10 Geestelike oorlog strategieë in tye van angs en onsekerheid

Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 25 views

In times of trouble, we need righteous kindgom strategies.

Notes
Transcript
‘n Briljante oorlogstrateeg beskerm sy voorsieningsnetwerk. ‘n Goeie generaal weet dat ‘n honger soldaat niks werd is nie. Gewere kan nie ‘n skoot afvuur sonder ammunisie nie, so kan geen tenk, vliegtuig of helikopter vlieg sonder brandstof nie. Die weermag se krag hang nie net af van hulle aanval tegniek en algehele vaardigheid in die voorlinies nie, maar die algehele logistiek en administrasie van hulle voorsieningsnetwerk. Omdat almal dit weet, word die voorsieningsnetwerk gewoonlik ook eerste aangeval, daarom moet ekstra pogings aangewend word om die voorsieningsnetwerk te beskerm. Deur die eeue is oorloë gewen of verloor op sterkte van die krag van die voorsieningsketting. [1]
‘n Land, sakeonderneming en gemeente is so sterk soos die doeltreffendheid van hulle voorsieningskettingbestuur. [2] Die fokus op die voorsieningsnetwerk is dus nie vrees-gebaseer nie, maar ‘n strategiese geloofsfokus om die oorwinning te behaal. In tye soos hierdie is dit noodsaaklik dat ons as gesin, aan die werk moet spring, almal moet deelneem, almal moet verantwoordelikheid neem om saam te dink, saam aan oplossings te werk, en ons voorsieningsnetwerk ten alle koste te beskerm.
Die ware helde van die dekade gaan die sakeleiers wees wat die meeste werk kan skep.
Die koninkryk van God se vooruitgang en vordering werk geheel en al anders as aardse regeringstelsels. Wanneer mense oorlog voer met mekaar gaan dit oor grondgebied en die magsbeheer oor voorsieningskanale. Om hierdie beheer te bekom, word lewens op die spel geplaas, vyande gemaak, verwoesting gesaai, totdat iemand oorgee. In God se koninkryk gee ons al in die begin die beheer oor ons hele lewe aan die Here oor. In hierdie geestelike stryd soek God die grondgebied van mense harte. In die Here se oorlog word harte versoen, vrede gemaak, harmonie verkry en vrede aangekondig! Die oogmerk van elke volgeling-van-Jesus-soldaat is om soveel as moontlik mense te genees - die volkome genesing van die totale mens.
Die koninkryk van God is nog altyd sonder ophou in ‘n worstel stryd met bose regerings, onregverdige ekonomiese stelsels, en ongelyke lewensomstandighede. (Gal 4:29) Daniel, Nehemia, Ester, Esra, en feitlik al die profete is geskryf onder die druk van ‘n vyandige regering. Veral in Jesus se tyd, asook die lewe van die apostels en die vroeër kerk was geensins maklik nie. Die teologie van die vroeë kerk is nie in sinodes of rade gebore nie, maar in direkte sonlig van bloeddeurdrenkte kolossale en katakombes, die donker bedompig reuk van die dood. Gelowiges is op ongelooflik wrede maniere vermoor. Sommige is soos skape keelaf gesny, ander met teer gesmeer en aan die brand gesteek, ander met klippe doodgegooi, ander doodgeslaan, ander in stukke gesaag, ander onthoof, ander verdrink, ander vasgemaak om in die son dood te brand, ander vir wilde diere gegooi, ander aan wilde diere vasgemaak om verskeur te word. Vroue en dogtertjies is voor hul geliefdes verkrag en soms ook deur bendes verkrag tot hulle dood is. Ander is uitgehonger of as slawe verkoop.[3] Sien (Heb 11:37-39) Ten spyte van hierdie uiters moeilike omstandighede het die kerk besonder vinnig gegroei. Die Christelike geloof het binne die bestek van vier eeue die dominante godsdiens van die Romeinse Ryk geword het. Die Jesus-beweging, wat in ’n afgeleë deel van die Romeinse Ryk ontstaan het, het in ’n relatief kort tyd tot ’n belangrike godsdiensgroepering ontwikkel. Miljoene Christene, vanaf Indië in die ooste tot Brittanje in die weste, van Duitsland in die noorde tot Ethiopië in die suide, het ’n al groter rol in die Romeinse Ryk gespeel. Die feit dat elke gelowige en volgeling van Jesus onder hierdie moeilike omstandighede waardes soos barmhartigheid, wedersydse ondersteuning, selfbeheersing, respek vir lewe en liefde betoon het vir alle mense het die geloof aantreklik gemaak. [4]
Die kernbasis van hoe God enigiets doen is: Familie en Geloof. God plant ‘n saad van geloof in die eerste aartsvader Abraham, en ‘n geestelike geloofsfamilie, volk en nasie kom tot stand. God stuur Sy enigste geliefde Seun en deur die wat in hom glo, kom ‘n hele nuwe familie-nasie tot stand. God se werkswyse het nog nooit verander deur die geskiedenis nie.
Daarom is die oorlog strategie wat God gebruik dikwels in die teenoorgestelde rigting as die van die wêreld.
1) Ons is alreeds ryk in God.
Die Here sal Sy goeie voorraadskuur, die hemel, vir jou oopmaak om vir jou land reën te gee op die regte tyd, om alles wat jy doen, te seën. Dan sal jy aan baie nasies kan leen, maar self sal jy nie hoef te leen nie. (Deut 28:12)
as armes, maar ons maak baie ander ryk; as mense wat niks het nie, en tog besit ons alles. (2 Cor 6:10)
Ons bedien, leef en gee dus vanuit Sy volheid. Ons waarde is nie in ons vermoëns of prestasies, besittings of regte nie. Ons leef nie meer nie, ons is saam met Jesus gekruisig. Ons waarde lê in Sy geregtigheid, heiligheid, godsvrug, genadegawes wat Hy ons gratis sonder verdienste skenk het en in ons werk. (Philemon 1:6)
2) Gees van Samehorigheid
Goddelike eenheid, verbondenheid en samehorigheid vloei uit ’n gedeelde geestelike ervaring, naamlik dat Christus ons waarheid is. “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie” (Joh. 14:6, NAB). Op die geloofspad wat ons saam aandurf en beleef, word hegte bande van samesyn gesmee. Sien: (Acts 1:12–14; 2:5–13; 2:42–47; 4:32–37; 2 Cor 9:8–15; Rev 14:12)
3) Gees van wysheid en insig.
“En sy God het hom onderrig hoe om dit te doen, Hy leer hom.” Isa 28:26
Hy is wonderbaar van raad, groot van beleid. (Isa 28:29) En in die hart van elkeen wat kunsvaardig is, het Ek wysheid gegee, dat hulle alles wat ek jou beveel het, kan maak (Exo 31:6; 35:34)
Praktiese wysheid is om te weet, wie wat om die regte tyd moet doen. Ons gaan al hoe meer van hierdie Jesus-wysheid sien. Hy is die teenwoordigheid van wysheid en insig in ons.
4) Genesing Mandaat
Jesus is genesing: Dit is hoekom Hy mens geword het, gesterf het en opgestaan het! Omdat Hy ons liefhet en gesond wil sien![5]
en my rede en my prediking was nie in oorredende woorde van menslike wysheid nie, maar in die betoning van gees en krag, sodat julle geloof nie in wysheid van mense sou bestaan nie, maar in die krag van God. (1 Cor 2:5) Sien ook: (Acts 10:38; Mark 16:17)
5) Herderlike verantwoordelikheid
Jesus se liefdes opdrag aan Petrus is om ‘n herder te wees. Seker te maak dat hy sy skape en lammers voed, en versorg. (John 21:15-17)
Ons het elkeen ‘n verantwoordelikheid teenoor die mense om ons. In Christus se voorbeeld het God die gees van Kain in ons uitgewis. Hy bied ‘n verskoning: “Is ek dan my broer se oppasser?” Jesus het onskuldig ons sonde aan ‘n kruis verduur, sodat ons verlossing kan ontvang. Dit is die absolute hart van die gelowige, ons is mede verantwoordelik vir mekaar. (Gal 6:2) sodat daar geen verdeeldheid in die liggaam mag wees nie, maar dat die lede gelyke sorg vir mekaar mag dra. (1 Cor 12:25)
6) Belê in verhoudingsnetwerk
Die onregverdig bestuurder, wetende dat hy sy werk gaan verloor, gaan koop die guns van sy eienaar se skuldeiser deur van hulle skuld vry te skeld. (Luk 16:1-13) Dit is een van die primêre manier hoe ons die voorsieningsnetwerk stabiliseer en oophou. Goeie gesonde, mooi verhoudings. Regverdig: beide betaal, beide gee iets op.
7) Wat is in jou hand
“Please bring me a morsel of bread in your hand.” (1 Kings 17:11)
Die vermenigvuldiging van die brood en vis (Mark 6:30–44; Luke 9:10–17; John 6:1–14)
God se mense het altyd iets in hulle hande. Ons harte, gesondheid, gesindheid, ingesteldheid is nuutgemaak. Ons kan altyd iets gee.
8) Deel wat jy het.
“Wie twee kledingstukke het, moet dit deel met iemand wat nie het nie, en wie kos het, moet dieselfde doen.” (Luk 3:11)
Wie aardse besittings het en sy broer sien gebrek ly, maar geen gevoel vir hom het nie – hoe kan die liefde van God in hom wees. (1 Joh 3:17)
Sien ook: (Acts 2:42, 45; 1Tim 6:18; Heb 13:16)
Verniet het ons ontvang, verniet gee ons uit. Dit is die vrug van ‘n hart wat nuutgemaak is in Christus – vrygewigheid. Geen mens wat ‘n duur geskenk ontvang, is suinig nie. Jy wil graag dit met jou vriende deel. Christus is die pêrel van groot waarde, die onvervangbare onskatbare geskenk van ewige lewe.
9) Diversifiseer
Werp jou brood op die water, eendag kry jy dit terug. Hou jou besittings op sewe, selfs ag plekke, want jy weet nie watter teëspoed oor die land kan kom nie. As die wolke vol water is, reën hulle leeg op die aarde; of 'n boom nou suid of noord val, dit bly lê waar dit geval het. Wie die wind bly dophou, saai nie, wie na die wolke bly kyk, oes nie. “die volk was met hulle hart in die werk” (Eccl 11:1-4)
10) Die mense se hart was in die werk.
Die mense se hart was in die werk. (Neh 4:6) Ons bid en vertrou dat die Here deur die virus, ‘n baie dieper kanker uit die mensdom gaan uitsny, en dit is die gees van “entitlement”. Dis ‘n gees van die Antichris, wat wil hê waarvoor hy nie gewerk het nie, en nie voor aangestel is nie. Ware geneeskunde is met die oog om mense te herstel om weer optimaal te kan funksioneer.
[1] https://alu.army.mil/alog/issues/novdec08/spplyline_war.html
[2] https://www.sdcexec.com/home/article/10289998/the-art-of-war-and-supply-chain-management-applying-sun-tzu-to-supply-chain-management
[3] Riekert Botha, Openbaring ontsluit: ‘n verrassende perspektief op die laaste boek in die Bybel.
[4] Wim. A Dreyer. Praktiese ekklesiologie en kerkwees in die 21ste eeu. Bl 65
[5] https://www.hrco.co.za/4651-2/
Related Media
See more
Related Sermons
See more