Faithlife Sermons

Josef

Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 4 views
Notes & Transcripts
Jakob in Kanaän
Josef en sy broers:Josef kry klere en die spanning laai op!
Juda word gekonfronteer met sy onreg teenoor Tamar
Josef in Egipte:Hy kom in die huis van ‘n hoë amptenaar v.d. farao, word vals beskuldig en beland in die tronk.
JOSEF WORD ONDERKONING
Die broers in Egipte:Hulle kom in die huis van ‘n hoë amptenaar van farao, word vals beskuldig en beland in die tronk.
Josef en sy broers:Vergifnis, vrede, en die broers kry klere.
Juda konfronteer Josef met sy onreg teenoor Jakob en die broers
Jakob in Egipte

| !! Die struktuur v.d. verhaal

|

Die verhaal van Josef

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


Jakob se kinders:

1.    Ruben (Seun van Lea)

2.    Simeon             (Seun van Lea)

3.    Levi       (Seun van Lea)

4.    Juda      (Seun van Lea)

5.    Dan       (Seun van Bilha)

6.    Naftali   (Seun van Bilha)

7.    Gad       (Seun van Silpa)

8.    Aser       (Seun van Silpa)

9.    Isaskar (Seun van Lea)

10. Sebulon           (Seun van Lea)

11. Dina      (Dogter van Lea)

12. Josef     (Seun van Ragel)

13. Benjamin (Seun van Ragel)

Josef verskyn in Gen.30:22-24 op die toneel met die aankondiging van sy geboorte, maar die eintlike vertelling oor sy lewe (die Josefverhaal) begin by Gen.37:1. Die verhaal eindig by Gen.50:26, hoewel die sogenaamde Josefverhaal reeds in Gen.45-46 ten einde loop.

Die Josefverhaal is ‘n wysheidsvertelling. Die presiese einde van hierdie wysheids-vertelling is moeilik bespeurbaar, aangesien dit in die geskiedenisvertelling van die Jakob-verhaal ingeweef is. Die plek wat aan Josef afgestaan word in vergelyking met dié van Abraham, Isak en Jakob, is buite verhouding groot, terwyl Josef in die res van die Bybel ‘n geringe posisie beklee. In die profetiese boeke is daar byvoorbeeld geen verwysing na Josef nie.

Die Josefverhaal klink anders as die res van die aartsvadervertellings – dit is “beter” geskryf; dit is meer georden, meer stilisties verfyn en ‘n beter verteltegniek is aangewend. Binne die breër konteks van die aartsvaderverhale word die Josefverhaal gebruik om aan te toon hoe Israel in Egipte beland het. Noth is van mening dat die Josefvertelling ‘n brug tussen die aartsvaderverhale en die eksodustradisie is. In hierdie opsig is die Josefverhaal onontbeerlik en kan dus nie as sekondêr of “toevallig” beskou word nie.

 

 

 

Enkele teologiese motiewe

Vanuit ‘n wysheidsperspektief is daar ooglopende aspekte wat aangesny word:

·         Goeie karaktereienskappe soos dissipline, beskeidenheid, kennis, vriendelikheid en selfbeheersing.

·         Iemand wat die Here vrees (Spr.1:7)

·         Iemand wat ‘n ander se vrou kan weerstaan, ten spyte van uitlokking.

ensovoorts.

Die verhaal oor Josef is opgebou soos die spreekwoord in Spreuke 29:23 oor hoogmoed en nederigheid: elk bring sy eie gevolge in ’n mens se lewe. Die spreekwoord bestaan uit vier elemente:

a. hoogmoed bring ’n mens tot b. ’n val; c. nederigheid bring d. eer.

Net so het die verhaal oor Josef vier onderdele:

a. Josef se hoogmoed en gebrek aan wysheid (37:1–11);

b. Josef se val en vernedering (37:12–36; 39:7–20);

c. Josef se nederigheid (39:21–41:36 – vgl. veral 41:16);

d. Josef kom tot eer (41:37–50:26).

Vanuit ‘n Evangeliese perspektief is daar allegoriese of tipologiese heenwysings na Christus:

·         Sy vader se geliefde seun.

·         Gestuur na sy broers.

·         Onskuldig verkoop deur die broers.

·         Word op die ou end hulle heer.

Von Rad is van mening dat die Josefverhaal sy oorsprong in die begintyd van die konings het, toe Israel begin het om die mens as opvoedbare wese te sien wat sy plek in die samelewing volgens sekere konvensies moes volstaan (vergelyk eienskappe by wysheids-perspektief).

Drome speel ‘n belangrike rol in die verhaal, en dui op ‘n bedekte manier aan dat God inderdaad betrokke is – al word sy betrokkenheid net twee maal in die verhaal genoem, naamlik in 45:7-9 en 50:20 waar Josef dit uitspel.


Opsomming van die Josefverhaal


Jakob het in Kanaän gebly en twaalf seuns gehad. Vir die jongste (Josef) was hy die liefste – hy het hom voorgetrek deur vir hom ‘n kosbare lang rok te laat maak. Josef het twee maal gedroom dat sy hele familie voor hom buig.

Josef se broers het nie daarvan gehou dat hy voorgetrek word nie. Josef het hulle kwaad gemaak deur by hulle pa nuus te dra oor hulle en hulle van sy drome te vertel. Toe verkoop hulle hom skelmpies aan Ismaeliete wat op pad is Egipte toe. Hulle mislei Jakob deur hom tot die gevolgtrekking te laat kom dat Josef deur ‘n roofdier verskeur is.

Intussen word Juda met ‘n slap riem gevang deur sy skoondogter wat hom konfronteer met ‘n onreg wat hy haar aangedoen het.

Josef word in Egipte verkoop aan Potifar, ‘n hoë amptenaar van die farao. Dié se vrou probeer Josef verlei, en as sy dit nie regkry nie, beskuldig sy hom vals en Josef beland in die tronk.

Daar ontmoet Josef die farao se bakker en skinker. Hy lê hulle drome uit. Die bakker word tereggestel en die skinker keer terug na die paleis om die farao te bedien.

‘n Tyd hierna kry die farao twee drome wat hom bangmaak, al verstaan hy hulle nie. Die skinker onthou van Josef en dié word uit die tronk gehaal. Toe hy die farao se drome uitlê oor ‘n tyd van voorspoed en ‘n tyd van hongersnood wat kom, word hy as onderkoning aangestel.

Deur die hongersnood word Josef se broers gedwing om in Egipte koring te gaan koop. Josef speel ‘n riller van ‘n spel met hulle (en hulle ou vader!) en stel hulle aan dieselfde onregte bloot as wat hom aangedoen is.

Op die breekpunt van hierdie spanning hou Juda ‘n toespraak waarin hy die verhaal van Josef se teistering van hulle oorvertel en vir Josef met die gevolge van sy optrede konfronteer. Dit word ‘n spieël waarin Josef homself en sy eie skuld teenoor hulle en teenoor Jakob herken.

Die spanning breek en versoening vind plaas. Jakob en sy hele nageslag word gehaal en as hy in Egipte kom, seën hy die farao, sy eie kinders en dié van Josef.


 


Gen.37

v 2 – hoekom word Lea se seuns nie ook genoem nie?

            Volgens Bybel Verklaar kan dit wees dat Lea se seuns die lande bewerk het.

v 3 – ‘n seun van die ouderdom...

            Jakob was sowat 91 toe Josef gebore is!

v 8 – regeer / heers

Sinonieme word gebruik.

v 25 – Ismaeliete, maar in v 28 Midianiete

            Geen eenstemmigheid oor hierdie twee woorde nie: sommige sê die Ismaeliete en die Midianiete is een en dieselfde groep; ander sê dat die twee groepe tot een handelskaravaan behoort het, en dat Josef tydens die tog na Egipte van eienaars verwissel het.

Related Media
Related Sermons