Mutasie van Jesus se DNA (Deel 4)

Mutasie van Jesus se DNA  •  Sermon  •  Submitted   •  Presented   •  22:45
0 ratings
· 26 views

Wat ons doen, meer as wat ons sê, wys wat ons glo en wie ons regtig is.

Files
Notes
Transcript

Die Mutasie van Jesus se DNA

(Deel 4)

Hierdie hele reeks oor Jesus se DNA en hoe die duiwel dit wil verander of beskadig het sy aanloop tot hierdie boodskap. Dit was om jou voor te berei op wat ek vandag vir jou wil sê.

Daar is ’n spreekwoord wat sê “Talk is cheap”. Dit is maar net die Engelse weergawe van Jakobus 2:20 & 26 “Maar wil jy weet, o nietige mens, dat die geloof sonder die werke dood is? Want soos die liggaam sonder gees dood is, so is ook die geloof sonder die werke dood.”

Wat ons doen wys wat ons glo.

Daar is n boek deur Matthew Richard met die titel “Will the real Jesus please stand up?” Wat mense in my en jou sien, is wat hulle van Jesus gaan glo.

(Eph. 4:11-12 GW) “He also gave apostles, prophets, missionaries, as well as pastors and teachers as gifts ⌊to his church⌋. Their purpose is to prepare God’s people, to serve, and to build up the body of Christ.”

(Ef. 4:16 ABA) Die kerk is soos 'n liggaam wat baie dele het, die dele is almal vas aan mekaar. Elke deel van die liggaam werk saam en help die liggaam om te groei en sterker te word.

So laat Christus die kerk groei en sterker word. Dit gebeur wanneer ons lief is vir mekaar en vir mekaar help.

Die kerk moet "groot word" (volwasse) as dit meer soos Jesus wil wees.

Volwassenes het groter verantwoordelikheid en vat verantwoordelikheid.

1 Kor. 13:11 (NLV) “Toe ek nog klein was, het ek gepraat soos ’n kind, gedink soos ’n kind, geredeneer soos ’n kind.

Maar noudat ek volwasse is, het ek die dinge van ’n kind ontgroei.”

Die duiwel wil die kerk (my en jou as Jesus se liggaam) keer om volwasse te word.

Hy wil d.m.v. vrees vir ons eie behoud, ons daarvan weerhou om mekaar te help. Hy wil ons laat dink dat as ons géé, ons nie genoeg vir onsself gaan hê nie.

Hy wil verhinder dat ons opstaan en wys van watter stoffasie ons gemaak is. Elkeen van ons, maak nie saak hoe oud of hoe jonk jy is, of jy baie of min geld het nie, of jy ’n introvert of ekstrovert is nie, elkeen kan vandag op een of ander manier bydra om iemand anders te help wat dit nodig het.

Jý mag dalk nie weet wie dit is wat hulp nodig het nie, maar daar is iemand anders wat van hulle weet.

Dalk is jy die een wat jou werk verloor het en geen inkomste het nie, dit beteken nie dat jy nie kan help nie. Jy kan dalk jou tyd “volunteer” om met een of ander projek of aksie te help.

Ek het gehoor van plekke wat op ’n “drive through” sisteem kospakkies uitdeel. Iemand moet dit reël en bedryf. Die kospakkies gee hulle self nie uit nie.... 😊.

Dis nie die Pastoor of die kerkraad alleen wat al die planne moet uitdink nie. Ef. 4:11 & 16 sê dat die liggaam homself opbou. Jy het dalk ’n briljante plan van wat ons kan doen om mense te help en op so manier vir die wêreld te wys hoe die kerk (Jesus) regtig lyk. Ons het nou die kans om die idee wat mense van Jesus en Sy kerk het, te verander.

Deur hóé ons mekaar en ander help, bou ons die liggaam op en maak ons dit sterker.

(1 Kor. 6:19) >>[AF83+DB] Of besef julle nie dat julle liggaam 'n tempel van die Heilige Gees is nie?

Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang, en julle behoort nie aan julleself nie:

(1 Kor. 6:19 - DB) Het julle dan vergeet dat julle liggaam die blyplek van die Heilige Gees self is?

Die Gees bly mos in julle; God self het die Gees vir julle gegee.

Ons is nie alleen Jesus se liggaam nie, ons, elke gelowige, is ook die “tempel” van die Heilige Gees en saam maak ons die tempel van God...

And you are living stones that God is building into his spiritual temple.... (1 Pet. 2:5a)

"Laat julle as lewende klippe inbou in God se geestelike tempel." (1 Pet 2:5a - NLV)

Dawid wou vir God 'n tempel bou en al kon hy dit self nie gebou het nie, het hy voorsiening gemaak daarvoor.

“Omdat die tempel van my God my na aan die hart lê, gee ek al my persoonlike skatte van goud en silwer om met die konstruksie daarvan te help.

Dit is buiten die boumateriaal wat ek reeds bymekaargemaak het vir sy heilige tempel. (1 Kron. 29:3)

Het jy ook, soos Dawid, ’n ywer om God se huis te bou? Wil jy ook help om Jesus se liggaam te laat opgroei en laat “groot” word om volwasse te wees?

NOU is die tyd om die mekaar op ’n praktiese en tasbare manier te help sodat die liggaam geestelik (in karakter volgens sy DNA) sterk kan word.

"... Dit gebeur wanneer ons lief is vir mekaar en vir mekaar help." (Ef. 4:16 - ABA)

HOE?

Ons volg die Bybelse voorbeelde...

Dawid het planne gemaak maar hy het ook sy hand in sy eie sak gesteek.

In die Nuwe Testament lees ons dat die eerste kerk dit wat hulle ekstra gehad het verkoop het en die geld gegee het sodat die wat behoefte gehad het gehelp kon word.

Ek gaan jou vandag vra om jou liefde en jou geloof (teendeel van vrees) te wys deur iets te gee.

As jy in staat is om finansies te gee, ek gaan hierna die kerk se bankbesonderhede vir jou gee, dan sit jy as verwysing “COVID-19 Hulp”. Al daardie gelde gaan netso gaan om mense in ons gemeente en gemeenskap te help wat dit nodig het.

As jy wil hê dat jou bydra spesifiek in die vorm van kruideniers aangewend word, Hanné wat ons “Vul-’n-Spensie projek hanteer het ’n “Gift Card” van Pick-n-Pay af gekry. Ek sal daardie kaartnommer ook hierna gee. Jy kan dan PnP toe gaan en geld in daardie rekening inbetaal. Ons help tans al 11 gesinne met kospakkies.

Ek wil vir elkeen wat reds op een of ander manier, of deur die kerk, of in jou persoonlike hoedanigheid, hulp verleen, baie dankie sê vir wat julle doen.

As jy nie in staat is om finansieel by te dra nie, moenie dink dat jy nie kan help om die liggaam sterk en volwasse te maak nie.

Elkeen het iets om te gee en elkeen se bydrae is belangrik en NOODSAAKLIK. Gaan dink bietjie en vra die Heilige Gees waar Hy jóú wil gebruik. Dalk het jy ’n hart vir mense en wil jy mense ondersteun en bemoedig. Doen dít dan. As jy iets wil doen maar jy weet nie wat nie, bel my dan, maar iewers gaan die Here jou gebruik as deel van Sy liggaam.

FNB Rekening

Rekeningnommer:

62835194458

Takkode:

270652

Vul-'n-Spensie

PnP Gift Card

600001293493338

Jesus se DNA, daardie genetiese kode wat sê wie Hy is, is deur die Heilige Gees in elke gelowige.

Die duiwel wil daardie DNA beskadig of verander.

Ons kan KIES tot watter mate hy daarin gaan slaag of nie. Ons moet iets doen, om veilig te bly.

WAT baat dit, my broeders, as iemand sê dat hy die geloof het, maar hy het nie die werke nie? Dié geloof kan hom tog nie red nie? As daar nou ’n broeder of suster naak is en aan die daaglikse voedsel gebrek het, en een uit julle sou vir hulle sê: Gaan heen in vrede, word warm, word versadig, maar julle gee hulle nie wat vir die liggaam nodig is nie—wat baat dit? Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in sigself dood.

(Jak 2:14-17)

Ek gaan jou WEER vra,...

KOM ONS WEES JESUS SE LIGGAAM VIR HOM, TOT ‘N GETUIENIS VIR HOM!

Amen!

Related Media
See more
Related Sermons
See more