke.
Wat Petrus bedoel met die “bloed van Christus” blyk ‘n term te wees waaroor so bietjie meer verwarring voorkom. As die Here wil, gee ek môre daaraan aandag.
Wat ek en jy vandag ter harte moet neem is dat God en ons beide betrokke is in die “heiligmaking” van ons lewe. Wat so bietjie meer verskuil is in die brief is dat ons ook in mekaar se lewens belê en bydra tot “heiligmaking”.
Ek en jy kan “belê” in iemand se lewe óf ons kan iemand se gees “belas”. Die verskil is eenvoudig, ons dra by tot iemand se geestelike ontwikkeling of ons breek dit af. Ons kan foutvinderig wees en aankla en oordeel óf ons kan fout vind in iemand se mondering maar opbouend en bemoedigend wees.
Waar val ek en jy in die spektrum van “heiligmaking”. Neem ons saam met die Gees deel daaraan in ons eie lewe en belê ons in medegelowiges se lewe?

GEBED

Here, leer my my volkome deel in heiligmaking tot U eer in die hart van U kinders — Amen.
Related Media
See more
Related Sermons
See more