Sermon Tone Analysis

Overall tone of the sermon

This automated analysis scores the text on the likely presence of emotional, language, and social tones. There are no right or wrong scores; this is just an indication of tones readers or listeners may pick up from the text.
A score of 0.5 or higher indicates the tone is likely present.
Emotion Tone
Anger
0.09UNLIKELY
Disgust
0.1UNLIKELY
Fear
0.14UNLIKELY
Joy
0.12UNLIKELY
Sadness
0.7LIKELY
Language Tone
Analytical
0UNLIKELY
Confident
0UNLIKELY
Tentative
0UNLIKELY
Social Tone
Openness
0.14UNLIKELY
Conscientiousness
0.13UNLIKELY
Extraversion
0.43UNLIKELY
Agreeableness
0.6LIKELY
Emotional Range
0.14UNLIKELY

Tone of specific sentences

Tones
Emotion
Anger
Disgust
Fear
Joy
Sadness
Language
Analytical
Confident
Tentative
Social Tendencies
Openness
Conscientiousness
Extraversion
Agreeableness
Emotional Range
Anger
< .5
.5 - .6
.6 - .7
.7 - .8
.8 - .9
> .9
*ANDERKANT DIE WENPAAL*
*DR STEPHAN JOUBERT*
*OPENBARING 4, 5 & 12*
 
NB: WANNEER U HIERDIE PREEK LEES, MOET U ASB IN GEDAGTE HOU DAT DIT 'N WOORDELIKSE WEERGAWE IS EN NIE IN 'N LEESSTYL GESKRYF IS NIE
 
*GEBED:*
Baie dankie Here dat ons in hierdie oomblikke U kan aanroep, U kan loof en sê daar is niemand soos U nie. Baie dankie grote God dat U alles in U hand hou, ook my lewe.
Dat U van alles weet, ook van my, dat ek kan hardloop, maar nooit vir U kan weghardloop nie, dat ek kan probeer vlug, maar nooit kan wegvlug nie.
Dat as ek oor my skouer kyk en probeer om van U weg te kom, dat ek eintlik voor in U arms vashardloop.
Doen dit nou deur U woord en deur die volgende oomblikke wat ons ook voor U stil is om te hoor.
Maak ons ore oop, maak ons lewens oop, praat met ons elkeen op so 'n manier Here dat ons lewens sal verander.
Ons bid dit in die Naam van die Blink Môrester, die Leeu uit die stam van Juda.
U wat die Eerste en die Laaste en die Lewende is, U wat tot in ewigheid lewe.
In U Naam Here Jesus.
Amen.
In my dag was dit nie so maklik miskien soos in julle tyd om te glo nie.
Miskien moet ek net vir 'n oomblik sê wie is ek.
My naam is Johannes.
Dit is ek wat jare gelede daar langs die See van Galilea 'n visser was.
Toe het Hy een middag daar verbygestap by die see, sy Naam was Jesus.
Hy het vir my gesê om alles te los, soos vir Petrus en sy broer Andreas.
Ek en my broer Jakobus het alles laat staan en ons het agter Jesus aangestap.
Vir 'n jaar of wat het ek die hemele bokant my kop oop gesien.
Ek het gesien hoe Rabbi Jesus die Seun van God is.
Hoe Hy met dooies praat en hulle opstaan.
Ek het gesien hoe Hy met die storms praat en dit bedaar.
Hoe Hy die duiwels met een woord aanspreek en hulle vlug.
Ek het gesien hoe Hy vir die skares brood gee en hoe Hy lewende brood uitdeel.
Hoe Hy vir stukkende mense hoop gee in hierdie verskriklike wêreld waarin ons lewe.
Ek was ook daar in Judea, daar in die Paasfees in die jaar 30 nC toe Hy alleen aan die hout gehang het, die vloekhout, op die donker Vrydag.
Maar Goddank, ek was ook deel van die klein groepie mense daardie Sondagoggend toe Hy dwarsdeur die dood gestap het en anderkant uit.
Ons was so bly gewees toe Jesus daardie eerste Sondagaand weer 'n keer saam met ons kom eet.
Toe ons die spykermerke in sy hande gesien het en geweet het Hy lewe.
Ek was ook daar, soos wat Matteus vir jou vertel en weer 'n keer in Lukas, toe Jesus hemel toe gevaar het.
Ons het almal daar gestaan op die Olyfberg en gekyk hoe Hy hemel toe gaan.
Ek het saam met Petrus en die ander apostels in Jerusalem gewerk en een na die ander is hulle doodgemaak in die vroeë sestigs, ook 'n latere groot leier wat die Here opgerig het, genaamd Paulus.
Hy is ook doodgemaak.
Petrus is dood en uiteindelik was ek die enigste van die apostels wat oorgebly het.
Ek het in Efese kerk geplant en ek het die evangelie geskryf wat julle ook in julle Bybel het, asook briewe vir die gemeentes.
Maar toe ek al 'n ou man was het ek nog steeds nooit my energie vir Jesus verloor nie.
Ja, toe gebeur die verskriklike ding dat ek gevang word.
Ek is na Patmos toe verban en ek het gedink dis my laaste stukkie getuienis tot daardie een dag, en daaroor wil ek vandag saam met julle praat.
Jy kan jou Bybel oop maak by Openbaring 4 en 5 en 12, ek wil graag vir julle vertel wat die Here vir my geopenbaar het toe ek daar op 'n dag van die Here was.
Jy is op Patmos, ver van alles af.
Die Here het een dag aan my verskyn, die Jesus wat ek gesien het.
Veral in Openbaring 4 het ek wat Johannes is, wat al 'n ou man was op daardie stadium, die kans van my lewe gehad om deur die sleutelgat in die hemel in te kyk.
Hy het my genooi om hemel toe te gaan.
Jy sal dit lees in Openbaring 4 hoe ek in die hemel aangekom het, hoe die Gees 'n deur voor my oopgemaak het.
Die volgende oomblik, toe staan ek in die troonsaal van God.
Kan jy dit dink?
Kan jy dink jy word genooi, jy wat 'n klein stof mensie is, dat die lewende God by jou kom en Hy sê: Johannes, Ek wil jou na my troonsaal toe vat?
Na die beheersentrum van die heelal.
In julle dag het julle baie slim geword.
Julle sal weet dat daar min of meer vir elke mens op julle planeet aarde 10 sonnestelsels bestaan in die heelal.
Dat sonnestelsels maklik sommer 'n biljoen sterre het.
Nou gaan ek na die God se troonsaal toe wat dit alles in sy handpalm hou.
Wat 'n ervaring.
Ek het daar in die hemel in gestap in Openbaring 4 en ek het Hom op sy troon gesien sit, omring deur die 24 ouderlinge.
Julle sal verstaan dat ek nie taal gehad het om oor God te praat nie.
Hoe praat 'n mens oor God in mensetaal?
Jy het te min woorde.
Daarom het ek maar beelde gebruik om na die hemelse kerk, die Ou Testamentiese kerk en die Nuwe Testamentiese kerk, die 12 stamme van die Ou Testament en die 12 apostels van die Nuwe Testament, om dit bymekaar te sit en te sê: Ek het die hemelse kerk by God gesien en die vier lewende wesens, wat maar vir my die verteenwoordiging van die skepping is, die vier windrigtings.
Hulle was almal daar.
Ek het die sewe Geeste van God gesien.
Met ander woorde die Heilige Gees in sy volmaaktheid was daar by God.
Ek het beleef hoe die hemelse skare, die miljoene der miljoene der miljoene, hoe hulle voor God neerval en Hom aanbid.
Jy moet dit asseblief gaan lees, want dit is jou teks wat jy nou hoor, Openbaring 4.
Maar ek het een persoon nie in die hemel gesien nie, vir Jesus.
Die volgende oomblik terwyl ek so tot my sinne kom en jy sal daarvan lees in hoofstuk 5:1, toe sien ek God het hier in sy regterhand 'n boekrol.
Dit was met sewe seëls goed verseël, binne en buite.
Niemand in die hemel of op die aarde of onder die aarde kon hierdie boekrol oopmaak nie.
O weë, ouens ek doen toe 'n ding wat 'n mens nie eintlik in die hemel moet doen nie, ek begin te huil.
Kyk dis die een plek waar jy nie moet huil nie.
Daardie hemel kom in beroering toe ek, hierdie klein outjie, Johannes, in die hemel begin huil.
Van daardie ouderlinge het vinnig na my toe gekom en gesê: Johannes, jy moenie huil nie.
Johannes, jy is eintlik genooi vir 'n spesiale geleentheid.
Hier gaan binne oomblikke 'n leeu in die hemel in kom, 'n leeu uit die stam van Juda.
Toe snap ek.
Ek het dit na die tyd gesnap.
Ek was daar daardie dag toe Jesus hemel toe is, soos wat Lukas 24 vir jou sal vertel, ook Handelinge 1.
Maar ewe skielik het ek agtergekom God het my genooi na die ander kant toe.
Ek is 'n eregas om vir jou te vertel daardie dag toe Jesus in die hemel aangekom het.
Julle wat in julle dag hoor ek in Suid-Afrika so 'n bietjie moedeloos is.
Julle wat so baie vra: Waar is die Here?
Julle wat sê: Maar wat lê vir ons voor, wat is die toekoms?
Ek het die toekoms gesien.
Dis wat die Here vir my sê ek vir julle moet vertel.
Hierdie nuwe toekoms, hierdie toekoms wat God maak, wat begin met Jesus se hemelvaart, ek was genooi toe die Leeu, toe hy van die aarde af pas in die hemel in kom.
Ja ek het Hom gesien weg gaan.
Nou staan ek en kyk hoe kom Hy aan.
Ek was verstom.
Ek het rondgekyk en hierdie leeu gesoek en die volgende oomblik - jy sal lees hoe dit beskryf word in hoofstuk 5 - toe sien ek 'n geslagte lam.
Ek het die spykermerke in sy hand gesien.
Ek onthou daardie eerste Sondagaand toe Jesus uit die dood opgestaan het en ons weggekruip het, soos ek vertel in my evangelie, daar in Johannes 20:19, dat toe Jesus daardie eerste Sondagaand by ons in gestap het, weet jy wat was die eerste ding wat Hy gedoen het?
Ons het die kerk se deure gesluit, ons was 'n bietjie bang.
Maar nou ja, Jesus het nie 'n sleutel nodig nie, Hy het 'n loper, Hy stap sommer deur die muur.
Die eerste ding wat Hy doen, Hy het sy hande opgesteek en toe sien ons die spykermerke.
Ek sal nooit vergeet nie, toe ek nou daar in die hemel is en Jesus kom in die hemel in gestap, toe het ek geweet dis Hy, die geslagte lam en Hy het gewen.
Alle mag in die hemel en op die aarde, want onthou, jy wat die Bybel ken sal weet dis Matteus se laaste woorde.
My kollega Matteus het dit nog opgeteken in sy evangelie se slotwoorde waar Jesus sê, net toe Hy so hemel toe gegaan het: Ek is by julle al die dae tot aan die voleinding.
Maar Hy het ook gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op die aarde.
< .5
.5 - .6
.6 - .7
.7 - .8
.8 - .9
> .9