002 — 1 Petrus 1:1-2 | Geroep deur die Drie-Enige God (Uitverkore Vreemdelinge)

Eerste Brief van Petrus  •  Sermon  •  Submitted   •  Presented   •  3:46
0 ratings
· 30 views
Files
Notes
Transcript

GEBED

Here, dankie vir die voorreg om vandag saam stil te kan word. Open asseblief U Woord in hierdie oggend — Amen.

SKRIFLESING

1 Peter 1:1–2 AFRIKAAN
1 Van Petrus, ’n apostel van Jesus Christus. Aan die uitverkorenes van God, vreemdelinge in die wêreld, wat verspreid woon in die provinsies Pontus, Galasië, Kappadosië, Asië en Bitinië. 2 Soos God die Vader dit vooraf bestem het, het Hy julle uitverkies en deur die Gees afgesonder om aan Hom gehoorsaam te wees en besprinkel te word met die bloed van Jesus Christus. Mag daar vir julle genade en vrede in oorvloed wees

OORDENKING

“‘n Apostel van Jesus Christus”, “Uitverkorenes van God” en “deur die Gees afgesonder”. Petrus verduidelik aan ons hoe hy God Drie-Enig sien in verband met ons saligheid. Hy verduidelik dit as ‘n baie besondere verhouding wat implikasies het vir hoe ons leef waar ons ook al is.
Die gelowiges aan wie hy skryf woon verspreid in Romeinse provinsies. Wanneer Petrus hulle aanhaal is hy van mening dat hulle gereken word as gebiede waar Gelowiges lyding verduur ter wille van hul geloof in Christus.
Bitinië byvoorbeeld, staan uit in die sin dat daar buite Bybelse materiaal is wat na die lyding daar verwys. Pliny, destydse goewerneur, was bemoei met die onrus in Bitinië en Pontus. Hy het die Christene verdink van die opstande. Daarom rig hy ‘n skiftelike versoek waarin hy vra wat om te doen met die opstandige Christene wat in die provinsies sou vergader (sien brief, 10.96).
Sy eerste brief moet in die lig van hierdie provinsiale spanning met christene gelees word. Die verhouding tussen owerheid en gelowiges is een van sy onderliggende temas.
In die lig van hierdie agtergrond word dit duidelik: Uitverkiesing impliseer ‘n gemeenskaplike eenheid in God (1 Pet 1:2c, d) te midde van provinsiale spanning wat beleef word (1 Pet 1:1).
Die groot vraag is, wat is die karakter van hierdie uitverkore gelowiges? Hoe moet hulle leef in hierdie spanningsvolle wêreld?
Mag ek en jy vandag net hiervan bewus wees: Die Drie-Enige God is persoonlik betrokke in sy kinders se lewe. Anders as die wêreld wat verdeeld is in provinsies, bou God Sy koninkryk deur gelowiges onder Hom te verenig in die Naam van Sy Seun Jesus Christus. Hy bou ‘n heilige karakter op onder Sy kinders. Deur die geloof roep Hy my en jou om hierin te deel.

GEBED

Here, hier is ek, mag my lewe U tot eer wees hier waar U my geplaas het — Amen.
Related Media
See more
Related Sermons
See more