Geraamtes wat praat (Deel 2)

Geraamtes wat praat  •  Sermon  •  Submitted   •  Presented   •  31:47
0 ratings
· 34 views

Jy kan daarvan verseker wees dat jou sonde jou sal inhaal as jy dit gaan probeer geheim hou. Moenine dink dat jy kan sonde doen en dink jy gaan daarmee kan wegkom nie. Kry klaar daarmee anders gaan dit een of ander tyd in die lig gaan kom.

Files
Notes
Transcript
Geraamtes wat praat (Deel 2) Johannes 3:20 Elke mens wat die spreekwoordelike "geraamte in die kas" het wil graag daardie geraamte daar hou. Niemand wil graag hê dat daardie geheim van hulle in die lig sal kom nie. Dis dikwels iets waaroor hulle skaam is. Iets wat hulle reputasie sal vernietig, of dis iets wat hulle in groot moeilikheid kan bring. Hoe dit ook al sy, daardie geraamte moet dood en in die kas bly. Een van ons teologie dosente, Prof. Francois Möller, het gesê "Sonde is die avontuur van selfmoord." Sonde bring altyd die dood en dan wil die duiwel 'n mens nog laat glo dat dit opwindend en voordelig vir jou is. Die oomblik toe Adam en Eva gesondig het, het hulle geestelik doodgegaan, net soos God gesê het, sou gebeur. Wat was die gevolg? Hulle probeer hulle foute wegsteek en toe God hulle daarmee konfronteer toe probeer hulle hulself regverdig deur die blaam te verskuif eerder as om verantwoordelikheid daarvoor te vat, berou te hê daaroor en om vergifnis te vra. Hierdie tendens het nog nooit verander nie. Mense doen nog presies dieselfde en dink hulle gaan daarmee wegkom. Moses het vir die stamme Gad en Ruben juis hierteen gewaarsku toe hulle na 40 jaar se omswerwing in die woestyn weer by Kanaän aangekom het om dit in te neem. Gad en Ruben wou hulle woongebied duskant van die Jordaan hê omdat dit goeie wydingsgrond was. Moses het gedink hulle wou nie hulle broers help om die land in besit te neem soos die Here hulle beveel het nie maar Gad en Ruben het toe gesê dat hulle vroue en kinders hierdie kant sou bly terwyl hulle saam sou oortrek om te gaan veg. Moses sê toe vir hulle in Numeri 32:23 "23 But if you fail to keep your word, then you will have sinned against the LORD, and you may be sure that your sin will find you out." Hoeveel van julle het groot geword met ouma se motbolle in die trousseau kis en in die klerekas? Daardie kenmerkende reuk het in die klere ingetrek. Dit kon die mooiste uitrustings wees maar daardie reuk het alles bederf. In Rom. 13:14 sê Paulus "14Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie." Wanneer ons geraamtes in ons kas het, dan kleef daardie reuk van die dood aan ons en bederf dit hierdie mooi uitrusting van Christus wat ons aan het. Wanneer jy sonde in jou lewe het waarmee jy nie klaargekry het nie gaan dit een of ander tyd aan die lig kom. Daardie geraamtes in jou kas gaan een of ander tyd begin praat. Party mense het so baie geraamtes in hulle kas dat hulle nie meer die kas kan toehou nie. (Wys foto) Luister na wat sê Jesus in Johannes 3:13-21 "13Niemand op die aarde was al in die hemel nie behalwe Hy wat uit die hemel gekom het, naamlik die Seun van die mens. 14Moses het die slang in die woestyn hoog op 'n paal gesit; so moet die Seun van die mens verhoog word, 15sodat elkeen wat in Hom glo, die ewige lewe kan hê. 16"God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. 17God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word. 18Wie in Hom glo, word nie veroordeel nie; wie nie glo nie, is reeds veroordeel omdat hy nie in die enigste Seun van God glo nie. 19En so kom die skeiding: die lig het na die wêreld toe gekom, en tog het die mense eerder die duisternis as die lig liefgehad, want hulle dade was sleg. 20Elkeen wat kwaad doen, haat immers die lig en kom nie na die lig toe nie, sodat sy dade nie aan die kaak gestel (geopenbaar) moet word nie. 21Maar wie volgens die waarheid handel, kom na die lig toe, sodat dit duidelik kan blyk dat sy dade in gehoorsaamheid aan God (uit God) gedoen is. (CEV) - ..., because they want others to know that God is really the one doing what they do." Jy kan nie die lig liefhê en dinge in die donkerte bly doen nie. Jy kan nie sê jy is lief vir Jesus en bly doen wat die duiwel wil hê nie. Nee, as daar dinge in jou lewe is wat nie reg is nie, bely dit voor die Here en kry klaar daarmee anders gaan dit jou skade doen. Jy kan of jou reputasie verloor, of jou gesondheid inboet, of 'n verhouding kan skade lei, of jy kan finansieel 'n knou kry. Sonde bring die dood en skade en verlies. Daar is geen voordeel daarin nie en daarom wil ek jou vra "Hoekom hou jy geraamtes in jou kas?" Party mense het al so gemaklik geraak met hulle geraamtes dat hulle 'n lewendige verhouding met hulle het. Hulle hou hulle nie eers meer in die kas nie, hulle loop sommer in die publiek met hulle rond. Sonde is nie eers meer 'n skande nie, dis sommer algemeen aanvaarbaar. Mense wie sê hulle is kinders van die Here "flirt" sommer openlik met ander getroude mans of vrouens. Dis nie meer skandelik om te rook of te vloek of getrek te raak (dronk/"vrolik" te word) nie. Dis aanvaarbaar om "bribes" (omkoopgeld) te betaal of om ander mense in die openbaar te bespreek of van hulle te skinder of sleg te praat van hulle. As jy nie iets goeds van iemand kan sê nie, sê dan liewer niks. Paulus sê in Efesiërs 5:4-5 "3Soos dit gelowiges betaam, moet daar van ontug, onsedelikheid in enige vorm, of gierigheid onder julle selfs geen sprake wees nie. 4Growwe, ligsinnige of vuil praatjies pas nie by julle nie; nee, dank aan God pas by julle. 5Dit moet julle goed besef: iemand wat ontug pleeg, onsedelik lewe of 'n gierigaard is-want gierigheid is afgodery-het nie deel aan die koninkryk van Christus en van God nie." Is Jesus dit nie werd dat ons daarna strewe om alles wat ons gees en ons vlees besoedel van ontslae te raak nie? Ek weet nie van jou nie, maar ek wil niks meer in my lewe toelaat wat nie soos Jesus is nie. Omdat ek Hom lief het, wil ek heeltemal met Hom beklee wees. Ek wil hê Sy karakter moet my karakter word. Ek wil hê dat Mariepskop Bediening 'n gemeente sal wees wat bekend is vir hulle liefde vir God die Vader, vir Jesus en vir die Heilige Gees. Mense met integriteit. Mense wat daarna streef om navolgers (na-apers) van God te wees soos geliefde kinders. Mense by wie jy kan instap en inspeksie doen en nie eers bene in hulle kaste sal kry nie, wat nog van geraamtes. Hierdie jaar het genoeg "slegte dinge" gehad, kan ons dit nie afsluit met iets goeds nie. Kan ons nie maar hierdie laaste 4 weke ingaan met 'n gesindheid van "Here, ek gaan my 200% beste vir U gee", in stede van "Hierdie jaar moet tog net verbykom" gesindheid nie. Kom ons skud die dood, geraamtes en al, van ons af en kom ons begin te hardloop met die lewe wat daar vir ons in Christus is. Kom ons maak die monde van die geraamtes van sonde stil terwyl ons die geraamtes van hoop aan die gesels begin kry. Wie is met my? --------- Bid & ... BEDIEN NAGMAAL
Related Media
See more
Related Sermons
See more